Vers n dag - 10 Februarie 2011
HUIDIGE REEKS: Ontdek God . . . van A-Z. Elke dag word gekyk na ’n ander letter en God se eienskappe daaraan gekoppel. Vandag is dit “Yâ€.
DAG 25: GOD IS ONS YKMEESTER
Deur Benescke Janse van Rensburg
Wanneer dit besonders goed of uitermatig sleg in ons lewens gaan, word die egtheid van ons karakter en geloof soms die beste getoets. Dit is immers wat Nebukadnesar en Saul se lewens aan ons bewys.
Nebukadnesar het gesien hoe God vir Sadrag, Mesag en Abednego uit die vuuroond red. Luister weer na hoe hy God se almag kort hierna in Daniël 4 beskryf: “Hoe groot is God se tekens, hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is ’n ewige koninkryk, sy heerskappy duur van geslag tot geslag.†Nebukadnesar het duidelik groot ontsag vir God gehad.
Kom egter nou saam met my na twaalf maande later en luister na Nebukadnesar se woorde waar hy op sy paleis se dak stap en oor die stad van Babilon uitkyk: “Kyk net hoe groot is Babel! Deur my groot mag het ek daarvan ’n koningstad gemaak, tot my eer en roem.†Trots het skielik veroorsaak dat Nebukadnesar totaal van God vergeet terwyl hy die eer vir sy prestasie vir homself vat. Die resultaat? Hy was nog nie eens klaar gepraat nie, toe ’n stem uit die hemel aankondig dat hy sy posisie as koning sou kwyt wees. Dit het net so gebeur.
Saul is deur die profeet Samuel as die eerste koning van Israel gesalf. Luister weer na hoe Samuel vir Saul aan die volk van Israel voorstel: “Sien julle hom wat die HERE uitgekies het? Want daar is nie een onder die hele volk soos hy nie.†(1 Samuel 10:24). God het vir Saul uitgekies omdat hy nederig en gehoorsaam aan Hom was.
Tog, blaai na 1 Samuel 15 en skielik verontagsaam Saul ’n direkte opdrag van God. Die keer stuur God vir Samuel na Saul met hierdie boodskap: “ . . . hoewel jy klein was in jou eie oë . . . het die HERE jou as koning oor Israel gesalf. . . Waarom het jy dan nie na die stem van die HERE geluister nie?†(1 Samuel 15:17-18). God het vir Saul as koning gekies toe hy nederig en “klein in sy eie oë wasâ€. Trots het egter in Saul se hart posgevat en hy het God se opdragte verontagsaam. Só het God hom as koning verwerp.
Jakobus 4:6: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.â€
Jeremia 17:10: “Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen.â€
Net soos ’n YKMEESTER gewigte ondersoek om te verseker dat die gewig akkuraat is, toets God soos ’n YKMEESTER ook die egtheid van ons karakter en nederigheid wanneer ’n hindernis oor ons pad kom. Sal jy byvoorbeeld wanneer jy ’n promosie by die werk kry en ’n groter salaris verdien, steeds tyd saam met God spandeer soos wat jy gedoen het toe jy ’n klein salaris verdien het en Hom moes vertrou om jou finansieel deur die maand te dra? Bid jy steeds vir wysheid en leiding voordat jy besluite neem? En gee jy steeds aan Hom die eer vir jou deurbrake en prestasies of begin jy soos Nebukadnesar en Saul die eer vir jouself opeis?
As God jou vandag ondersoek en weeg, sal jy die regte gewig dra of sal jy geweeg word en te lig bevind word?
Vader God, baie dankie dat U my altyd voorberei en lei in elke seisoen van my lewe. Help my om nederig en gehoorsaam aan U te bly en nie die eer vir myself te vat wat aan U behoort nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Lees verder vir die dag: 1 Samuel 10; Daniel 3-4
** Benescke Janse van Rensburg is ’n vryskutskrywer en radio-omroeper by Radiokansel.
NUUSBROKKIES:
- ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
- BOEKTEKENING: Benescke Janse van Rensburg teken boeke by die Paarl Boekefees:
- 12 Maart 2011: Paarl. Vir meer inligting, kontak
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
- 12 Maart 2011: Paarl. Vir meer inligting, kontak
- MOTIVERINGSPREKER: Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
- 26 Maart 2011: Stellenbosch. Vir meer inligting, kontak Issie Jacobs by
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . - 13 Mei 2011: Nieuwoudtville. Vir meer inligting, kontak Heidi van Niekerk by
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- 26 Maart 2011: Stellenbosch. Vir meer inligting, kontak Issie Jacobs by
- HUIDIGE REEKS: Jy kan elke dag aan die huidige reeks deelneem deur jou voorstelle vir die volgende letters na
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. te stuur. Aan die einde van die week word die kreatiefste deelnemer vir die week gekies.
INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS VIR “Yâ€:
- Ysbreker: God kan soos ’n ysbreker boot ’n pad deur die yssee vir skepe te breek – net so ook deur harte wat soos ys verhard het.
- Ywerig: God help ons altyd met ons probleme
- Yslik groot!
- Yahweh
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â
Â
Â
Â
Â