Vers n dag - 15 November
HUIDIGE REEKS: Ontdek God . . . van A-Z. Elke dag word gekyk na ’n ander letter en God se eienskappe daaraan gekoppel. Vandag is dit “Kâ€.
K = KONING VAN KONINGS. Lees meer van die interessante terugvoer van lesers onderaan. Stuur ook jou idees vir “K†na
DAG 11: GOD IS. . . KONING VAN KONINGS
Deur Benescke Janse van Rensburg
Het jy al ooit gewonder hoe dit in God se troonkamer lyk? Of dalk, hoe dit moet wees om in ons Skepper se teenwoordigheid te staan? Blaai vir ’n oomblik na Jesaja 6 en lees ’n uittreksel van wat die profeet Jesaja êrens rondom die jaar 740 voor Christus in die troonkamer van God beleef het:
Jesaja 6: 1-4: “In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. By Hom was daar serafs (engele) om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg. Die serafs (engele) het mekaar telkens toegeroep: ‘Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.’ Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het. Toe het ek uitgeroep: ‘. . . nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.â€
Blaai ook na Openbaring 4 en lees wat Johannes tydens sy ballingskap op die eiland, Patmos rondom 90-95 na Christus, beleef het:
Openbaring 4:1-11: “Hierna het ek, Johannes, in die hemel ’n deur gesien wat oopgemaak is, en die stem, soos die geluid van 'n trompet, wat ek die eerste keer met my hoor praat het, het gesê: ‘Kom op hierheen, en Ek sal vir jou wys wat hierna moet gebeur.’ Onmiddellik is ek deur die Gees meegevoer. Ek het gesien daar staan 'n troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand. Sy voorkoms was soos opaal en karneool. Om die troon was daar 'n reënboog met die glans van smarag. . . Naby, rondom die troon, was daar vier lewende wesens. . . Hulle het dag en nag sonder om te rus, gesê: ‘Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.’ Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, kniel die vier en twintig ouderlinge voor Hom wat op die troon sit . . . en sê: ‘Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.’â€
God is die KONING VAN KONINGS. DÃt is immers hoe Johannes Hom in Openbaring 19 beskryf en ook hoe Timoteus Hom in 1 Timoteus 5:14-16 beskryf. In Psalm 136:3 beskryf Dawid God as “die Koning van die konings, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.†(Die Bybel vir Almal). En in Romeine 11:35-36 skryf Paulus dat alle dinge uit God en deur God en tot God is. En dat alle heerlikheid tot in ewigheid aan Hom behoort.
Besef jy dat ons vandag dieselfde God aanbid as wat Jesaja en Johannes in hulle geestelike ervarings gesien het? Ons God is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde. En hoewel ons telkens verstom staan oor sy grootheid en almag, moet ons nooit vergeet dat Hy ’n verhouding met elkeen van ons begeer nie.
God begeer dat ons, ons opgewondenheid oor ’n deurbraak in ons lewens met Hom sal deel. Ook verlang Hy dat ons Hom vir wysheid en leiding sal raadpleeg wanneer ’n hindernis skielik in ons pad kom lê. En wanneer ons hartseer is, begeer Hy dat ons Hom sal vra om ons met sy liefde te omvou. Hy is naby aan ons. Ek wonder: Lig jy Hom op as die Koning van konings in jou lewe? Sterkte.
Vader God, ek prys U as die Koning van konings en die Here van heersers. Dankie, dat U steeds ’n verhouding met elkeen van ons begeer. Help my asseblief om U daagliks rondom my raak te sien. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIE:
1.     BESTEL NOU: Jy kan Benescke se boek, Ontdek God in die stories van mense nou aanlyn by www.kalahari.net bestel – en dit in 4 dae ontvang. ’n Ideale Kersgeskenk.
2.     11 DAE OM TE GAAN. . . Moenie Benescke se boekbekendstelling op Donderdagaand, 25 November by die Wordsworth in die Willow Bridge Sentrum in Durbanville misloop nie. Dit begin 18:00 vir 18:30. Die boek, Ontdek God – in die stories van mense sal beskikbaar wees by CNA, PNA, Exclusive Books en Wordsworth. Jy kan dit ook aanlyn by www.kalahari.net bestel.
3.     HUIDIGE REEKS: Jy kan elke dag deelneem deur jou voorstelle vir elke letter na
INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS OOR “Kâ€:
Hier is ’n paar hoogtepunte uit lesers se e-posse. Gaan lees gerus meer terugvoer op ons webwerf, www.versndag.co.za.
- KEUSE – God gee aan elkeen van ons ’n keuse om Hom te dien of nie.
- KAPTEIN – God is die Kaptein van ons lewensboot.
- KERSLIG – God is die kerslig wat die lewenspad verlig en aandui.
- KOMPAS – Die Here is ons rigtingwyser in die lewe. Hy lei ons op die regte pad.
- KLOP – God klop aan die deur van ons harte en lewens.
- KANAAL – Jesus is die kanaal tussen ons en die ewige lewe.
- KONING – God is die Koning van die heelal.
- KAPSTOK – God is die kapstok van die lewe waaraan ons al ons sondes “hangâ€.
- KRAG – Hoewel ons elektrisiteitonderbrekings kry, is God se krag altyd daar.
- KRUIS – Jesus se kruis dood het ons vrygemaak van sondes.
- KAPOK – Die sneeu / kapok van God se liefde, genade en seën is orals in ons lewens sigbaar.
- KENNIS – God is volmaakte kennis.
- KERN – God is die kern van alles.
- KONING van my hart.
- KRAG NA KRUIS!
- KONSEKWENT...met alles!
- KRAGBRON
- Kalm -Â Hy hou my kalm deur die storms van die lewe
- Kapasiteit – Ons het die kapasiteit ,om deur Hom, ‘n lewe in oorvloed te kan hê
- Kapsule – Ek voel veilig omdat Hy my omhul
- Kanselleer al my sondes
- Kram – Hy kram my aan Hom vas om saam ‘n verskil te maak
- Kos – Die Woord van God is my daaglikse brood
- Klaar -Â Jesus het 2 000 jaar gelede Sy werk afgehandel aan die kruis.
- Krone – Die Ruiter op die witperd gaan baie krone dra as Hy ons kom haal
- Kreet – Jesus is my kreet en my banier
- Klop – Hy klop aan die deur van ons hart en wag dat ons vir Hom oopmaak
- Kop – Jesus is die hoof van die kerk
- Kreatiewe Skepper – Hy kan enige situasie ten geode laat meewerk!!!
- Kenner van ons harte
- Kollig – Vir ‘n klein rukkie speel ek ‘n rol in SY STORIE.
- Kwalifiseer – Deur genade alleen word ek Sy kind
- Kaart – Hy wag om my te lei op my lewenspad
- Kom – Die Gees en die bruid sê :’Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom!
- Kommunikeerder van liefde
- Kers – Hy is Lig
- Knoop al Sy beloftes aan jou vas om die brandpyle af te weer
- Kalibreerder – Die Heilige Gees moet my elke dag fyn kalibreer
- Kaptein span die seile. Ek sal volg.
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkiesofBybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou onlangs of in die verlede deurgekom het na
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â