Vers n dag - 4 November
Nuwe reeks: Ontdek God . . . van A-Z. Ons kyk elke dag na ’n ander letter en koppel dan God se eienskappe daaraan. Vandag is dit die letter “Dâ€.
D = Drie-Eenheid. Lees meer van die interessante terugvoer van lesers onderaan. Stuur ook jou idees vir “E†na
DAG 4: God is. . . ’n HEILIGE DRIE-EENHEID
Deur Benescke Janse van Rensburg
Een van die vrae wat ek gereeld van lesers ontvang is: “Benescke, verduidelik asseblief vir my die Heilige Drie-Eenheid van God op ’n eenvoudige manier. Waar is God? Waar is Jesus? En waar is die Heilige Gees?â€
In die Bybel lees ons drie keer van voorvalle waar God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees saam op een plek is:
1) MET DIE SKEPPING:
a. Genesis 1:2-3: “Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: ‘Laat daar lig wees!’ En daar was lig.†God is die Skepper. Jesus is die Woord van God. En die Heilige Gees is die krag wat die wonderwerke laat gebeur.
2) JESUS SE DOOP:
b.     Matteus 3:16-17: “Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos ’n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook ’n stem (van God) uit die hemel wat gesê het: ‘Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.’â€
3) MET STEFANUS SE STENIGING:
c. Handelinge 7:55-56: “Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan.â€
MAAR WAAR IS WIE VANDAG?
In Psalm 47:9 lees ons dat God in die hemel op sy troon sit. In Markus 16:19 lees ons dat Jesus weggegaan het om aan God se regterhand in die hemel te gaan sit. En in Johannes 14:16-18 en 25 lees ons dat Jesus aan sy dissipels sê dat Hy hulle nie as weeskinders sal agterlaat wanneer Hy weggaan nie, maar dat Hy vir God sal vra om vir hulle die Heilige Gees te stuur om ewig by hulle te bly.
So kortom, waar is God? Op sy troon in die hemel. Waar is Jesus? Aan die regterhand van God. En waar is die Heilige Gees? Op die aarde om ons daagliks te leer en te lei. Drie verskillende persone, maar tog ’n eenheid.
Hier is drie praktiese voorbeelde wat jou kan help om dit volgende keer makliker aan iemand anders te verduidelik:
1.     ’n Driehoek: Daar moet drie hoeke wees voordat ’n skets ’n driehoek genoem kan word. Net so bestaan die Heilige Drie-Eenheid van God uit drie verskillende persone. Tog is dit ’n eenheid.
2.     ’n Eier: Daar is drie dele. Die dop, die eierwit en die eiergeel. Saam maak dit ’n eier. Net só is die Heilige Drie-Eenheid van God drie verskillende persone, maar tog ’n eenheid.
3.     Oupa, pa en seun: Een man kan terselfdertyd al drie titels beklee. Hy kan ’n oupa wees, ’n pa en ook ’n seun vir iemand anders. Net so is die Heilige Drie-Eenheid van God drie en tog ’n eenheid.
Onthou, Jesus het ons nie as weeskinders agtergelaat nie, maar aan ons die Heilige Gees as geskenk gegee. Vir diegene wat die Heilige Gees in hulle lewens toelaat, tree Hy as ’n leidsman en vriend op. Dit is Hy wat ons vrees verwyder en ons met selfvertroue vul. Dit is ook Hy wat ons lei en troos wanneer ons hartseer is. Ek wonder: Maak jy daagliks tyd om jou ore te spits sodat jy sy stem kan hoor as Hy jou lei? Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U, u Heilige Gees vir ons agtergelaat het om ons daagliks te lei. Help my asseblief om daagliks nader aan U te groei soos ek meer van u karakter ontdek. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIE:
1)Â Â Â Â Â NUWE REEKS: Jy kan elke dag deelneem deur jou voorstelle vir elke letter na
INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS OOR “Dâ€:
Baie dankie vir al julle interessante terugvoer. Ek wens ek kon al die antwoorde plaas, maar ongelukkig is ons spasie beperk. Hier is van die interessantste antwoorde wat uitgestaan het:
- DIESELFDE/ DEURWINTER – God is gister, vandag en tot in alle ewigheid dieselfde!
- DUISTERNIS-OORWINNAAR – God oorwin en verwyder duisternis rondom ons wanneer ons Hom in ’n situasie innooi.
- DOEPA – Om Hom te prys, kikker my op.
- DOTJIE op die i – sonder Hom is ek onvolledig.
- DINAMIES – God is dinamies in alles wat Hy doen.
- DONSKOMBERS – God vou ons toe in sy liefde soos ons, ons in die winter met ’n donskombers toevou.
- DAGLIG – God is die daglig en sonskyn van ons lewens.
- DEURBRAAK – God bewerk die deurbraak in elke situasie in ons lewens.
- DOKTER – God is ons dokter as ons siek is. Hy genees ons en maak ons vry van sonde.
- “DE FACTO†– God is “DE FACTOâ€Â (werklik, feitlik en inderdaad).
- DÃÃR, DEEL van my, DEEGLIK, DEKSEL – sonder God is ek onvoltooid en verlore.
- · DEERNIS – God het deernis met ons elkeen. Hoeveel keer kon Hy nie ’n einde aan die wêreld bring nie, maar uit liefde het Hy dit nie gedoen nie.
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou onlangs of in die verlede deurgekom het na
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus