Vers-n-dag - 19 Januarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
LEESSTUK:Deuteronomium 18:10-13:
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 7: HOE of HOEKOM OM DIE OKKULT TE VERMY? (DEEL 1)
Deur: Benescke Botha
<Ter Agtergrond: In reaksie op ’n paar lesers se vrae oor die gevaar van die okkult, volg hierdie Deel 1-3 oor die tema, “Hoe of hoekom om die okkult te vermy?†Vandag: “Wat is die okkult?†Môre: “Kan ek my sterre (‘horoscopes’) lees?†En oormôre: “Kan mens met die dooies praat?†Stuur jou vrae oor hierdie temas na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. >
Het jy al ooit verfbal (paintball) gespeel? As jy het, sal jy kan getuig van die pynlike bloukolle wat mens gewoonlik die dag na die tyd as bewyse oorhou van waar jou teenstanders jou met hulle verfballe bygekom het.
Gestel nou jy stap op ’n dag niksvermoedends die verfbalveld binne – net om geskok te ontdek dat jou teenstanders met regte gewere en koeëls gereed staan om jou aan te val. Sal jy steeds aan die wedstryd wil deelneem? Natuurlik nie! Niemand wil permanente skade opdoen nie, reg? Tog, dit is presies wat jou “onskuldige†deelname aan die okkultiese praktyke is. Jy dink jy speel verfbal, maar eintlik staan jy in die middel van ’n volskaalse oorlog!
WAT IS DIE OKKULT?
· Die okkult word geassosieer met geheime kennis van die bonatuurlike realm. Wat mense egter nie besef nie is dat die okkultiese praktyke sterk op demone en bose geeste staatmaak om hulle doel te bereik.
· Moderne okkultiese praktyke: Sterre (“horoscopesâ€), glasie-glasie, tarotkaarte, fortuinvertellery, medium wat met die dooies kontak, numerologie, ensovoorts.
WAT SÊ GOD OOR HIERDIE PRAKTYKE?
· Voordat die Israeliete die beloofde land van Kanaän betree het, het God hulle uitdruklik gewaarsku om van die heidene se praktyke weg te bly: Deuteronomium 18:10-13: “Wanneer jy in die land kom wat die Here jou God vir jou sal gee, moet jy nie die afskuwelike praktyke van daardie nasies aanleer nie ... Daar mag nie 'n besweerder by jou wees nie en ook nie 'n towenaar of iemand wat voortekens lees of 'n goëlaar of 'n slangbesweerder of iemand wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg nie. Die Here het 'n afsku van elkeen wat hierdie soort ding doen. Trouens, dit is juis oor die afskuwelike praktyke van die Kanaäniete dat die Here jou God hulle in jou belang gaan verdryf …â€
DIE GEVOLG VAN DIE HEIDENSE VOLK SE DEELNAME AAN DIE OKKULT?
· Lees weer vers 13 hier bo: “... dit is juis oor dié afskuwelike praktyke van die Kanaäniete dat die Here jou God hulle in jou belang gaan verdryf …â€
BESKERM JY JOUSELF?
In Efesiërs 6:12 staan geskryf: “Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.†Die bose sal enigiets doen om die okkult só te verpak dat jy nie onmiddellik die gevare daarvan moet herken nie. Dink maar aan al die romantiese flieks, boeke en bordspeletjies wat gelaai is met okkultiese praktyke wat ons wêreld stil-stil geïnfiltreer het.
My vraag is dit: Bid jy daagliks dat die Heilige Gees jou met onderskeiding moet lei? Of verontskuldig jy jouself deur te sê dat jy jou sterre of tarotkaarte “net vir die grap†lees? Of dat jy “net een maal†glasie-glasie wil speel? Of dat jy “net vir die interessantheid†gaan kyk hoe hierdie vrou of daardie man met die dooies kontak maak? Onthou, die okkult is nie ’n verfbalwedstryd nie. Dit is ’n volskaalse oorlog!
Vader God, baie dankie dat u Woord die lig vir my pad en die lamp vir my voet is. Help my asseblief om nie deur die vyand en sy praktyke verblind te word nie, maar om daagliks my oë en ore vir u Heilige Gees se leiding oop te hou. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**Benescke Botha is ’n radio-aanbieder en vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte