Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 1 November

NUWE REEKS: Dit is fantasties om terug te wees met ’n nuwe reeks. Vir die volgende paar dae gaan ons God se karakter nuut ontdek. Ek titel die reeks, Ontdek God . . . van A-Z. Elke dag sal alfabeties na die eienskappe van God gekyk word. Vandag is dit “A”. (Lees onderaan hoe jy daagliks kan deelneem.)


A = Alomteenwoordig (oral, van alle kante); Almagtig, Allerhoogste, Allesomvattend, Alfa (1ste letter van Griekse alfabet; Omega=laaste letter van alfabet), Adviesgewer, Alleenheerster; Alskeppend (wat alles voortbring); Alwetend (wat van alles weet); Hy is ons Anker.


GOD IS ALOMTEENWOORDIG

Deur Benescke Janse van Rensburg

Het jy al ooit deur ’n seisoen in jou lewe gegaan waarin dit vir jou gevoel het asof iemand jou in ’n watertenk vol haaie gegooi het sonder ’n hok rondom jou wat jou beskerm? Of dalk dat iemand jou in ’n veldslag ingestuur het sonder enige ammunisie of ’n wapenrusting? Of veel erger, asof jy met ’n spoed grond toe val en jy geen valskerm op jou rug dra om jou val te breek nie?

Nie een van ons is gevrywaar dat geen ongemaklike hindernisse van tyd tot tyd ons pad mag kruis nie. Tog kan ons weet dat God ALOMTEENWOORDIG is. Wanneer dit voel asof die haaie in jou werkplek of besigheidswêreld jou wil verslind, plaas Hy ’n hok van beskerming rondom ons. In die veldslag in die vorm van ’n finansiële krisis of ’n siekte wat, beskerm Hy ons van alle kante sodat geen noodlottige koeëls ons tref nie. En wanneer dit voel asof ons met ’n spoed grond toe val omdat ’n huwelik besig is om te eindig of ’n verhouding met ’n kind net nie wil regkom nie, gee Hy nie net aan ons ’n valskerm om die val te breek nie. Hy plaas ’n hyser rondom ons, wat ons boontoe neem na hoogtes in ons verhoudings wat ons nog nooit voorheen beleef het nie.

God se Woord beloof dat Hy agter ons is, voor ons, langs ons, bo ons en onder ons:

GOD IS AGTER ONS:.

  • Jesaja 30:21: “Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.”

GOD IS VOOR ONS:

  • Spreuke 3:5: “Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.”

GOD IS LANGS ONS:

  • Psalm 91:4,7: “God beskut jou onder sy vleuels en is vir jou 'n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante . . . Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.”

GOD IS BO ONS:

  • Psalm 33:13-15: “Die Here kyk uit die hemel, Hy sien al die mense, Hy kyk uit sy woonplek wat almal doen, almal wat op die aarde woon. Dit is Hy wat hulle verstand gemaak het en Hy weet alles wat hulle doen.”

GOD IS ONDER ONS:

  • Jesaja 40:31: “. . . dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.”

God is ALOMTEENWOORDIG. Hy weet wat in jou verlede lê en Hy bly lief vir jou. Hy weet wat in jou toekoms lê en daarom kan ons Hom vra om ons paaie vir ons gelyk te maak. Hy is langs ons en kan ons van die gevaarlikste vyand beskerm. Hy is bó ons en sien jou selfs waar jy sit en hierdie lees en Hy is onder ons om ons na hoër hoogtes te lig en aan ons hoop te gee wanneer ons moeg is en op moedverloor se vlakte wil gaan draai. Mag jy vandag sy teenwoordigheid in jou lewe ervaar. Sterkte.

Vader God, dankie dat ek kan weet dat U ALOMTEENWOORDIG is. Help my asseblief om nooit hoop te verloor nie, maar om myself eerder te herinner dat U slegs ’n gebed vêr is. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.


NUUSBROKKIE:

1)      NEEM DEEL: Jy kan elke dag deelneem deur jou voorstelle vir die volgende letter deur te stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Aan die einde van die week word die kreatiefste deelnemer gekies wat 'n prys ontvang. Stuur nou jou voorstelle vir “B”.

2)      AANTAL LESERS: Aan die begin van die jaar was ons doelwit vir die jaar om tot 50,000 intekenare te groei wat daagliks die dagstukkies ontvang. Ons het Vrydag hierdie teiken bereik en het nou 50 024 intekenare. As jy Vers-n-Dag geniet - vertel gerus vir jou vriende daarvan en sorg dat hulle ingeskryf word. Jy kan inteken by www.versndag.co.za


VORIGE STUKKE? Kry van die vorige dagstukkies op ons webwerf, www.versndag.co.za.

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur gerus vir ons jou getuienis van waar jy iets van God in jou lewe beleef het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. As dit aansluit by een van ons tema sal ons dit graag met die lesers wil deel. Dit kan oor enigiets wees. Dankie. Benescke

 

BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

Previous article: Vers n dag - 2 November Prev Next article: Vers n dag - 29 Oktober Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.