Vers n dag - 23 September
HUIDIGE REEKS: FAMILIE, HUWELIK, OUERSKAP, ENKELLOPERS
DAG 14: GLO JY IN JOU EN JOU GELIEFDES SE DROME?
Deur Benescke Janse van Rensburg
Ek hoor onlangs die storie van Charles Monroe Schulz, oftewel Sparky, soos al sy vriende hom genoem het. Sparky was van jongs af lief vir teken. Ongelukkig het nie een van sy onderwysers sy prente as besonders of buitengewoon beskou nie en is dit dikwels afgekeur vir die jaarboek.
Hoewel Sparky baie teenkanting beleef het, het sy ma in hom geglo en hom aangemoedig om aan te hou teken. Sparky het dit gedoen en veral daarvan gehou om hul familiehond, Spike, in ’n animasievorm te teken.
Ná sy weermagopleiding het Sparky as ’n kunsonderwyser begin werk. Hier het sy animasie-strokies in plaaslike koerante begin verskyn. Sy groot deurbraak het egter in 1948 gekom toe ’n groot koerantmaatskappy van een van sy konsepte gehou het en ’n kontrak met hom gesluit het.
Min het Sparky se vriende en familie, wat altyd vir sy prente van Spike gelag het, besef dat Spike later as “Snoopy†bekend sou word in Sparky se immergewilde strokie, Peanuts. Oor die volgende vyftig jaar het Peanuts in sowat 2,600 koerante in 75 lande verskyn. Met Sparky se dood in 2000 het hy na raming $1.1 biljoen (sowat R8 biljoen) vir sy animasiewerk verdien.
Die Psalmdigter, Dawid, het verstaan dat God in ons potensiaal glo – selfs al skiet ander mense ons pogings af. Luister weer na sy woorde in Psalm 139:
Psalm 139:13-17: “U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!â€
Watter van jou drome lê en stof opgaar? Het jy dalk ook teenkanting ervaar wat jou laat moed opgee het? Wat is jou geliefdes se drome? Het jy al ooit moeite gedoen om uit te vind? Ondersteun jy hulle sodat dit ’n werklikheid kan word?
Kies om van vandag af met God oor jou drome te gesels. Vra Hom raad en leiding. Vind ook uit watter drome steeds in jou geliefdes se harte broei. Jou ondersteuning, net soos Sparky se ma s’n, kan dalk verseker dat hulle ook aanhou om hul drome na te streef wanneer dit veel makliker lyk om moed op te gee. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U drome in my hart geplaas het en dat U my uniek geskep het. Lei my asseblief om nooit my drome op te gee nie, maar doelbewus daarna te streef om dit te verwesenlik. Lei my asseblief ook om my geliefdes se drome raak te sien en hulle te ondersteun om alles te bereik wat U in hul harte geplaas het. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Kyk foto’s hier:
- Charles Monroe Schulz: http://en.wikipedia.org/wiki/File:Charles_Schulz_NYWTS.jpg
- Peanuts: http://peanuts.com/
Â
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
o        Saterdag 16 Oktober 2010 in Somerset-Oos. Kontakpersoon: Tersia Botha by
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus