Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 14 Februarie

NUWE REEKS: GELOOF, HOOP LIEFDE. Is daar iets spesifiek wat jy rondom hierdie tema vir die volgende twee weke wil lees? Stuur jou voorstelle na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

DAG 1: Om ander lief te hê . . .

Deur Benescke Janse van Rensburg

Vandag is Valentynsdag. Vir diegene wat ’n spesiale persoon in hulle lewens het, word die dag heel moontlik gekenmerk deur blomme, sjokolades, rooi hartjies en/of ’n romantiese afspraak. Tog, liefde aan ons naaste (of dit nou ’n spesiale persoon is, ’n familielid of ’n vriend), word nie noodwendig gedemonstreer deur die geskenk of uitstappie wat jy vir hom of haar reël nie, maar eerder deur hoe jy teenoor daardie persoon optree in stresvolle situasies of wanneer jou op die punt staan om jou humeur te verloor.

In 1 Korintiërs 13 gee Paulus sewe eienskappe van ware liefde:

Die liefde is. . .

  • Geduldig: Bly jy te alle tye geduldig met die mense rondom jou?
  • Vriendelik: Bly jy vriendelik selfs al het jy rede om jouself behoorlik vir iemand te vervies?
  • Nie afgunstig nie: Gun jy die mense rondom jou om sukses te behaal sonder om jaloers te raak?
  • Soek nie sy eie belang nie: Plaas jy ander se behoeftes bó jou eie of is jy altyd die belangrikste in jou eie oë?
  • Nie liggeraak nie: Raak jy kwaad vir elke klein dingetjie wat nie volgens jou plan verloop nie?
  • Hou nie boek van die kwaad nie: Vergeet jy vinnig ’n ander se oortreding teen jou as julle vrede gemaak het? Of herinner jy hom of haar gereeld aan elke fout uit die verlede?
  • Bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles: Bedek jy ander se foute of ontbloot jy dit deur deel te neem aan skinderpraatjies?

Luister weer na Paulus se woorde in 1 Korintiërs 13:1-4: “Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.”

Mag jy vandag en elke dag vorentoe geken nie net geken word vir jou vermoë om mense en engeletale te praat, om jou gawe van profesie of geloof uit te leef, om uit te reik na armes en/of om oor bogemiddelde kennis te beskik nie, maar mag jy geken word vir die liefde waarmee jy elke projek aangepak het en hoe jy teenoor jou medemens opgetree het. Só plaas jy ’n glimlag op ons Skepper se gesig.

Vader God, baie dankie dat aan ons riglyne in u woord geplaas het wat ons daagliks kan lei. Vergewe my asseblief waar ek nie in liefde opgetree het teenoor my naaste en lei my deur u Heilige Gees om u liefde aan die mense om my te openbaar. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

**Benescke Janse van Rensburg is ’n vryskutskrywer en radio-omroeper by Radiokansel.

NUUSBROKKIES:

  1. ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

Previous article: Vers n dag - 15 Februarie Prev Next article: Vers n dag - 11 Februarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.