Vers-n-dag - 21 Januarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 9: HOE of HOEKOM OM DIE OKKULT TE VERMY? (DEEL 3 van 4)
Deur: Benescke Botha
Deel 3: Kan ons met die dooies praat of nie?
Oor die afgelope twee dae het ek verwonderd gesit en kyk hoe die eposse van lesers van oraloor instroom. Meer as ’n 100 mense het my gevra wat my opinie is oor ’n sekere program wat tans op televisie uitgesaai word waarin die aanbieder met die “dooies†kontak maak. Ander het vertel hoe hulle sukkel om die dood van ’n geliefde te verwerk en hoe hulle al telkemale oorweeg het om ’n medium te gaan sien vir antwoorde. Nog ander het in hartseer eposse vertel hoe hulle wel ’n medium gaan sien het en hoe spyt hulle agterna daaroor is.
Kan ons met die dooies praat of nie? Ek wil jou vandag help om opnuut te ontdek wat God oor hierdie saak sê:
WAT SÊ GOD:
- Levitikus 19:31: “Julle mag nie vir geeste van dooie mense of vir waarsêers vra wat julle wil weet nie. As julle dit doen, dan sal julle onrein word. Ek is julle God die Here.â€
- Levitikus 20:27: “Enige mens wat hom ophou met die oproep van geeste of met beswering, moet doodgemaak word. Hy moet met klippe doodgegooi word. Hy verdien die dood."
- Deuteronomium 18:10-13: “Daar mag nie 'n besweerder by jou wees nie en ook nie 'n towenaar of iemand wat voortekens lees (medium) of 'n goëlaar of ’n slangbesweerder of iemand wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg nie. Die Here het 'n afsku van elkeen wat hierdie soort ding doen. Trouens, dit is juis oor die afskuwelike praktyke van die Kanaäniete dat die Here jou God hulle in jou belang gaan verdryf.â€
GEVOLGE VAN DIE PRAKTYK:
- 1 Kronieke 10:13-14: “Saul het gesterf weens sy ontrouheid teenoor die Here, weens die woord van die HERE wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van 'n afgestorwene om inligting gevra het ...†Saul het gekies om ’n gees eerder as vir God te raadpleeg.
Â
WAT VAN TELEVISIE-PROGRAMME WAT “KONTAK MET DIE DOOIES†MAAK?
Wonder jy vandag of jy “onskuldig†na televisieprogramme kan kyk waarin die aanbieder beweer dat hy of sy met dooies kan kontak maak? Hier is drie vrae wat jou in die toekoms kan help besluit of jy daarna gaan kyk:
Â
1) Verander God ooit?
- Numeri 19:23: “God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie …â€
- Antwoord: God verander nooit nie. As Hy die praktyk om met die dooies kontak te maak regdeur die Bybel verbied, waarom sal Hy dit nou ewe skielik toelaat? Gaan jy ’n program bly kyk terwyl jy weet dat God dit verafsku?
2) Is dit werklik jou afgestorwe geliefde wie se gees jy “oproep�
- 1 Timoteus 4:1 “Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang.â€
- Antwoord: Dalk mag dit vir jou sleg wees om dit te hoor, maar dit is NIE jou geliefde met wie jy kontak maak nie, maar wel ’n bose gees wat homself baie goed kan vermom en voordoen as jou geliefde. Omdat die geestelike wêreld anders as ons wêreld werk, kan bose geeste maklik detail gebruik om jou verder te mislei (bv. “jou ma het mank geloop, reg?â€; “jou seun sê iets van sy gunsteling rooi baadjie?â€, ensovoorts). In Lasarus en die ryk man se storie (Lukas 16:19-31) is dit egter duidelik dat as jy gesterf het, jy nie weer kontak met hierdie wêreld kan maak nie.
3) Kan jy God dien en terselfdertyd met “dooies†kommunikeer?
- 2 Korintiërs 11:14-15: “Sulke mense is vals apostels; hulle gaan oneerlik te werk deur voor te gee dat hulle apostels van Christus is. En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig. Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Aan die einde sal hulle kry wat hulle vir hulle dade verdien.â€
- 1 Korintiërs 10:20-21: “En ek wil nie hê julle moet met bose geeste gemeenskap hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van bose geeste nie.â€
- Antwoord: Geen mens kan beide met die bose gemeenskap hê (met ander woorde, geeste oproep) en terselfdertyd vertel dat hulle God aanbid nie.
Sit jy vandag in ’n situasie waar jy sukkel om die dood van ’n geliefde te verwerk? Kan ek jou aanmoedig om te kies om na God te draai en weg van mediums af? God het die antwoorde waarna jy soek. En wanneer dit voel asof jy deur die dal van doodskaduwee stap, onthou dat Hy reg langs jou stap! Sterkte!
Vader God, baie dankie dat u woord ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad is. Lei my asseblief vandag om my rigting en sielerus in U te vind en nie in enige “namaaksels†hier op aarde nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**Benescke Botha is ’n radio-aanbieder en vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte
Â