Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 8 Februarie

HUIDIGE REEKS: Ontdek God . . . van A-Z. Elke dag word gekyk na ’n ander letter en God se eienskappe daaraan gekoppel. Vandag is dit “W”.

DAG 23: GOD IS ONS WERKGEWER

Deur Benescke Janse van Rensburg

Voel jy of jy vandag op die punt staan om te bedank omdat jy nie langer jou onregverdige baas of onbeskofte kollega kan verdra nie? Ek wonder: Aanvaar jy jou huidige werk as vanselfsprekend of besef jy dat dit ’n gawe uit God se hand is en dat Hy jou eintlike werkgewer is?

Kom ons kyk weer na vyf besigheidsbeginsels wat ons uit God se Woord kry:

BEGINSEL 1: WERK ASOF GOD JOU WERKGEWER IS

  • Efesiërs 6:6: “Julle moenie net werk wanneer julle eienaars vir julle kyk nie, julle moenie werk sodat mense van julle kan hou nie ... Nee, dit moet vir julle wees soos wanneer julle vir die Here self werk, nie soos wanneer julle vir mense werk nie.”

BEGINSEL 2: VRA VIR GOD WYSHEID EN LEIDING

  • Jakobus 1:5: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee ... ”

BEGINSEL 3: TREE IN ELKE SITUASIE MET INTEGRITEIT OP

  • Deuteronomium 25:15-16: “As jy lank wil lewe in die land wat jou God die Here vir jou gee, dan moet jy gewigte en mate gebruik wat reg en eerlik is. Want die Here haat dit wanneer mense oneerlik is.”

BEGINSEL 4: MOENIE LUI WEES NIE

  • Spreuke 14:23: “Wanneer iemand hard werk, dan kry hy baie dinge. Wanneer iemand net praat en niks doen nie, dan bly hy arm.”

BEGINSEL 5: MAAK GOD DEEL VAN JOU PLANNE

  • Spreuke 16:3: “Jy moet vir die Here vra wat jy moet doen, dan sal jou planne slaag.”

God is ons WERKGEWER. Kyk dus verby jou moeilike baas of onbeskofte kollega en doen jou werk asof Hy jou bestuurder is. Ken Hom in elke besluit sodat Hy jou met wysheid deur sy Heilige Gees op die regte pad kan lei. Ook as jy werk soek kan Hy jou na die regte werkplek lei. En wanneer jy jouself in ’n situasie bevind waarin die pad van korrupsie aanloklik lyk, onthou dat God alles sien. Neem dus besluite wat Hom eer en jou integriteit weerspieël. Sterkte.

GEBED VIR DIEGENE MET ’n WERK:

Vader God, baie dankie vir my huidige werk. Help my om te werk asof U my werkgewer is en deurentyd met integriteit en wysheid op te tree. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

GEBED VIR DIEGENE WAT TANS WERK SOEK:

Vader God, baie dankie dat U van my huidige situasie weet. Help my om positief te bly terwyl U my na die regte maatskappy lei. Seën my met wysheid, selfvertroue en guns wanneer ek vir ’n werksonderhoud moet gaan. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

** Benescke Janse van Rensburg is ’n vryskutskrywer en radio-omroeper by Radiokansel.

INTERESSANTE TERUGVOER BY “W”:

W = Wysheid, Wonderwerkend, Woord wat lewend geword het, Waardig om aanbid te word, Waaragtig, Waarmaker van ons drome, sy Woord is ons wapen, sy Stem is soos Weerlig

NUUSBROKKIE:

  1. ENGELSE STUKKE: You can change your Afrikaans subscription to English or become an English subscriber by sending your details to This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
  1. NEEM DEEL: Stuur jou idees vir die volgende letter in die reeks na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Aan die einde van die week word die kreatiefste deelnemer vir die week gekies.

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

 

 

 

 

 

Previous article: Vers n dag - 9 Februarie Prev Next article: Vers n dag - 7 Februarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.