Vers n dag - 10 November
HUIDIGE REEKS: Ontdek God . . . van A-Z. Ons kyk elke dag na ’n ander letter van die alfabet en koppel dan God se eienskappe daaraan. Vandag is dit die letter “Gâ€.
H = HOORDER VAN GEBED. Lees meer van die interessante terugvoer van lesers
onderaan. Stuur ook jou idees vir “I†na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 8: God is die HOORDER VAN ELKE GEBED
Deur Benescke Janse van Rensburg
[Agtergrond: Het jy jouself al ooit in ’n desperate situasie bevind waar jou gebed
vir ’n wonderwerk intens was omdat dit vir iemand rondom jou iets van God se
wonderwerkende krag kon demonstreer? Hier is ’n getuienis van een van ons lesers.]
Natasha Farrow: “’n Paar weke gelede speel ek en my vyfjarige seuntjie Jason buite op die gras krieket. Ek het vir hom die bal gegooi en elke keer wat hy dit raak geslaan het, was daar ’n groot gejuig aangesien dit vir hom ’n prestasie was.
“Tussen die spelery deur het my seun se miniatuur Dobermanhondjie, Pixie, ook saamgespeel. Elke keer as ek die bal gegooi het, het hy agterna gehardloop om die bal te probeer vang. Toe gebeur die verskriklikste ding: Jason slaan die bal mis, maar hy slaan Pixie vierkantig op die kop.
“Pixie se lyfie het onmiddellik styfgetrek en sy het omgeval. Ek het haar gegryp en teen my bors vasgehou. Bloed het nou by haar neusie en mondjie uitgekom en ek kon voel hoe haar hartjie al stadiger klop. Ek en my seuntjie was albei in skok.
“Ek het Pixie se koppie met koue water natgemaak en haar mondjie afgespoel. Haar lyfie was egter steeds styf en haar oë glaserig. Ek het na die agterkant van ons huis gestap en met haar op my skoot op die gras neergeval en begin huil. My hart was baie seer. Ek was regtig lief vir hierdie hondjie.
“Op daardie oomblik het my seuntjie bang om die hoek gekom en met trane in sy oë versigtig gevra: ‘Mamma, het ek vir Pixie doodgeslaan?’ Ek het dadelik besef dat ek sou moes keer dat my sensitiewe seuntjie nie met ’n skuldgevoel rondloop nie. Ek het hom ’n stywe drukkie gegee en gesê dat Jesus vir Pixie sal gesond maak en dat hy dit moet onthou.
“Ek het Jason toe ingestuur huis toe om ’n handdoek te gaan haal terwyl ek daar op die gras my oë gesluit het en God gesmeek het om Pixie te genees. ’n Gevoel van magteloosheid het in my hart kom lê. Sou Pixie vandag sterf?
“Jason het skaars die handdoek gebring toe ek sien hoe Pixie se gespanne beentjies effens
verslap. Ons het vir Pixie in die handdoek toegedraai en haar in haar mandjie geplaas waar sy doodstil gelê het. In stilte het Jason sy kussing en kombersie gaan haal en langs Pixie se mandjie kom lê om haar op te pas.
“Die volgende oggend het ons gehoor hoe Pixie kliphard vir iemand by die hek blaf. Sy was
heeltemal gesond. Daardie aand tydens my stiltetyd kon ek nie ophou om God te loof en te prys vir sy wonderwerk nie. Hy het nie net vir Pixie genees nie, maar ook my seuntjie se hart. En ek is oortuig dit was ’n wonderwerk uit sy hand.â€
Psalm 4:4: “Besef tog dat die Here wonders gedoen het vir dié wat aan Hom getrou is. Die Here hoor as ek na Hom roep.â€
God HOOR ELKE GEBED WAT ONS BID. In Openbaring 5:8 lees ons dat God se engele ons gebede op aarde bymekaarmaak en dat dit soos wierook voor sy troon opgaan. Of jy dus bid vir ’n lewensmaat, vir wysheid in jou werk, vir genesing na ’n spinnekopbyt (sien leser se getuienis onder) of vir ’n hondjie wat deur ’n krieketkolf getref is, Hy HOOR en weet altyd die beste. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U elke gebed hoor wat ek bid. Versterk asseblief my geloof dat ek op U sal bly vertrou vir die regte antwoord op die regte tyd. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Besoek Stories van Hoop of Fbook vir die fotos van Pixie en die gesin.
NUUSBROKKIE:
· BOEKBEKENDSTELLING: Benescke se boekbekendstelling met haar eerste boek, Ontdek God – in die stories van mense, vind plaas op Donderdagaand, 25 November by die Wordsworth in die Willow Bridge-winkelsentrum in Durbanville. As jy haar graag wil ontmoet en self ’n getekende boek wil hê, maak seker dat jy dit nie misloop nie.
· VORIGE STUKKE: Gaan lees gerus vorige stukke wat jy gemis het op ons webwerf,www.versndag.co.za.
· HUIDIGE REEKS: Jy kan elke dag deelneem deur jou voorstelle vir elke letter na
· This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. te stuur. Aan die einde van die week word die kreatiefste deelnemer vir die week gekies.
INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS OOR “Hâ€:
Hier is ’n paar hoogtepunte uit lesers se e-posse. Gaan lees gerus meer terugvoer op ons webwerf, www.versndag.co.za.
· HOOR - God hoor al ons gebede en smekinge, ons moet ons so instel dat ons sy stem kan HOOR.
Â
· HOOP op ‘n beter toekoms, beter lewe, beter verhoudings.
· HARMONIE - In die gejaagde lewe wat soms baie deurmekaar is, bring Jesus die harmonie terug in ons lewens.
· HUPPEL – Ons wonderlike Vader in die hemel is die rede dat ek ‘n huppel in my stap het!
· HEGPLEISTER - Jesus is my hegpleister, want hy bedek (plak toe) al my sondes en oortredings as ek dit bely.
· HOËR HAND - In sy hand is ons veilig.
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of
Bybelvrae wat jy het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God jou onlangs of in die
verlede gehelp het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . As dit aansluit by een van ons temas
sal ons dit graag met die lesers wil deel. Dit kan oor enigiets wees. Dankie. Benescke
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-
dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Sonder die nodige
ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.