Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (18) - 26 Julie 2016
Maak die Bybel deel van jou “ingang en jou uitgang” deur die volgende Skrifgedeeltes op te soek en dit op jou “hardeskyf” te stoor sodat jy vinnig raad, bemoediging en kitskos vir die siel kan vind.
Die Bybel neem jou op ’n onvergeetlike reis! Maak ʼn punt daarvan om hierdie verse op te soek. Dit kan die begin wees van ʼn wonderlike reis saam met jou Skepper met die wete dat:
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Romeine 8:28
Die Bybel wys ons wat die wêreld benodig.
Geloof Mark 9:23; 11:22
Getrouheid Jak 1:12-15
Vergifnis Ps 32:1-5; Matt 18:21-22; 1 Joh 1:9; Kol 3:13
Goedheid 1 Pet 3:8-17
Geluk Pred 7:14; Spr 15:13; Ps 118:24
Genesing Luk 4:18-19
Hoop Ps 119:114; Rom 15:13
Nederigheid Pet 5:5-6
Vreugde Jer 31:13; 1 Tess 5:16
Liefde 1 Kor 13
Liefde vir mekaar 1 Pet 4:8
Geduld Jak 5:7-11
Vrede Jes 26:3; Fil 4:6-7
Selfbeheersing Tit 2:1-10
Vertroue Jes 12:2; Spr 3:5
Wysheid Spr 1:7
Getuienis Jer 1:4-10; Hand 1:8
Die Bybel leer ons oor geloof.
Bely Jesus Christus Rom 10:9-10,13
Draai weg van sonde 1 Joh 1:8-9
Glo in Jesus Joh 6:47
God se liefde Joh 3:16; Jes 54:10
Jesus ons Saligmaker Joh 4:42; 1 Tim 2:3-5
Aanvaar Jesus Mark 10:15; Joh 1:12-13
Gebed: Hemelse Vader, help ons om u Woord te lees en te bestudeer. Dankie dat ons weet dat u Heilige Gees ons sal help om dit wat ons leer ook te kan leef. Ons bid dit in u Naam. Amen