Vers n dag - 11 Februarie
HUIDIGE REEKS: Ontdek God . . . van A-Z. Vandag sluit ek hierdie reeks af met “Zâ€.
DAG 26: GOD IS ONS A-Z
Deur Benescke Janse van Rensburg
Kom ons kyk vir ’n oomblik weer na die karaktereienskappe van God wat ons oor die afgelope paar weke nuut ontdek het:
Alomteenwoordig. Bron van alles. Christosentries. Drie-Eenheid. Enorm. Finansier. Geleenthede. Hoorder van elke gebed. Illustreerder van sy grootheid. Jehovah Jireh. Koning van konings. Leefstyl. Moontlik. Nuut. Oral. Pa. Q-skip. Redder. Soewerein. Trooster. Uitkomsgewer. Voorsiener. Werkgewer. Xilofoonspeler. Ykmeester.
Vandag wil ek die reeks afsluit met hierdie eienskap: God is ons A-Z. Hy is die begin van alles wat bestaan en Hy het in elke situasie die laaste sê. Of jy dus tans in ’n stormagtige huwelik sit, onlangs met ’n siekte gediagnoseer is, sukkel om ’n gebroke verhouding met ’n vriendin of familielid te herstel en of jou kind onlangs vir dwelmmisbruik gearresteer is, God weet van alles en Hy kan jou deur hierdie seisoen dra.
Luister weer na God se belofte in Hebreërs 13:5: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.â€
Luister ook na die woorde in Judas 1:24-25: “. . . aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen.â€
Waarom trek jy nie ’n pen en papier nader as jy weer deur ’n moeilike tyd gaan nie? Maak die A tot Z lys en begin vul die karaktereienskappe van God in soos wat dit vir jou by elke letter uitstaan. Nie net sal hierdie oefening jou herinner aan hoe God jou in die verlede deurgedra het nie, dit sal ook jou geloof versterk terwyl jy met ’n verwagting na jou deurbraak in die toekoms begin uitsien.
Onthou, God is die Alfa en Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde en wanneer jy naby aan Hom bly, beloof Hy om jou deur elke donker vallei in jou lewe te dra en jou sterker aan die ander kant uit te bring. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde God bly. Help my om nooit paniekerig te raak as ’n hindernis in my pad kom lê nie, maar eerder net my fokus op U te hou met die wete dat U alles ten goede laat meewerk. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NOTA VAN SKRYWER:
Baie dankie aan elkeen wat daagliks aan die A-Z reeks deelgeneem het sodat ons God se karakter nuut kon ontdek. As jy meer oor hierdie tema wil lees, kry gerus my boek, Ontdek God In Die Stories Van Mense. Die boek is ook in die A-Z formaat geskryf, maar bevat ander eienskappe en stories as wat ek oor die afgelope reeks op Vers-n-Dag bespreek het.
Ek begin Maandag met ’n nuwe reeks getiteld: GELOOF, HOOP, LIEFDE. Laat weet my gerus as daar spesifieke temas binne hierdie reeks is waaroor jy graag meer oor sal wil lees.
Groetnis,
Benescke
NUUSBROKKIES:
- ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
- NUWE REEKS: Maandag begin ek met ’n nuwe reeks getiteld: GELOOF, HOOP, LIEFDE. Laat weet gerus as daar iets spesifiek binne hierdie tema is waaroor jy sal wil lees.
- BOEKTEKENING: Benescke Janse van Rensburg teken boeke by die Paarl Boekefees:
- 12 Maart 2011: Paarl. Vir meer inligting, kontak
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
- 12 Maart 2011: Paarl. Vir meer inligting, kontak
- MOTIVERINGSPREKER: Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
- 26 Maart 2011: Stellenbosch. Vir meer inligting, kontak Issie Jacobs by
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . - 13 Mei 2011: Nieuwoudtville. Vir meer inligting, kontak Heidi van Niekerk by
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- 26 Maart 2011: Stellenbosch. Vir meer inligting, kontak Issie Jacobs by
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â
Â
Â
Â