Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (19) - 27 Julie 2016
Gister het ons op 'n wonderlike reis deur die Bybel vertrek. Vandag reis ons verder om te sien hoe die Bybel ons kan help op die lewenspad.
Hoekom leef ons? Die Bybel wys ons hoekom.
Om God te dien Jos 24:15
Om soos Jesus te wees 2 Kor 3:18
Om die wil van die Vader te doen Joh 4:34
Om die Koninkryk van God op te soek Matt 6:33
Om God te verheerlik Rom 15:5-6
Om die wedloop te voltooi Hand 20:24; 1 Kor 9:24
Die Bybel leer ons hoe om te lewe.
Blydskap Fil 4:4
Dankbaarheid Ps 136
Gehoorsaamheid Hand 5:29; Jak 4:17
Integriteit Jak 5:12
Oorwinning Rom 12:21
Uithouvermoë Jos 1:6-9; 2 Tim 4:7; Heb 12:1
Vreugde Ps 16:11; 1 Tess 5:16
Vryheid Gal 5:10-16
Waarheid Joh 8:32
Om te doen wat reg is Jak 1:2-8
Die Bybel troos en gee krag in verskillende omstandighede..
Armoede 2 Kor 8:9
Bemoediging Jes 40:31; Ps 28:7
Depressie 1 Kon 19:3-12
Dood Joh 14:1-14
Moedeloosheid Neh 4:1-23; 6:15-16
Uitputting Jes 40:29-31
Troos 1 Pet 5:7; Ps 146:8-9; 147:3
Mag God, die “Outeur” van hierdie Boek, jou inspireer om sy persoonlike boodskap vir jou te verstaan en te glo, terwyl jy hierdie stukkie raad van Paulus in gedagte hou:
Wees onvolwasse in die slegte dinge, maar in julle denke volwasse. 1 Korintiërs 14:20b
Gebed: Here Jesus dankie dat U ons leer dat ons in u Woord wysheid vir ons lewenspad kan ontdek. Amen
Indien hierdie stukkies die afgelope maand vir jou iets beteken het, kan jy die publikasie Padkaart vir die lewe: Wysheid vir die lewenspad gratis aflaai in epub- mobi of pdf-formaat by www.bybelgenootskap.co.za en klik op Bybelhulpmiddels.