Vers n dag - 8 November
Nuwe reeks: Ontdek God . . . van A-Z. Elke dag word gekyk na ’n ander letter en God se eienskappe daaraan gekoppel. Vandag is dit “Fâ€.
F = FONTEIN. Lees meer van die interessante terugvoer van lesers onderaan. Stuur ook jou idees vir “G†na
DAG 6: God is. . . ONS FONTEIN
Deur Benescke Janse van Rensburg
[Agtergrond: In die afgelope paar weke het die nuusblaaie berig dat sowat 2100 voltydse of deeltydse werknemers van Standard Bank afgelê is. Met elke aflegging in ’n maatskappy wat deur die resessie geraak is, word ’n hele gesin potensieel geraak. Is jy dalk vandag deel van só ’n gesin? Hier is ’n getuienis van Buks Haasbroek uit Tzaneen. Buks en sy gesin het te midde van hulle finansiële nood geleer hoe om volkome op God te vertrou:]
Buks: “Nadat my vrou haar werk sowat ’n jaar gelede verloor het, het dit kompleet gevoel asof teëspoed by ons voordeur ingebars het. Ons moes afskaal in ons uitgawes en het onder meer ons versekering kanselleer omdat ons dit nie meer kon bekostig nie.
“’n Paar weke nadat ons versekering verval het, was ons in ’n motorongeluk waarin ons motor afgeskryf is. Ons kon gelukkig die wrak verkoop en met die geld ’n groot gedeelte van ons skuld op die motor by die bank afbetaal.
“In Mei vanjaar het ons komkommerplante weens die baie reën ’n plantsiekte gekry. Dit het daartoe gelei dat ons, ons hele skadu-huis se produksie verloor het.
“Ten spyte van hierdie en ander hindernisse wat gevolg het, het ons beleef hoe God altyd daar was om ons deur die uitdagings te dra. Hy sê nie verniet in sy Woord dat Hy enige slegte situasie in ’n geleentheid kan omskep wat ons nader aan Hom kan trek nie.
“Hoewel dit al swaarder finansieel gegaan het, het ek en my vrou elke sent omgedraai om ons seun op universiteit in Stellenbosch te hou. Een aand het ek ’n SMS van hom ontvang waarin hy my vra om asseblief vir hom lugtyd op sy foon te sit. Hy het gesê dat hy na ons verlang en graag met ons wou gesels. Ek het geweet dat daar geen ekstra geld in ons rekening was nie, maar ek kon dit nie oor my hart kry om vir hom te sê dat ek dit nie sou doen nie.
“Nadat ek ’n SMS aan hom teruggestuur het dat ek vir hom die geld sou inbetaal, het ek op die stoep van ons huis uitgestap. Die wind het geweldig gewaai. Skielik moes ek veg om my emosies onder beheer te hou. My hart was stukkend terwyl ek aan my seun dink. Ek het my oë gesluit en ernstig met ons Vader gepraat. Ek het Hom gevra of daar nie ’n manier is hoe Hy vir my kan help met ’n paar rand om vir my seun te stuur nie.
“Ek het ingestap huis toe en saam met my vrou en ander kinders op die bed gesit en gesels. In my agterkop het ek steeds aan my seun in Stellenbosch gedink. Sowat ’n uur nadat ek by hulle gaan sit het, het ’n SMS op my vrou se foon deurgekom. Dit was SARS wat ons in kennis gestel het dat ons belasting waarvoor ons toe reeds twee maande lank gewag het, in ons rekening terugbetaal is. Ek kon vir my seun lugtyd opsit en ons kon met hom gesels!
“Deur hierdie situasie het ek besef dat wanneer ons na God gaan en Hom vir die klein simpel goedjies in ons lewens vertrou, openbaar Hy Homself in die groot dinge in ons lewens. Hy is God en ek dank Hom dat Hy nooit van ons, sy kinders vergeet nie.â€
Psalm 36:8-10: “Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels. . . Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.†(1953-hersiening)
Luister ook weer na Jesus se woorde in sy gesprek met die vrou wat aan hom water by die put gegee het: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. . .†(Johannes 4:13-14)
Buks is reg. God is ons FONTEIN van die lewe. Geen situasie is ooit te klein of te groot om sy hulp in te roep nie. Wanneer moeilike situasies dus oor ons pad kom, kan ons na Hom gaan om uit sy fontein te drink. Die water uit daardie fontein maak ons nie net skoon maak van binne nie, maar dit versterk ons ook om in elke moeilike situasie staande te bly. Sit jy vandag in ’n situasie waar jy sy krag benodig? Gaan na Hom, want sy fontein droog nooit op nie. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U die fontein van die lewe is en dat ons in U lig die lig kan sien. Help my asseblief om nooit moed te verloor as dit swaar gaan nie, maar eerder aan U vas te hou met die wete dat U steeds in beheer van my lewe is. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Kyk na ’n foto van Buks en sy gesin op die sosiale netwerk, Fbook se STORIES VAN HOOP bladsy.
NUUSBROKKIE:
1.     BOEKBEKENDSTELLING: Benescke se boekbekendstelling met haar eerste boek, Ontdek God – in die stories van mense vind plaas op Donderdagaand, 25 November by die Wordsworth in die Willow Bridge winkelsentrum in Durbanville. As jy haar graag wil ontmoet en self ’n getekende boek wil hê, maak seker jy woon die bekendstelling by.
2.     HUIDIGE REEKS: Jy kan elke dag deelneem deur jou voorstelle vir elke letter na
INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS OOR “Fâ€:
Hier is ’n paar hoogtepunte uit lesers se e-posse. Gaan lees gerus meer terugvoer op ons webwerf, www.versndag.co.za.
- FLUWEEL – God is die fluweel van die Heelal.
- FAKKEL – God is my fakkel. Die hoop wat God gee is soos ‘n fakkel wat jou dra deur donker dieptes.
- FONDAMENT – Voed jou geloof en jou twyfel sal sterf van honger.
- FINANSIER – God beheer al die geld in die wêreld.
- FAUNA EN FLORA – Al die diere en plante behoort aan God.
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkiesofBybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou onlangs of in die verlede deurgekom het na
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus