Vers n dag - 16 November
HUIDIGE REEKS: Ontdek God . . . van A-Z. Elke dag word gekyk na ’n ander letter en God se eienskappe daaraan gekoppel. Vandag is dit “Lâ€.
L = LEEFSTYL. Lees meer van die interessante terugvoer van lesers onderaan. Stuur ook jou idees vir “L†na
DAG 12: MAAK ’N VERHOUDING MET GOD ’N LEEFSTYL
Deur Benescke Janse van Rensburg
Ek hoor onlangs die storie van John Erskine. As 14-jarige seun was hy reeds ’n uitsonderlike pianis. Op ’n dag vra sy klavieronderwyser hom hoeveel keer per week en hoe lank per keer hy oefen. John het geantwoord dat hy daagliks vir ’n uur of langer oefen.
Die musiekonderwyser kom toe met ’n voorstel om John se roetine te verander omdat hy as ’n volwasse man heelwat minder tyd tot sy beskikking sal hê om te oefen. Die onderwyser se strategie was dat John slegs minute op ’n keer moet oefen en sy oefening deur die dag moet versprei. “Sóâ€, het die onderwyser gesê, “sal musiek deel van jou lewe word.â€
John het sy onderwyser se raad gevolg. Later jare is hy as konsertpianis vir die New Yorkse Filharmoniese Orkes gekies. Hy was ook die president van die Juilliard Musiekskool en direkteur van die Metropolitaanse Opera-vereniging en het self 45 boeke geskryf. John se bekendste werk, The Private Life of Helen of Troy, het hy geskryf terwyl hy na Columbia gependel het. Eers as volwasse man het John die volle waarde van sy musiekonderwyser se raad besef.
Ons kan ook hierdie raad van John se musiekonderwyser toepas as dit by ons verhouding met God kom. Hoe? Dink vir ’n oomblik na oor jou tyd saam met God. Ek kry gereeld e-posse van lesers wat my vertel dat hulle skuldig voel as hulle, hul stiltetyd misgeloop het of as hulle nie soos sekere ander mense ’n uur of twee per dag aan stiltetyd saam met God kan spandeer nie. My voorstel is gewoonlik dat hulle, hul stiltetyd-roetine moet aanpas om dit ’n leefstyl te maak.
Hier is ’n voorbeeld. As jou werk van so ’n aard is dat jy baie tyd in jou motor spandeer om rond te ry, kan jy ’n boekie met teksverse in jou motor hou. Wanneer jy by die verkeerslig sit en wag, kan jy elke keer die boekie optel, ’n teksvers lees en daaroor nadink. Dieselfde geld vir ’n onderwyser tussen klasse. Of ’n dokter tussen pasiënte. Of vir ’n sekretaresse tydens haar tee breek.
Deur jouself met God se Woord en sy beloftes vol te maak en dit gedurig te oordink, sal jy beleef hoe Hy al meer deel van jou gedagtes en besluite word. Só word jou verhouding met God ’n leefstyl.
- Jakobus 4:8: “Nader tot God, en Hy sal tot julle nader.â€
- Spreuke 3:5-6: “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
God wil hê dat ons, ons tyd saam met Hom slegs tot ’n uur of halfuur per dag moet beperk nie. Hy begeer dat ons Hom raadpleeg in moeilike situasies en dat ons Hom prys vir sy grootheid wanneer ons ’n asemrowende sonsondergang dophou.
Of jy dus in ’n raadsaal sit om belangrike besluite te neem en/of jy uitdraf op ’n sportveld vir ’n groot wedstryd en/of jy in die middel van die nag jou baba sis, onthou Hy is reg langs jou en jy kan enige tyd met Hom gesels. Dit is immers waaroor ’n verhouding gaan, nie waar nie? Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U daagliks oral rondom ons is en dat ek my verhouding met U ’n leefstyl kan maak. Help my asseblief om U daagliks rondom my raak te sien sodat ek bewus kan bly van u teenwoordigheid rondom my. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIE:
1.     BESTEL NOU: Jy kan Benescke se boek, Ontdek God in die stories van mense nou aanlyn by www.kalahari.net bestel. Jy behoort dit binne 4 werksdae te ontvang. Ideale Kersgeskenk.
2.     10 DAE OM TE GAAN. . . Moenie Benescke se boekbekendstelling op Donderdagaand, 25 November by die Wordsworth in die Willow Bridge Sentrum in Durbanville misloop nie. Dit begin 18:00 vir 18:30. Kom ontmoet haar en kry jou getekende kopie. Die boek, Ontdek God – in die stories van mense sal beskikbaar wees by CNA, PNA, Exclusive Books en Wordsworth. Jy kan dit ook aanlyn by www.kalahari.net bestel.
3.     HUIDIGE REEKS: Jy kan elke dag deelneem deur jou voorstelle vir elke letter na
INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS OOR “Lâ€:
Hier is ’n paar hoogtepunte uit lesers se e-posse. Gaan lees gerus meer terugvoer op ons webwerf, www.versndag.co.za.
- LIEFDE – God is Liefde. Hy is ‘n God wat in liefde ons vermaan en ons in sy liefde toevou.
- LOOPRING – As ek sien hoe die kleintjies loop in die loopring en as jy hulle uithaal kan hulle nie loop nie dan kruip hulle. Laat my dink aan ons dat God ons loopring is, sonder hom val ons ook plat. As ons nie in Hom en Sy Woord bly nie val ons plat en dan moet ons soms terugkruip na Hom toe.
- LEIER – God is ons Groot Leidsman.
- LOSSER – Die Here is ons Losser. Hy het ons vrygekoop van ons sondes
- LIG - God is ons ewige Lig.
- LAAIPLEK - Ons het altyd 'n parkering in God se laaiplek.
- LEWE - God gee lewe aan almal.
- LASTE -Â God help altyd ons laste dra.
- LEEG - Ons lewens sal leeg wees sonder God.
- LEES - Lees elke dag die Woord van God.
- LEED - God sal jou bystaan as jy leed ervaar.
- LEEN - Elkeen van ons is net geleen aan mekaar. Ons behoort aan God.
- LEEF - Leef elke dag voluit vir die Here.
·        LEIDSMAN – Hy lei ons volgens Sy Woord waar ons moet gaan
- LEWENSREDDER
VORIGE STUKKE? Kry van die vorige dagstukkies op ons webwerf, www.versndag.co.za.
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkiesofBybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou onlangs of in die verlede deurgekom het na
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus