Vers n dag - 3 November
Nuwe reeks: Ontdek God . . . van A-Z. Elke dag word gekyk na ’n ander letter en God se eienskappe daaraan gekoppel. Vandag is dit “Câ€.
C = Christosentries (met Christus as die middelpunt). Lees meer van die interessante terugvoer onderaan en stuur ook jou idees vir “D†na
DAG 3: God is. . . CHRISTOSENTRIES
Deur Benescke Janse van Rensburg
Kom vir ’n oomblik saam met my terug in tyd. Kan jy die fluisterstemme tussen die geritsel van die blare hoor? Dit is Adam en Eva wat desperaat vir God probeer wegkruip. Net een boom in die tuin se vrugte was verbode en van daardie boom het hulle pas geëet. In ’n oogwink het sonde deel van ’n sondevrye skepping geword. Kon God die mensdom op daardie oomblik verwoes het? Natuurlik. Maar Hy het nie, want Hy het reeds aan sy Seun gedink.
Kom nou saam na ’n paar jaar later. Hoor jy die eerste reëndruppels neerplons op die groot ark van hout nadat die deur agter Noag en sy familie en die diere toegetrek is? Byna ’n eeu lank het Noag uit gehoorsaam aan God aan hierdie projek gewerk. Om hom was die samelewing egter deurdrenk met korrupsie, deurweek met moordgedagtes en deurtrek met losbandigheid. Niemand behalwe Noag het respek vir God gehad nie. Kon God die mensdom verwoes het? Natuurlik. Maar Hy het nie, want Hy het reeds aan sy Seun gedink.
Kom nou na die jaar 740 voor Christus. Sien jy hoe die profeet Jesaja die boodskap neerskryf wat God pas aan hom gegee het? Hoewel Jesaja min van die boodskap verstaan het, was hy besig om Jesus se lewe op aarde te beskryf soos wat dit 740 jaar later sou wees – ’n teken dat God reeds lankal geweet het dat Hy sy Seun aarde toe sou stuur. Luister weer na ’n paar voorspellings:
Jesaja 53:1-6: “Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie. . . Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. . . Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. . .â€
Kom nou saam na 33 jaar ná Christus (of 2000 jaar gelede). Kan jy die drie kruise op die heuwel van Golgota sien staan? Kan jy die uitdrukking van pyn op die middelste man se gesig sien? ’n Bloeddruppel gly meteens vanaf die doringkroon op sy kop langs sy wang af. Onmenslike pyn uit liefde vir die mensdom. Die gelag en spot van die soldate onder die kruis klink op: “Ander het hy gered, maar homself kan hy nie red nie! Laat hy nou van die kruis afkom en ons sal in hom glo. . . Hy het immers gesê hy is die Seun van God!†Kon God sy Seun op daardie oomblik van die kruis afgehaal het? Natuurlik. Maar Hy het nie, want Hy het ons elkeen se gesigte voor Hom gesien en wou uit liefde keer dat ons verlore gaan.
Efesiërs 1: 3-8: “So het God, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. . . Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe. . . Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het.â€
God is CHRISTOSENTRIES. Vir Hom staan Jesus sentraal in die skeppingsverhaal. Blaai maar deur die Bybel en jy sal agterkom dat Jesus vanaf Genesis tot Openbaring die hoofkarakter bly. Dit is uit liefde dat God ons mensdom ná die sondeval begin voorberei het vir die klimaks van die skepping, die koms van sy Seun, Jesus Christus. En dit is deur Jesus Christus se dood en opstanding dat ons vandag aan God kan behoort en ’n verhouding met Hom kan bou terwyl ons na Jesus se wederkoms uitsien. Dit is wat God uit liefde vir ons gedoen het. Maak jy van jou kant af moeite om Hom daagliks beter te leer ken? Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U deur al die eeue uit liefde besluit het om Jesus sentraal te hou in U skeppingsverhaal sodat ons met U versoen kon word. Help my om daagliks nader aan U te groei sodat ek meer en meer van U grootheid kan raaksien elke dag. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIE:
-
NUWE REEKS: Jy kan elke dag deelneem deur jou voorstelle vir elke letter deur te stuur na
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Aan die einde van die week word die kreatiefste deelnemer gekies wat 'n prys ontvang.
INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS OOR “Câ€:
-
CUM LAUDE: Alles wat God doen, is ’n cum laude werd!
-
CHIRURG: God besny ons harte van verkeerde houdings en ingesteldhede. God is die beste dokter vir ons liggaam en siel.
-
CHEF : (Psalm 23:5: “U laat my by ’n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ’n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.â€)
-
CHARISMA: Die Here is tog ons christene se charisma waarna die mense aangetrokke is, dan nie!
-
CHLOOR: God is soos CHLOOR. Hy maak troebel lewens weer helder en skoon.
-
CHAUFFEUR: Deur sy Heilige Gees lei Hy ons daagliks en sorg dat ons veilig bly.
-
VITAMIENE C: God is die Vitamiene C in ons lewens. As jy kyk waarvoor Vitamiene C alles goed is en waarvoor dit belangrik is dink veral in die Winter. Vitamiene C is ’n anti-oksidant en beskerm die liggaam teen stowwe wat hartsiektes en kanker kan veroorsaak.
-
CUSTOS: Bewaker
-
Engelse woorde: Creator of a masterpiece (me), Councilor, Comforter, Caring Father, The Center of my life, Compassionate, Creator,
-
CHRISTUSFEES: Ek sien met blydskap uit na die Christusfees (Kersfees) wat vir ons voorlê - wanneer ons dankbaar is teenoor die Vader vir Sy seun, Jesus Christus wat aarde toe gekom het om vir ons 'n voorbeeld te kon wees.
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkiesof Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou onlangs of in die verlede deurgekom het na
Â
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus