Vers n dag - 21 Oktober
14.  Om die koninkryk in ons gesinne te laat kom
Hennie Symington
Skrifgedeelte
Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.†Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.†Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem. Joh. 19:26-27
Die gesin is ʼn koninkrykie in die kleine met sy eie ruimte, sy eie wette, sy eie baas, en die onderkeie onderdane. Maar van God se koninkryk binne die gesin kom daar in baie gevalle nie
veel tereg nie. Die koninkrykie word dikwels geteister deur magstryde, opstand, jaloesie, oorlog, armoede en onenigheid.
Daarom dra ons vandag ons gesinne op aan die Koning wat heers oor alle koninkryke in die hemel en op aarde.
Here, vandag raak ons stil voor U om te bid vir ons gesinne.
Eerstens bid ons vandag vir ons gesinne saam met wie ons daagliks leef met al hul lief en leed.
Gee dat wanneer daar onenigheid is,
ons gou sal vergewe en vergeet.
Help ons om nuwe toevoegings tot ons gesin in liefde te aanvaar en die wat veeleisend en moeilik is nie af nie jak nie.
Ons dra vandag die enkelouergesinne aan u op
Skenk aan daardie moeder of vader die krag en wysheid
wat hulle nodig het om die gesin op koers te hou.
Herinner vriende en bure daaraan om ‘n ogie te hou en in te staan waar ʼn ouer te kort skiet.
Ons bid ook in die besonder vir oumas en oupas wat moet instaan waar die ouers afwesig is.
Ons bid vandag vir hersaamgestelde gesinne.
Here, gee hulle die nodige liefde en deursettingsvermoë
en bewaar hulle van selfsug en jaloesie.
Help hulle om te werk aan ʼn nuwe gesin waar elkeen ʼn plek sal hê sodat hulle sterk gesinsbande kan herbou.
Ons bid veral vir die talle kinders in ons land
wat moet instaan vir ouers wat siek is of reeds oorlede is.
U weet hoe nodig hulle ons het.
Help ons om ook ons plig teenoor ons gemeenskap na te kom om waar ons kan, kinders wat nie ʼn kans het nie,
onder ons vlerk te neem
Here, U weet beter as ons
dat gesinne oral in ons land in krisis is.
Hulle word bedreig deur armoede, uibuiting en geweld.
Kinders word groot sonder die liefdevolle hand van ʼn ouer
of iemand wat omgee.
Help ons om iets van die geluk wat ons in ons eie gesinne smaak, aan ander te bied.
Gee dat ons mekaar sal liefhê soos u ons liefhet. .
Here, laat u koninkryk kom ook in die gesinne van ons land.
Amen