Vers n dag - 11 November
Nuwe reeks: Ontdek God . . . van A-Z. Ons kyk elke dag na ’n ander letter van die alfabet en koppel dan God se eienskappe daaraan. Vandag is dit die letter “Iâ€.
I = ILLUSTREERDER VAN SY GROOTHEID – DEUR SY SKEPPING. Lees meer van die interessante terugvoer van lesers onderaan. Stuur ook jou idees vir “E†na
DAG 9: God ILLUSTREER sy grootheid aan ons deur sy skepping
Deur Benescke Janse van Rensburg
’n Blaarvormige seedraak, ’n rooi panda, ’n vis met ’n mensegesig (“blob fishâ€), ’n angorahaas, ’n sterneusmol en ’n seekat met die voorkoms van ’n olifant (“Dumboâ€-seekat).
Hierdie is slegs enkele van die dierspesies wat op die Divaboo-webwerf se lys van vreemdste diere verskyn (sien skakels na foto’s van diere onderaan). Dit is wanneer ’n mens na hierdie foto’s kyk, dat jy opnuut iets van God se kreatiwiteit begin verstaan. Hy het nie nodig gehad om al hierdie vreemde diere te maak nie, maar Hy het.
Kyk nou ’n oomblik na die grootheid van sy skepping. Berg Everest, met ’n piek van 8,848 meter bo seespieël, is die hoogste bergpiek op aarde. Die Angel-waterval in Venezuela, wat 979 meter ver val, is die hoogste waterval op aarde. Die Mariana-sloot naby die Mariana-eilande in die Stille Oseaan is 11,3 kilometer diep en ook die diepste gedeelte van die see. En die blou walvis, met ’n gewig van 170 ton (gelyk aan 22 olifante), is die grootste lewende skepping op aarde.
Tog is God ook betrokke in die detail in sy skepping. Hy het nie nodig gehad om aan elke muskiet 47 tande te gee nie. Ook het hy nie nodig gehad om aan elke slak vier neuse en aan elke bloedsuier 34 breine te gee nie. Nog minder om aan elke mens op aarde (en ons is sowat 6,8 miljard mense op aarde) ’n unieke persoonlikheid en voorkoms te gee nie. Tog hét Hy – want Hy kan. En die wonderlike is dat God self in Psalm 50:10 sê dat al die diere van die wêreld aan Hom behoort en dat Hy van elkeen van hulle weet.
In Psalm 19:1-4 raak die Psalmdigter liries oor God se grootheid, kreatiwiteit en skeppingsvermoë. Luister weer na die woorde: “Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee. Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem. Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêreld en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde.â€
God ILLUSTREER sy grootheid aan ons deur die skepping rondom ons. In ’n onlangse artikel in die New York Times word genoem dat daar vir elke mens op aarde sowat 200 miljoen insekte op aarde is. Dit beteken dat daar op enige gegewe tydstip sowat tien kwintiljoen (10,000,000,000,000,000,000) insekte op aarde is. Voeg nou al die voëls, diere en die visse by. Besef jy dat God van elkeen van hulle weet?
Net soos al die insekte, diere en plante op aarde aan God behoort, behoort ons ook. Hy het ons immers geken voordat ons in ons moeder se skoot gevorm is. Hy het ons name op sy handpalm gegraveer en Hy weet presies hoeveel hare op ons koppe is. En uit liefde roep ons Skepper daagliks na ons om nader na Hom toe te kom. Ek wonder: Gee jy ag op daardie roepstem? Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek U grootheid daagliks rondom my kan beleef. Help my asseblief om daagliks net meer en meer van U teenwoordigheid bewus te raak en dit te waardeer. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Kyk na foto’s van die Top 25 vreemdste diere by: http://divaboo.info/
** Diepste sloot: http://en.wikipedia.org/wiki/Mariana_Trench
NUUSBROKKIE:
- BOEKBEKENDSTELLING: Die boekbekendstelling van Benescke se eerste boek, Ontdek God – in die stories van mense, vind plaas op Donderdagaand 25 November by die Wordsworth in die Willow Bridge-winkelsentrum in Durbanville. As jy haar graag wil ontmoet en self ’n getekende boek wil hê, maak seker dat jy dit nie misloop nie.
- VORIGE STUKKE: Gaan lees gerus vorige stukke wat jy gemis het op ons webwerf, www.versndag.co.za.
HUIDIGE REEKS: Jy kan elke dag deelneem deur jou voorstelle vir elke letter na
INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS OOR “Iâ€:
Baie dankie vir al julle interessante terugvoer. Ek wens ek kon al die antwoorde plaas, maar ongelukkig is ons spasie beperk. Hier is van die interessantste antwoorde. Gaan lees gerus die res op ons webwerf, www.versndag.co.za:
- Implementeer sy planne deur die lewens van sy kinders
- Inisieerder van liefde
- Inspekteur die motiewe van my hart
- Immergroen – God is soos ’n pragtige immergroen boom wat vir ons skuilte, heerlike koelte en beskerming bied.
- Instandhouer van alle dinge
- Invloedryk – Sy liefde dwing my
- Immens (geweldig groot, reusagtig, onmeetlikheid, ontsaglike grootheid).
- Insiggewer (ophelderend, verruimend).
- Identiteitgewer.
- Intiem – Innig verbonde in ons lewens
- Indrukwekkend (treffend, aangrypend).
- Inspirasie!
VORIGE STUKKE? Kry van die vorige dagstukkies op ons webwerf, www.versndag.co.za.
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God jou onlangs of in die verlede gehelp het na
Â
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â