Vers n dag - 2 November
Nuwe reeks: Ontdek God . . . van A-Z. Elke dag word gekyk na ’n ander letter en God se eienskappe daaraan gekoppel. Vandag is dit “Bâ€.
B = Bron van alles (kyk onderaan vir van die interessante terugvoer van lesers – en skryf gerus jou voorstelle vir “C†na
DAG 2: GOD IS . . . DIE BRON VAN ALLES (Jakobus 1:17)
Deur Benescke Janse van Rensburg
Waar Kevin en sy vrou, Jacquie in Mei 2009 in die dokter se wagkamer gesit het, het beide se harte vinnig geklop. Watter nuus sou dié keer in die spreekkamer op hulle wag? Vir ’n oomblik het Kevin weer na Jacquie se swanger buik gekyk voordat sy gedagtes oor die afgelope dekade gegly het . . .
Kort ná die geboorte van hulle dogtertjie, Amy, in 2000 het Kevin en Jacquie besluit dat hulle nog ’n kind wou hê. Jacquie het vinnig swanger geword. Niks kon hulle egter daarop voorberei dat die dokter hulle tydens haar ondersoek op agt weke sou meedeel dat die baba se hartjie opgehou klop het nie. Dit was vir albei ’n geweldige slag.
Nadat Jacquie se liggaam genees het en sy en Kevin saam die trauma en verlies verwerk het, het sy weer swanger geword. Vir ’n tweede keer het hulle op agt weke gehoor dat hulle baba se hartjie opgehou klop het. Dit het ’n derde, ’n vierde en ’n vyfde keer gebeur. Met elke miskraam moes Kevin en Jacquie die stukke van hulle harte van voor af optel terwyl hulle God betraand om ’n wonderwerk gesmeek het.
Ná die vyfde miskraam is Kevin en Jacquie na ’n bekende spesialis in Kaapstad verwys. Hy het Jacquie ondersoek en ’n paar moontlike oorsake vir die miskrame geïdentifiseer. Hiervoor het hy haar op ’n kursus medikasie geplaas met volle vertroue dat sy haar baba enduit sou kon dra as sy weer sou swanger word.
Nie lank daarna was Jacquie weer swanger, maar op agt weke het hulle vir die sesde keer die hartverskeurende nuus gekry: Die baba het gesterf. Dié keer het dit gevoel asof hulle in ’n doodloopstraat beland het. Hulle het alles menslik moontlik gedoen om die probleem uit te skakel en steeds het dit nie gehelp nie.
Tydens ’n konferensie wat Kevin kort hierna bygewoon het, het die spreker vir siek mense gebid. Hy het spesifiek vir diegene gebid wat sukkel om swanger te word. In die ouditorium het Kevin opgestaan en vertrou dat God hom en Jacquie sou aanraak. Min het hy geweet dat God ’n paar dae later in sy stiltetyd op sy hart sou lê dat die tyd aangebreek het dat God aan hulle ’n baba sou gee. Die tweede gedeelte van God se boodskap aan Kevin was veral vir hom ’n geloofstoets: “Kevin, Ek wil hê dat julle alle medikasie moet stop en net op My vir ’n baba moet vertrou . . .â€
Om aan Jacquie die nuus oor te dra was nie ’n maklike taak nie. Sonder medikasie sou dit beteken dat hulle enige hoop dat dokters hulle kon help, sou prysgee om volkome op God te vertrou. Hulle het egter saam besluit om dit te doen.
Jacquie het weer swanger geword. Met haar ondersoek op agt weke in Mei 2009 het die trane oor Kevin en Jacquie se wange gestroom. Oor die monitor kon hulle duidelik hulle ongebore baba se hartjie hoor klop. Hulle gesonde babaseuntjie, David, is op 28 Desember 2009 gebore. David is nou tien maande oud.
Jakobus 1:17: “Elke goeie ding wat julle kry, elke present wat goed en reg is, kom van Bo af. . . Die Vader verander nie, Hy is soos ’n lig wat altyd skyn.†(Die Bybel vir Almal)
God is die BRON VAN ALLES. Sy tyd en manier is altyd perfek. Ek wonder: Wat is jou reaksie as dit jou langer as iemand anders neem om swanger te word of dalk om jou lewensmaat te ontmoet of om eindelik jou droom-werksgeleentheid te verkry? Ek moedig jou aan om nooit moed op te gee nie, maar altyd aan God, ons Bron, vas te hou terwyl jy op jou deurbraak wag. Sterkte.
Vader God, dankie dat U die BRON VAN ALLES is. Help my asseblief om nie so aan die wêreld en mensgemaakte hulpbronne vas te klou dat ek van U bonatuurlike krag vergeet nie. Lei my ook asseblief om in elke situasie aan U gehoorsaam te wees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Kyk na foto’s van Kevin, Jacquie en die kinders op die STORIES VAN HOOP bladsy op die sosiale netwerk, Fbook.
NUUSBROKKIE:
-
NUWE REEKS: Jy kan elke dag deelneem deur jou voorstelle vir elke letter te stuur na
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Aan die einde van die week word die kreatiefste deelnemer gekies en ontvang hy of sy ’n prys. Stuur jou voorstelle vir die verskillende letters sommer nou al.
INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS OOR “Bâ€:
-
Betroubaar, Bemoediger, Blydskap, Barmhartig, Betyds, Betrokke, Begin en die voleinder, Bedek ons met sy liefde, Bevry ons van ons sonde, Bo-baas Pappa, Bruidegom, Beitel (wat ons slyp), Bemoeienismaker, Beplanner van die toekoms.
-
God is ons BAKPOEIER. Met Hom in ons lewens kan ons tot nuwe hoogtes rys!
-
God is ons BANKIER waar ons al ons skatte bêre.
-
God gee die BOUSTENE vir ’n suksesvolle lewe.
-
God is ons BAGASIEDRAERÂ (Hy neem al ons probleme weg, wanneer ons dit vir Hom gee!)
-
God is ons BEWAARDER. As ons afdwaal en wilde diere ons kan vang, is Hy soos 'n Wildbewaarder daar om ons te help.
-
God is BÓ. . .
-
verhoudingsprobleme
-
finansiële probleme
-
hartseer en verlange
-
bekommernisse
-
vrees en depressie
-
en bó alle ander magte en kragte wat ons vreugde wil steel.
-
Â
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou onlangs of in die verlede deurgekom het na
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus