Vers-n-dag - 20 Januarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 8: HOE of HOEKOM OM DIE OKKULT TE VERMY? (DEEL 2)
Deur: Benescke Botha
<Ter Agtergrond: Met die oorweldigende reaksie wat ek na Deel 1 ontvang het, gaan ek ’n Deel 4 byvoeg in die reeks, “Hoe of hoekom om die okkult te vermy?†Gister: “Wat is die okkult?†Vandag: “Kan ek my sterre (‘horoscopes’) lees?†Môre: “Kan mens met die dooies praat?†En Vrydag: “Wat is die gevaar aan New Age?†Stuur jou vrae oor hierdie temas na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. >
’n Joernalis kollega van my het onlangs hierdie onderhoud met ’n gewese fortuinverteller gehad:
Met haar ma en ouma wat self diep in die okkult betrokke was, het Jenna (nie haar regte naam nie) reeds op ’n jong ouderdom geleer hoe om met bose geeste (demone) te kommunikeer. As volwassene het sy begin om haar eie besigheid as fortuinverteller uit haar karavaan te bedryf.
Toe Jenna egter jare later kragdadig tot bekering gekom het, kon sy nie uitgepraat raak oor die gevare verbonde aan hierdie donker wêreld van die okkult nie. Op die vraag hoe sy dit reggekry het om die toekoms te voorspel het sy soos volg geantwoord:
“Wanneer ek in my karavaan gesit het en ’n persoon na my aangestap gekom het, was dit asof ’n radio aangeskakel is. Ek kon duidelik hoor hoe my ‘spirit guide’ (wat ’n demoon is) vir my ’n profiel van die persoon geskets het. Byvoorbeeld: ‘Dit is Rita. Sy is 40 jaar oud. Sy sukkel om kinders te kry. Of sy sukkel om die dood van haar suster te verwerk ...’ Sodra ek dan hierdie inligting aan die persoon oorgedra het, het hulle my verstom aangekyk dat ek soveel van hulle af weet. Die ‘spirit guide’ sou dan voortgaan om dinge te voorspel soos byvoorbeeld: ‘Jou man, Johan gaan voor die einde van die dag sy motor aan die regterkant stamp.’ Die ‘spirit guide’ sou skaars klaar gepraat het, voordat ek kon hoor hoe hy weer opdragte aan die kleiner demone gegee het om aan die werk te spring om te verseker dat Johan wel sy motor stamp.â€
Aan die einde van die onderhoud het Jenna reguit na my vriendin gekyk met die woorde: “Ek wens elke Christen kan besef dat fortuinvertelling en sterrevoorspelling totaal demonies is. Aan die begin het ek gedink ek het mag, maar later het dit amper my lewe gekos!â€
STERRE (“HOROSCOPESâ€) – ’n STRATEGIE VAN DIE BOSE?
· Strategie van die vyand: Die vyand se hoofdoel is om verwoesting in jou lewe te saai (1 Petrus 5:8 en Johannes 10:10). Hy gebruik fortuinvertellers en die sterre (â€horoscopesâ€) as instrumente om mense met leuens te mislei. Jy dink dalk jy lees  jou sterre “onskuldigâ€, maar wat jy eintlik besig is om te doen, is om ’n deurtjie vir die bose oop te maak om later verwoesting te saai.
o 1 Petrus 5:8: “Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.â€
o Johannes 10:10: “Die dief (die vyand) kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek (Jesus) het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.â€
WAT SÊ GOD VAN STERREVOORSPELLERS?
o ’n Ewigheid sonder God: Regdeur die Bybel is dit duidelik dat God ’n streng afkeur in enige okkultiese praktyke het. In Galasiërs 5:19-21 lees ons dat mense wat hulle met towery ophou nie die koninkryk van God sal beërwe nie. En in Openbaring 8:21 lees ons dat towenaars sodra hulle sterf “in die poel wat brand met vuur en swawel, die tweede dood†sal beland.
WAT VAN DIE GAWE VAN PROFESIE?
o Laat die Heilige Gees jou lei: In 1 Korintiërs 12:7 lees ons dat die Heilige Gees verskillende gawes aan die gelowiges gee met die doel om die hele gemeente geestelik op te bou. God gebruik die gawe van profesie om deur die Heilige Gees spesifieke inligting oor ’n persoon se toekoms aan hom of haar te openbaar. Profesie sal altyd ’n persoon opbou, waarsku of in moeilike tye bemoedig.
Hoewel die vyand mag het, is God ALMAGTIG.Hy het n elke situasie die laaste sê. Dit is deur Jesus Christus se kruisdood dat ons die outoriteit het om vandag self ook oor die bose te heers.
Het jy in die verlede (dalk weens ’n gebrek aan kennis) ’n deur vir die vyand oopgemaak waaroor jy vandag spyt is? Kies om vandag jou sonde te bely en God te vra om jou te vergewe. Hy is in staat om enige verkeerde deur toe te slaan en jou deur sy Heilige Gees op die regte pad te lei. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U almagtig is. Ek wil vandag (dit wat jy dalk onwetend verkeerd gedoen het) na U toe bring. Vergewe my asseblief dat ek onwetend daardeur ’n deur vir die vyand oopgemaak het. Ek vra vandag in die Naam van Jesus Christus dat U dit sal kom toeklap. Help my asseblief om in die toekoms my oë op U te hou. Lei my asseblief daagliks deur u Heilige Gees. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**Benescke Botha is ’n radio-aanbieder en vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte