Vers-n-dag - 18 Januarie
TEMA: “HOE of HOEKOM OM TE ...â€
LEESSTUK: Spreuke 12:25; Romeine 15:5; Kolossense 3:21.
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 6: HOE of HOEKOM OM JOU KINDERS TE BEMOEDIG? (Kolossense 3:21)
Deur: Benescke Botha
Van jongs af was Robert ’n uitblinker op die sportveld. Dit was dus geen verrassing toe hy onmiddellik na sy skoolloopbaan vir die professionele voetbalspan in sy omgewing gekies is nie. Van daar af moes Robert gereeld handtekeninge uitdeel en saam met aanhangers poseer vir foto’s waar hy ook al rondbeweeg het. Aan die buitekant het dit gelyk asof Robert se lewe perfek is. Tog, aan die binnekant het hy een begeerte gehad: Om uit sy pa se mond te hoor dat hy hom liefhet en aanvaar.
Dit was Robert se pa se alkoholverslawing wat veroorsaak het dat hy nooit enige van Robert se voetbalwedstryde bygewoon het nie. Ook dat hy nooit daar was om na ’n slegte wedstryd vir Robert te bemoedig met die woorde dat hy as pa steeds gedink het dat Robert die beste speler op die veld is nie.
Na afloop van sy loopbaan as professionele voetbalspeler, het Robert ervaar dat God hom na die voltydse bediening geroep het. Hy het by die kweekskool aangesluit, sy opleiding voltooi en saam met sy pragtige vrou ’n baie suksesvolle gemeente begin bou.
Toe, op ’n dag ontvang Robert ’n oproep dat sy pa ’n ernstige hartaanval gehad het en dat die dokters nie weet of hy dit sou maak nie. Geskok het Robert homself onmiddellik na die hospitaal gehaas waar hy sy pa half bewusteloos in die noodeenheid gekry het. Half deurmekaar het Robert se pa vir Robert vir ’n oomblik met die dokter verwar. Met ’n swak hand het ay pa aan sy arm gevat terwyl hy na Robert gefluister het: “Hey dokter, het ek jou al ooit van my seun, Robert vertel? Ek is so trots op hom. Hy is nie net ’n briljante voetbalspeler nie. Hy is nou ook ’n predikant van ’n groot gemeente. Dokter, ek wens jy kan my seun ontmoet. Ek is seker jy sal baie van hom hou.â€
Langs die hospitaalbed het die trane skielik oor Robert se wange gestroom terwyl hy sy pa se hand vasgedruk het. Na 35 jaar het hy eindelik die woorde van aanvaarding uit sy pa se mond gehoor waarvoor hy vir soveel jare lank gebid het.
Eers later het Robert uitgevind dat sy pa die meeste van sy voetbalwedstryde bygewoon het, maar dat hy op ’n afstand op die agterste paviljoen gestaan het omdat hy skaam was vir sy reputasie as “dronkie†en ook bang was dat dit dalk skade aan Robert se beeld sou berokken.
Kolossense 3:21: “Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie.â€
Dit neem enige ouer 10 sekondes om vir sy of haar kind te sê dat jy hulle liefhet. Tien sekondes waarin jy kies om jou kinders te bemoedig eerder as om hulle te kritiseer wat dalk (net soos vir Robert) ’n lewe kan verander.
(As jy nie kinders het nie, wanneer laas het jy vir jou geliefdes vertel dat jy hulle liefhet en waardeer?)
Tel vandag die telefoon op en bel. Tik ’n brief of SMS. Of gaan kuier vir jou geliefdes. Maak seker dat hulle weet dat jy hulle liefhet en dat jy hulle waardeer. Een kompliment van aanvaarding mag dalk vir ewig ’n lewe verander!
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U my gemaak het net soos ek is en dat U my altyd liefhet. Help my asseblief om nooit na te laat om vir diegene in my lewe te bewys dat ek hulle ook liefhet nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
DRIE PRAKTIESE WENKE OM JOU KINDERS TE BEMOEDIG:
WENK 1: Kies om doelbewus positief van jou kinders te praat:
- “If you want your children to improve, let them overhear the nice things you say about them to others†(Haim Ginott).
- “There are two lasting bequests we can give our children. One is roots. The other is wings†(Hodding Carter, Jr.)
WENK 2: Maak seker jou kind weet dat jy hom of haar liefhet:
- “Your children need your presence more than your presents†(Jesse Jackson).
- “What a child doesn't receive he can seldom later give†(P.D. James)
WENK 3: Moenie van die pret in die huis vergeet nie:
- “Sing out loud in the car even, or especially, if it embarrasses your children†(Marilyn Penland).