Vers n dag - 20 Oktober
13.  Die kerk as verteenwoordiger van die koninkryk
Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. Matt. 23:13
Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam.â€Â 1Tim. 6:18
In die rus van eeue gesus?
Die meeste goeie en gereelde kerkgangers hou nie van te veel realiteit in die erediens nie. Sondag is Sondag en ons gaan om ʼn preek te hoor wat hou by die liturgie en inhoud waaraan ons gewoond is en wat ons laat goed voel.
Die vraag is: skort daar nie dalk iets met ʼn kerk wat Sondag vir Sondag gepak is met mense wat die kerk as ʼn wekruipplek weg van die wêreld daar buite sien nie? Of waar onderwerpe soos sosiale geregtigheid, rassisme, armoede, gebrek aan behuising en ander ongemaklike sake nie hoog op die prioriteitslysie is nie? Miskien voel mense hulle kry genoeg daarvan deur die week en Sondae wil hulle in die kerk sielerus vind en lekker sing.
“Ontwaak jy wat slaap …â€
Natuurlik moet mense ʼn lafenis by die kerk kry maar ons kom tot nie kerk toe om aan die slaap gesus word nie. Die kerk as die verteenwoordigende liggaam van die koninkryk van die hemel het tot sekerlik ʼn profetiese stem om te laat hoor. Ons is nog nie in die hemel nie en al is ons figuurlik gesproke nie van hierdie wêreld nie is ons nog steeds in hierdie wêreld met al sy eise.
Jesus oortree die kerkwet
Jesus self het mense gesond gemaak op die sabbatdag en die status quo van die kerk van daardie tyd uit gedaag. Hy het selfs so ver gegaan om die opsieners van die kerk witgepleisterde grafte te noem. Vir hom is dit net logies dat die nood van mense eerste aangespreek moet word. Sy lering in die tempel was alles behalwe die gewone geykte boodskappe. Hy het van mense verwag om God se liefde konsekwent en sonder skynheiligeid uit te dra.
As jy dus Sondag in die kerk sit, luister met een oor na die predikant en met jou ander oor na die hartklop van sy wêreld daarbuite.
Here, vergewe ons as ons dink die kerk is net daar om ons aan die slaap te sus wanneer daar ʼn wêreld in nood is wat wag op die kerk.