Vers n dag - 9 November
HUIDIGE REEKS: Ontdek God . . . van A-Z. Elke dag word gekyk na ’n ander letter en God se eienskappe daaraan gekoppel. Vandag is dit “Gâ€.
G =Gewer vannuwe Geleenthede. Lees meer van die interessante terugvoer van lesers onderaan. Stuur ook jou idees vir “H†na
DAG 7: God is. . . DIE GEWER VAN GELEENTHEDE
Deur Benescke Janse van Rensburg
’n Jong joernalis, pas uit universiteit met sy graad in joernalistiek, het ’n werk by ’n plaaslike koerantjie op ’n plattelandse dorpie gekry. Opgewonde het hy op een van sy eerste stories na ’n boer se plaas sowat dertig kilometer uit die dorp vertrek om met die boer ’n onderhoud te gaan voer.
Nadat die boer die joernalis vir ’n paar minute lank op sy plaas rond gewys het, het hulle op die stoep buite die plaashuis gaan sit. Vinnig het die joernalis sy notaboekie uitgehaal en oopgevou om aantekeninge te maak soos hulle gesels.
“Meneer, hoe laat begin u in die oggende werk?†het die joernalis weggeval met die eerste vraag. Vir ’n oomblik het die bruingebrande boer stil na die jong joernalis voor hom gekyk voordat hy hom antwoord: “Jongman, ek gaan nie werk toe nie. Ek word omring daardeur.â€
Dáár op die stoep van die plaashuis het die joernalis ’n waardevolle les geleer. Soos die boer se werk rondom hom lê, lê Godgegewe geleenthede daagliks rondom elkeen van ons. Ons grootste probleem is dat ons dit soms miskyk omdat ons na ’n spesifieke oplossing soek sonder om God vir sy beste oplossing in ’n sekere situasie te raadpleeg.
Sit jy vandag in ’n situasie waar jy ’n nuwe begin benodig? Luister weer na God se woorde in Openbaring 3 en Jesaja 43:
- Openbaring 3:8: “Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het 'n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie.â€
- Jesaja 43:18-19: “Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.â€
God is die GEWER VAN NUWE GELEENTHEDE. Hy skep riviere in die areas in jou lewe wat so droog soos ’n woestyn voel. Dalk het jou verhouding onlangs op die rotse beland en jou hart voel steeds gebroke. Besef jy dat God aan jou ’n tweede kans op geluk kan gee? Dalk het jy aansoek gedoen vir jou “droomwerk†en jou aansoek was onsuksesvol. Besef jy dat God aan jou ’n beter werk kan gee as die een waarvoor jy aansoek gedoen het? Of dalk is jy met ’n siekte gediagnoseer of was jy ’n slagoffer van misdaad of dalk het jou vriend of vriendin jou in die steek gelaat deur besluite wat geneem is. Onthou, God laat elke situasie ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet.
As een deur in jou lewe toegaan kan en wil Hy vir jou ’n nuwe een oopmaak. Jy moet Hom net daarvoor vertrou. Wil jy vandag met nuwe oë na jou huidige situasie kyk? Vra God om jou oë oop te maak vir die geleenthede wat Hy reeds rondom jou geplaas het. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U nooit onkant betrap kan word nie, maar dat U in elke situasie die groter prentjie sien. Help my asseblief om die geleenthede wat U rondom  my geplaas het raak te sien en te benut. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIE:
1.     BOEKBEKENDSTELLING: Benescke se boekbekendstelling met haar eerste boek, Ontdek God – in die stories van mense vind plaas op Donderdagaand, 25 November by die Wordsworth in die Willow Bridge winkelsentrum in Durbanville. As jy haar graag wil ontmoet en self ’n getekende boek wil hê, maak seker jy woon die bekendstelling by.
2.     GISTER SE STUKKIE: Gaan lees gerus “F-Fontein†op ons webwerf, www.versndag.co.za.
3.     HUIDIGE REEKS: Jy kan elke dag deelneem deur jou voorstelle vir elke letter na
INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS OOR “Gâ€:
Hier is ’n paar hoogtepunte uit lesers se e-posse. Gaan lees gerus meer terugvoer op ons webwerf, www.versndag.co.za.
- GENADE – as dit nie vir sy genade was nie, was ons nie gered nie!
- GENEESHEER – Hy maak ons heel van binne en buite – fisies en emosioneel.
- GEREGTIGHEID – God is ’n regverdige regter.
- GOEIE HERDER, geliefde
- GELOOFLIK – Hy is ’n God van ongelooflike dinge, maar ons kan met 'n GROOT geloof weet alles moontlik is!
- GOEDHEID EN GUNS – God se goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in die lente van dae (Psalm 23).
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkiesofBybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou onlangs of in die verlede deurgekom het na
Â
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus