Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 15 Februarie

HUIDIGE REEKS: GELOOF, HOOP, LIEFDE.

 

DAG 2: GELOOF VERSUS VREES

Deur Benescke Janse van Rensburg

Dink vir ’n oomblik aan ’n balansskaal. Sodra ’n swaar voorwerp op een van die kante van die skaal geplaas word, beweeg daardie kant ondertoe terwyl die ligter kant van die skaal outomaties opbeweeg. Sodra jy egter ’n voorwerp met dieselfde gewig as die eerste aan die ligter kant plaas, sal dit die skaal meteens in balans bring.

Ons lewens kan met hierdie balansskaal vergelyk word met vrees en geloof as die “voorwerpe” wat die skaal op en af laat beweeg. Wanneer ons byvoorbeeld deur ’n moeilik situasie gaan en toelaat dat vrees ’n houvas op ons kry, verdwyn ons geloof in God – só weeg die “vreeskant” van die skaal die swaarste. Tog, wanneer ons te midde van die uitdagende situasie onsself aan God se beloftes herinner en sterk in die geloof staan, word die “geloofkant” van ons skaal swaarder terwyl die “vreeskant” al ligter word.

Watter vrees dra jy vandag in jou hart? Vrees jy byvoorbeeld dat jy nooit ’n lewensmaat gaan kry nie? Of dalk dat kinderloosheid jou lot in die lewe is? Of dalk dat jou huwelik in ’n egskeiding gaan eindig? Of dat jou geliefde sal sterf aan die siekte waarmee hy of sy onlangs gediagnoseer is? Besef jy dat God in elke situasie die laaste sê het? Luister weer na hierdie twee beloftes:

2 Timoteus 1:7: “ . . .God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” (1953-hersiening)

1 Johannes 4:18: “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.” (1983-hersiening)

Die waarheid is dit: God kan in ’n oogwink aan jou ’n lewensmaat of ’n baba gee. Hy kan jou huwelik herstel al voel dit of jy op die randjie van ’n egskeiding staan. En Hy kan jou geliefde genees al voorspel die dokters dat hy of sy slegs ’n paar maande oorhet om te bly leef. Ons moet net in sy wil vir ons lewens berus omdat Hy alles ten goede kan laat meewerk.

As vrees dus weer dreig om jou te oorweldig, begin om jouself te herinner dat God almagtig is en dat Hy nie aan jou ’n gees van vreesagtigheid gegee het nie, maar een van krag, liefde en selfbeheersing. Staan sterk in Hom en jy mag dalk verbaas staan oor hoe vinnig die “geloofkant” van die skaal afbeweeg terwyl die “vreeskant” die hoogte in skiet! Sterkte.

Vader God, baie dankie dat U in beheer is van my hede en toekoms. Lei my asseblief om volkome op U te vertrou met die wete dat u deurbraak op die regte tyd kom. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

** Kyk na ’n prent van ’n balansskaal hier: http://www.faqs.org/photo-dict/phrase/5227/balance-scale.html

**Benescke Janse van Rensburg is ’n vryskutskrywer en radio-omroeper by Radiokansel.

NUUSBROKKIES:

  1. ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.

 

  1. BOEKTEKENING: Benescke Janse van Rensburg teken boeke by die Paarl Boekefees:

    1. 12 Maart 2011: Paarl. Vir meer inligting, kontak This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

  1. MOTIVERINGSPREKER: Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:

    1. 26 Maart 2011: Stellenbosch. Vir meer inligting, kontak Issie Jacobs by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

    2. 13 Mei 2011: Nieuwoudtville. Vir meer inligting, kontak Heidi van Niekerk by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

 

BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

Previous article: Vers n dag - 16 Februarie Prev Next article: Vers n dag - 14 Februarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.