Vers n dag - 12 November
HUIDIGE REEKS: Ontdek God . . . van A-Z. Elke dag word gekyk na ’n ander letter en God se eienskappe daaraan gekoppel. Vandag is dit “Jâ€.
J = Jehovah Jireh, ons Voorsiener. Lees meer van die interessante terugvoer van lesers onderaan. Stuur ook jou idees vir “J†na
DAG 10: GOD IS JEHOVAH JIREH, ONS VOORSIENER
Deur Benescke Janse van Rensburg
Regdeur die Bybel demonstreer God aan ons sy vermoë om te voorsien. Soms antwoord Hy onmiddellik. Ander kere neem dit effens langer. Een ding bly egter staan: God se tyd en manier om ons gebede te beantwoord is altyd perfek. Waarvoor vertrou jy Hom vandag? Hier is enkele voorbeelde van voorsiening uit sy Woord wat vandag nog vir ons geld:
KOS:
-
Matteus 6:31-32: “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.â€
God het aan die Israeliete in die wildernis manna en kwartels as kos gegee en water uit ’n klip om te drink. Net só het God gesorg dat die meel en olie in die weduwee se huis waar die profeet Elia tuisgegaan het, nooit tydens die hongersnood opgeraak het nie. En toe die 5,000 mense teen laatmiddag honger na Jesus gesit en luister het, het hy met net twee broodjies en vyf vissies aan duisende mense kos voorsien.
Wonder jy dalk of jy en jou gesin met julle kruideniersware deur die maand gaan kom? Waarom vra jy nie ook ons Voorsiener vir ’n deurbraak in jou situasie nie?
’N BABA:
-
Genesis 17:15-16: “God het vir Abraham gesê: “Jy moet jou vrou nie meer Sarai noem nie. Haar naam is nou Sara. Ek sal haar seën en vir jou 'n seun uit haar gee. Ja, Ek sal haar seën, en nasies en konings van volke sal uit haar voortkom.â€
Net soos God aan die 90-jarige kinderlose Sara ’n baba gegee het, het hy ook aan die kinderlose Hanna, Rebekka, Elisabet en ’n hele paar ander vroue in die Bybel kinders gegee toe hulle Hom volkome daarvoor vertrou het. Sit jy vandag in ’n soortgelyke situasie? Wil jy Hom nie ook soos hierdie vroue vir ’n deurbraak vertrou nie?
GENESING:
-
Jeremia 30:17: “Ek sal jou gesond maak, jou wonde genees, sê die Here . . .â€
Jesus het gedurende sy tyd op aarde, deur die Heilige Gees se krag, verskeie melaatses, blindes, dowes en mense met ander kwale genees. Besef jy dat Jesus vir ons die Heilige Gees as geskenk nagelaat het. Ek wonder: Vertrou jy Hom om dieselfde en selfs groter wonderwerke in jou lewe te doen?
’n HUWELIKSMAAT:
-
Genesis 25:20: “. . . en toe Isak veertig jaar oud was, het hy met Rebekka getrou.â€
Isak was reeds 40 jaar oud toe God aan hom ’n vrou voorsien het. By God is daar nie ’n ouderdomsbeperking wanneer ons Hom met ’n opregte hart vir ’n lewensmaat vertrou nie.
NUWE GELEENTHEDE:
-
Johannes 21:6: “Hy sê toe vir hulle: ‘Gooi die net aan die regterkant van die skuit uit, dan sal julle iets kry.’ Hulle het die net toe daar uitgegooi, en vanweë die groot klomp vis kon hulle hom nie weer intrek nie.â€
Benodig jy dalk vandag nuwe, kreatiewe idees om jou besigheid te laat groei? Of dalk dat God jou sal help om ’n verhouding te herstel? Vra Hom vir ’n nuwe strategie en wees gehoorsaam wanneer jy die Heilige Gees se leiding in jou gees ervaar.
God is JEHOVAH JIREH, ons Voorsiener. Hy ken ons elkeen se diepste hartsbegeertes. Hy begeer ook dat ons Hom sal nader en volkome op Hom vir ’n deurbraak sal vertrou. Hy beloof immers dat Hy ons nooit sal verlaat en ons nooit in die steek sal laat nie! Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U my Voorsiener is. Help my asseblief om nooit moed te verloor as dit lyk asof my deurbraak wegbly nie, maar om werklik my oë op U te hou. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIE:
-
WENNER VAN DIE WEEK: Chris Pentz van Stellenbosch met sy antwoord by “Hâ€: Die H laat Chris aan rugbypale dink. Hy noem dat ons as Christene ons oë op God moet hou soos rugbyspelers hulle oë tydens ’n wedstryd op die pale hou.
-
BOEKBEKENDSTELLING: Benescke se boekbekendstelling, Ontdek God – in die stories van mense vind plaas op Donderdagaand, 25 November by die Wordsworth in die Willow Bridge winkelsentrum in Durbanville. Dit begin 18h00 vir 18h30. Die boek nou-nou bestel word by Kalahari.net en sal beskikbaar wees by Exclusive Books, CNA, PNA en Wordsworth.
-
VORIGE STUKKE: Gaan lees gerus vorige stukke wat jy gemis het op ons webwerf, www.versndag.co.za.
-
HUIDIGE REEKS: Jy kan elke dag deelneem deur jou voorstelle vir elke letter na
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. te stuur. Aan die einde van die week word die kreatiefste deelnemer vir die week gekies.
INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS OOR “Jâ€:
Hier is ’n paar hoogtepunte uit lesers se e-posse. Gaan lees gerus meer terugvoer op ons webwerf, www.versndag.co.za.
-
JAPON – God vou ons toe in sy warm japon van liefde, genade, geloof, hoop en vrede
-
JAS – God vou ons toe in Sy groot jas van liefde en genade
-
JUWEEL – God is die grootste en waardevolste juweel in ons lewens
-
JUBEL – Ons jubel omdat God in ons lewens is
-
JESUS – Jesus, die Seun van God wie vir ons sondes gesterf het
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkiesof Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou onlangs of in die verlede deurgekom het na
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus