Vers n dag - 22 Oktober
Tema vir die week: God fluister liefdeswoorde aan die wêreld
1.        Op reis deur die koninkryk
Hennie Symington
Skrifgedeelte
Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom.
Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was, want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is. Heb. 11:8-10
Tomas sê toe vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?â€
Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.†Joh. 14:5-6
Is jy ʼn toeris of ʼn pelgrim?
Godsdiens vandag is iets soos ʼn toeristeparadys. Mense hou daarvan om slegs die hoogtepunte te ervaar en as dit nie na hulle sin is nie beweeg hulle aan.
ʼn Beter manier om langs hierdie weg te reis is die van ʼn pelgrim op die roete wat deur God vir ons uitgespel is. Elkeen wat die pelgrimstog aanpak is opnuut soos ʼn Abraham wat agter ʼn stem aan die wildernis in getrek het.
Galery van pelgrims
In Hebreërs 11 wys die apostel Petrus vir ons ʼn hele fotogalery van pelgrims wat die agterpaaie (off the beaten track) geneem het ʼn onsigbare koninkryk ontdek het. Die apostel beskryf hierdie pelgrims as vreemdelinge op hierdie wêreld. Soos ons is hulle immigrante met ʼn tydelike verblyfpermit in ʼn vreemde land. Ons hoort nie eintlik hier nie, en pas nie eintlik in by die tye waarin ons leef nie. Ons is burgers van ʼn land met ʼn “ander koning†wie se koninkryk nie van hierdie geweste is nie. Ons is, in die woorde van Paulus, ambassadeurs van daardie veraf koninkryk wat daagliks geloofsbrewe met ons eintlike koning uitruil.
Die gevaar is natuurlik dat ons ons so gemaklik tuismaak hier op aarde dat ons vergeet waarvandaan ons kom. En voor ons weet is ons genaturaliseerde burgers van ʼn vreemde land. Deur ons kompas op koers en ʼn teleskoop op ons ons bestemming te hou, sal ons ons tuiskom daar waar ons Koning reeds met verlange uitsien na sy kinders se koms.
Gebed:
Here, vergewe ons dat ons so gemaklik ingeburger raak in die aardse. Dankie vir u reisprogram wat ons oog op ons eintlike bestemming rig. Amen