Vers n dag - 22 September
HUIDIGE REEKS: FAMILIE, HUWELIK, OUERSKAP, ENKELLOPERS
DAG 13: GOD KAN ’N GEBROKE GESIN IN ’N GESIN VAN HOOP VERANDER
Deur Benescke Janse van Rensburg
[AGTERGROND: Ek kry gereeld e-posse van lesers wat vertel hoe ’n verslawing (drank, dwelms, pornografie, dobbel, eet, ensovoorts) hul huisgesin opbreek. Vandag wil ek een van ons lesers se getuienis deel oor hoe God ’n gesin wat deur ’n drankverslawing verlam was, in ’n gesonde, gelukkige gesin verander het.]
Leser: “Ek is nou 17 jaar getroud met ’n wonderlike man en ons het twee pragtige kinders. Ons verhouding is vandag fantasties, maar dit was nie altyd so nie.
“My man het van jongs af baie gedrink. Hy het baie moeilike kinderdae gehad en drank was sy manier om van die werklikheid te ontsnap. In 2005 het ek hom verlaat omdat ek nie langer met ’n volslae alkoholis kon saamwoon nie. Ons kinders het dit al as vanselfsprekend aanvaar dat hul pa meestal dronk was.
“Ek was steeds baie lief vir my man en nadat hy hart en mond beloof het dat hy sou ophou drink, het ek na hom teruggegaan. Drie maande lank het dit baie goed gegaan voordat hy weer in sy ou patroon teruggeval het. Hy was weer elke dag dronk.
“In Januarie 2009 het ek ná ’n laataand-skof by die huis gekom om my besope man en ’n erg ontstelde kind by die huis aan te tref. My man het die kinders net daar gelos terwyl hy saam met sy vriende gaan drink het en selfs dwelms gebruik het.
“Ek het net daar halt geroep en my man voor ’n keuse gestel: Óf hy gaan na ’n rehabilitasiesentrum wat hom met sy probleem kan help óf ons kom nie weer terug nie. Al het ek hom liefgehad, het ek die skade van sy verslawing op die kinders gesien.
“Ek het God gesmeek dat Hy in my man se hart moes werk. Ek het aan Hom gesê dat ek weet die mens het ’n vrye keuse, maar ek het Hom gesmeek om in te gryp en my man te oorreed om ons te kies bó die drankbottel. Die volgende dag het my man aangekondig dat hy, homself by ’n rehabilitasiesentrum gaan inboek.
“Van die oomblik toe my man by die rehabilitasiesentrum ingestap het, het God in sy hart begin werk. Vandag is hy een jaar en agt maande sober en sê die behoefte om te drink het verdwyn. My kinders is gelukkig en ons verhouding is beter as ooit. Ek dank ons hemelse Vader dat hy ingegryp het, in my man se hart gewerk het en ons gesin gered het. Net God kan só ’n verskriklike verslawing breek. Alle eer aan Hom!â€
Hierdie leser is reg. Jesus het gesterf sodat Hy ons van enige houvas op ons lewens kan vrymaak. Luister weer na sy woorde in Lukas 4:
Lukas 4:18-19: “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te
stuur. . .â€
Is daar dalk ’n verslawing in jou gesin wat jou of ’n geliefde al dieper die donkerte intrek? Pornografie? Alkohol? Kos? Dobbel? Medisyne? Jesus kan jou en/of jou geliefde uit hierdie donker gevangenes uitlei en aan julle die volkome oorwinning oor enige verslawing gee. Draai na Hom. Roep Hom aan. Wanneer Hy jou en/of jou geliefde vrymaak, sal julle waarlik vry wees. Sterkte.
GEBED VIR DIEGENE MET ’n VERSLAWING:
Vader God, baie dankie dat ek met elke uitdaging in my lewe na U toe kan kom. Ek bely vandag my afhanklikheid van (noem jou verslawing) en ek pleit by U in die Naam van Jesus Christus dat U my sal vrymaak van die houvas wat die vyand deur die verslawing op my lewe het. Versterk my asseblief deur u Heilige Gees wanneer ek myself in ’n situasie bevind waar ek my kan vergryp en help my om weg te stap sodat ek U en my gesin bo die verslawing sal stel. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
VIR DIE FAMILIELID VAN IEMAND MET ’N VERSLAWING:
Vader God, baie dankie dat ek met elke uitdaging in my lewe na U toe kan kom. Ek bely dat ek soms gefrustreerd en raadop raak met (naam van jou geliefde). Vergewe my daarvoor en versterk my met wysheid en geduld sodat ek sal weet hoe om op te tree. En dra (naam van jou geliefde) aan U op. Raak asseblief sy/haar hart aan en verlos hom/haar van die houvas wat die vyand met hierdie verslawing op hom/haar het. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
- VIDEOGREEP: Kyk videogreep van hoe God mense uit verslawing vrygemaak het: http://www.settingcaptivesfree.com/
- FOTO: Kyk na ’n foto van Dot Smit se kleinkind (gister se storie) wat tydens die aardbewing in Nieu-Seeland geboorte geskenk het by die “Stories van Hoopâ€-bladsy op die sosiale netwerk, Fbook.
NUUSBROKKIES:
Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
- Saterdag 16 Oktober 2010 in Somerset-Oos. Kontakpersoon: Tersia Botha by
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 042-2432080 of 0828755440.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus