Vers-n-dag - 22 Januarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 10: HOE of HOEKOM OM DIE OKKULT TE VERMY? (DEEL 4)
Deur: Benescke Botha
<Ter agtergrond: Met die oorweldigende reaksie wat ons sedert Deel 1 ontvang het, gaan ek NOG TWEE temas by ons huidige reeks, “Hoe of hoekom om die okkult te vermy?†byvoeg. Vandag: “Skuil daar dalk ’n wolf in sommige flieks, boeke en rekenaarspeletjies?â€; Maandag: “Wat is die gevaar aan New Age?†en Dinsdag: “Kan God werklik deur drome met ons praat?†Stuur jou vrae oor hierdie temas na
DEEL 4: “SKUIL DAAR DALK ’N WOLF IN SOMMIGE FLIEKS, BOEKE EN REKENAARSPELETJIES?â€
Vroegoggend het die trop skape aan die voet van die heuwel saamgedrom. Dit was die begin van nog ’n dag waartydens die skaapwagter hulle na die bo-punt van die heuwel sou lei.
Hoewel die skaapwagter sy gewone rooi kleed oor sy skouers gedra het, het hy daardie oggend ook ’n vreemde bruin mus oor sy ore gedra. En hoewel die mus aanvanklik vreemd vir die skape gelyk het, het hulle dit egter gou as vanselfsprekend aanvaar en blêr-blêr agter die fluitgeluid van die skaapwagter teen die berghang begin uitstap.
Halfpad teen die berghang op, het een van die skape (Ronnie) in paniek na die res van die skape begin skree: “Julle, hier is iets groot fout! Kyk daardie bruin mus op die skaapwagter se ore! Luister na die vreemde deuntjie wat hy vandag fluit! En vir wat lei die skaapwagter ons vandag op die gevaarlike roete aan die linkerkant van die berghang op in stede van ons gewone, veilige roete aan die regterkant?!†Die meeste skape het egter net geïrriteerd na Ronnie gekyk en besluit om hom te ignoreer.
Hoër en hoër teen die berghang het die trop skape opbeweeg. Dit is net toe die skaapwagter die trop rondom die groot rots aan die bopunt van die berghang lei (na waar die werkers onder in die vallei die trop nie meer kan sien nie), dat hy skielik sy bruin mus van sy kop afgeruk, die rooi kleed van sy skouers afgegooi en hardop uitgeskree het: “Ek is die wolf! Vandag gaan ek julle verslind!â€
Histeries het die res van die skape wat die wolf se kloue ontkom het, blêr-blêr teen die berghange begin afstorm. In die geskarrel het meeste van die skape egter gegly en oor die berghang na hulle dood in die diep, donker spelonk getuimel ...
DIE WOLF DRA SKAAPSKLERE:
Op verskeie plekke in die Bybel waarsku God ons dat die bose soos ’n wolf in skaapsklere tussen ons sal probeer inkom.
·         Judas 1:4: “Daar is mense wat stilletjies tussen ons ingekom het wat sonder God wil lewe. Hulle wil nie erken dat Jesus Christus ons enigste Here en Leier is nie.â€
·         Handelinge 20:29: “Ek weet dat daar ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal indring, en hulle sal die kudde nie ontsien nie.â€
·         2 Petrus 2:1 “Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het (Jesus Christus), verloën.â€
Hierdie wolwe stop egter nie net in die kerk nie. Ons vind hulle ook in flieks, boeke, televisieprogramme en selfs in rekenaarspeletjies.
HERKEN JY DIE WOLF IN FLIEKS, BOEKE EN TELEVISIEPROGRAMME?
Baie ouers het hierdie afgelope week eposse aan my gestuur oor hulle bekommernisse dat die okkult dalk in sommige flieks, boeke, televisieprogramme en selfs in rekenaarspeletjies verskuil mag wees. Hulle wou ook weet of dit hulle kinders kan beïnvloed.
As jy geweet het dat vampiere en weerwolwe ’n direkte verbintenis met Satanisme het, sou jy steeds ’n fliek gekyk het waarin hulle verskyn het (maak nie saak hoe romanties die storielyn is nie)? As jy geweet het dat God hekse, towenaars en fortuinvertellers verafsku, sou jy steeds gekyk en geluister het hoe hulle die towerspreuke uitspreek? En as jy geweet het dat sekere rekenaarspeletjies ’n moontlike oop deur vir die bose in jou of jou kinders se lewens kon veroorsaak, sou jy dit steeds sorgeloos aangekoop het?
Onthou, die vyand kom met skelm maniere en sagte verpakking. Die doel met die mooi verpakking is om ons en ons kinders oor ’n tydperk te desensiteer (minder ongemaklik daarmee te maak). As hy ons kan kry om op ’n punt te kom waar ons niks verkeerd kan sien met hekse, towerspreuke, vampiere, ensovoorts in die sagte verpakking nie, sit hy terug en lag uit sy maag omdat hy daarin geslaag het om ons te mislei.
TOETS DIE GEES:
Nie alle flieks of boeke is boos nie. En om te onderskei het God aan ons die Heilige Gees gegee om ons daagliks met hierdie onderskeiding te help.
·         1 Johannes 4:1: “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan…â€
Toets jy elke gees? Hou jy jou oë oop om die wolwe onder ons te herken? Luister jy as die Heilige Gees jou in die vorm van ’n onrustige gevoel oor ’n spesifieke boek, televisieprogram, fliek of rekenaarspeletjie kom waarsku? Kies om van vandag af die Heilige Gees jou innerlike kompas te maak om te verhoed dat jy onwetend al blêr-blêr agter die wolf begin aanstap! Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U vir ons die Heilige Gees gegee het wat ons daagliks kan lei. Maak asseblief my oë opnuut oop en lei my om die wolwe in skaapklere te herken en nie myself daaraan bloot te stel nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**Benescke Botha is ’n radio-aanbieder en vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte