Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 9 Februarie

HUIDIGE REEKS: Ontdek God . . . van A-Z. Elke dag word gekyk na ’n ander letter en God se eienskappe daaraan gekoppel. Vandag is dit “X”.

DAG 23: GOD IS DIE MEESTER XILOFOONSPELER

Deur Benescke Janse van Rensburg

[Agtergrond: Het jy al ooit verstom gestaan oor hoe God die regte mense oor jou pad stuur in reaksie op jou gebede? Of hoe jy op die regte tyd op die regte plek is en later uitvind dat jou teenwoordigheid ’n antwoord op iemand anders se gebede was? Hier is ’n uittreksel uit ’n e-pos van Mollie, een van ons Vers-’n-Dag lesers, wat ek ’n tyd gelede ontvang het:]

Mollie: “Soos die meeste vrouens is ek ook mal oor winskopies. ’n Tyd gelede blaai ek deur die koerant toe die woorde: ‘Skoenuitverkoping’ my aandag trek. Terwyl ek onmiddellik begin droom oor die nuwe paar skoene wat ek vir myself sou gaan koop, het die Heilige Gees se fluisterstem my gedagtegang egter onderbreek: ‘Mollie, het jy regtig daardie skoene nodig?’

“In my hart het ek geweet dat ek oorgenoeg skoene het. Voordat ek kon antwoord het ’n vriendin van my se gesig skielik voor my verskyn. Ek het geweet dat sy die skoene baie meer nodig het as ek.

“Toe ek ’n paar dae later die boks met nuwe skoene aan haar oorhandig was sy in trane. Sy vertel toe hoe sy ’n paar dae vantevore na daardie paar skoene gestaan en kyk het. Sy wou dit graag hê, maar kon dit nie bekostig nie. Sy besluit toe om vir God vir ’n wonderwerk te vra. My gehoorsaamheid aan God was sy antwoord op haar gebed.”

In Psalm 14:2 lees ons: “Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra.”

En in Mattheus 25:40 vertel Jesus hierdie storie: “Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? . . . En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’”

God kan as die XILOFOONSPELER van die heelal beskryf word. Net soos ’n xilofoon uit houtstawe van verskillende lengtes bestaan wat elk ’n unieke klank maak as die speler daarop slaan, het God ons elkeen op aarde uniek geskape. Deur sy Heilige Gees lei en stuur Hy ons om daagliks op die regte tyd op die regte plek te wees. Wanneer ons gehoorsaam aan Hom bly, klink ons unieke klank op die regte tyd op om deel uit te maak van sy perfekte simfoniekonsert!

Dalk lei God jou nie om skoene vir ’n vriendin te gaan koop nie, maar wel om vir ’n kollega te bid, om jou bejaarde buurman met sy inkopies te help of om vir jou kind se maatjie ’n ekstra broodjie in te pak skool toe omdat sy ouers dit nie kan bekostig nie. Is jy bereid en beskikbaar om vir Hom ’n instrument te wees wanneer Hy jou benodig? Sterkte.

Vader God, baie dankie dat U so nou betrokke is by elke mens se lewe hier op aarde. Maak asseblief my oë vandag oop en lei my deur u Heilige Gees sodat ek gehoorsaam sal wees as U my wil gebruik om ’n antwoord op iemand anders se gebed te wees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

** Benescke Janse van Rensburg is ’n vryskutskrywer en radio-omroeper by Radiokansel.

NUUSBROKKIES:

  • ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also in English available. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.

 

  1. MOTIVERINGSPREKER: Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
    1. 26 Maart 2011: Stellenbosch. Vir meer inligting, kontak Issie Jacobs by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
    2. 13 Mei 2011: Nieuwoudtville. Vir meer inligting, kontak Heidi van Niekerk by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 

  • HUIDIGE REEKS: Jy kan elke dag aan die huidige reeks deelneem deur jou voorstelle vir die volgende letters na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. te stuur. Aan die einde van die week word die kreatiefste deelnemer vir die week gekies.

INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS VIR “X”:

  • X= X-straal plaat (hy kyk na jou binnekant – jou hart).

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

Previous article: Vers n dag - 10 Februarie 2011 Prev Next article: Vers n dag - 8 Februarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.