Vers n dag - 29 Oktober
6.        Wanneer dood die koninkryk besoek
Hennie Symington
Skriflesing
Nee, jule skoonheid moet die van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. 1 Petrus 3: 4.
Dood is so seker soos belasting
Daar is niks in ons kultuur wat ons kan oortuig dat die dood aanvaarbaar is nie. Wanneer die dood kom, vra hy nie; hy vat teen ons wil. Ons kan maar protesteer, onderhandel, wanhopig raak maar een ding is seker: dood sal ons kry al moet ons al protesterende uit die lewe uitgedra word.
Om die lewe af te sterwe
Daar is natuurlik ʼn ander soort afsterwe ook, soos die geleidelike afsterwe van ons jeugdigheid en daarmee saam ons gesondheid of ons sinne en ons liggaamlike aantreklikheid. In ʼn samelewing wat figuurlik gesproke eerder dood as oud wil wees, raak dit al hoe moeiliker vir mense om te aanvaar die jeug kan nie verewig hou nie.
Die obsessie met “make-oversâ€, gesigsontrimpelings en leuens oor ons ouderdom is alles pogings om in die hoofstroom van die lewe te kompeteer. Ja, om oud te word is hel op aarde vir die wat dit nie kan aanvaar nie. Snaaks genoeg is diegene wat hulle ouderdom met vreugde aanvaar, baie mooier as die wat so sukkel.
God maak nuut
Moenie jou ouderdom geringskat nie. Jou lewe en jare was nie verniet nie en het nie sonder wysheid gekom nie. Daar kom ʼn rypheid wat jou wat vir ander tot groot seën kan wees. Jy as patriarg of matriarg, moet die fakkel met grasie aangee aan die volgende geslag. .
Hoe gelukkig is diegene wat nie aan verydelde drome vasklou nie en voluit lewe tot die dag dat die dood werklik aan jou deur kom klop en kan vashou aan die die belofte van ʼn splinternuwe liggaam wat anderkant die dood vir ons wag. .
Gebed
Here, dis vir my baie swaar om oud te word. Ons wou so graag mooi lyk tot die laaste toe. Help vir my Here altyd die mooi in myself en in ander raak te sien. Amen