Vers n dag - 21 September
HUIDIGE REEKS: FAMILIE, HUWELIK, OUERSKAP, ENKELLOPERS
DAG 12: ROEP GOD AAN IN JOU UUR VAN NOOD. . .
Deur Benescke Janse van Rensburg
[Agtergrond: Op 4 September het Nieu Seeland ’n aardbewing van 7.1 op die Richterskaal beleef. Hier is ’n getuienis van Dot Smit, een van ons lesers, wat vertel hoe God haar en haar familie te midde van hierdie ramp beskerm het.]
Dot: “Ek kuier op die oomblik by my kinders in Nieu Seeland. Op 3 September was ons by my kleindogter in die hospitaal waar sy opgeneem is vir haar bevalling. Sy is die Vrydagaand om 18:00 opgeneem en het ’n baie lang en moeilike bevalling gehad.
“Om 04:00 die oggend van 4 September het haar vroedvrou besluit om haar met ’n suigapparaat te help om geboorte te skenk. Net toe al die instrumente gereed was, het my kleindogter weer ’n kontraksie gekry. Die baba se koppie het begin wys. Skielik was daar ’n snaakse gerammel voordat die gebou heen en weer begin swaai en ruk het. Ons het besef dat ons in die middel van ’n aardbewing was!
“Geskok het ek besef dat net God ons nou kon help. Ek het my kleindogter se hand vasgegryp en begin om die Naam van Jesus aan te roep terwyl die dokter haar moes bystaan. Dit was ’n paar minute lank stil waartydens die baba eindelik gebore is. Toe sy die eerste keer skree, het die naskok van die aardbewing ons egter getref.
“Ten spyte van my hart wat verskriklik woes geklop het, het ek die hele tyd aangehou bid en God se Woord en beloftes aangehaal. Deur die genade van ons wonderbare God het ek daar, te midde die chaos, die bewustheid van God se nabyheid by ons beleef.
“God was so oneindig goed vir my kleindogter, want sy was heeltemal onbewus van die feit dat daar ’n aardbewing was. Sy het eers met die naskok besef wat gebeur het en waarom haar man gestaan en huil en bid het.
“Toe alles tot stilstand kom, het sy vir my gesê: ‘Ouma, dit is so wonderlik om te weet dat die hemele gedreun het met engelesang toe Jesus gebore is. Vanoggend is my baba gebore terwyl die aarde skud!’â€
“Ek gee aan ons grote GOD al die eer dat Hy ons in so ’n skrikwekkende ondervinding toegevou het met sy liefde en beskerming en dat my kinders se huis ongeskonde bly staan het. Ek kan nie anders nie as om saam met die Psalmis te sê: ‘. . .al waggel die aarde en wankel die berge weg in die hart van die see, nogtans vertrou ek op die Here my God!’â€
Psalm 46:2-4: “God is vir ons ’n toevlug en sterkte . . . Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! . . . Die HERE van die leërskare is met ons. . .†(1953-vertaling)
Dot is reg. Selfs al voel dit asof die wêreld rondom ons waggel en wankel, kan ons na God uitroep om ons en ons geliefdes te beskerm. Hy hoor nie net ons gebede nie, maar Hy stuur ook sy engele om ons by te staan en te beskerm. Was daar engele in die hospitaalsaal saam met Dot en haar familie? Ek betwyfel dit nie vir ’n oomblik nie. Onthou, God is ons Vader. Daarby is Hy ook die Here van die leërskare. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek U kan vra om na my lewe en na my geliefdes se lewens om te sien. Help my asseblief om in tye van nood en paniek te onthou dat U daar is om ons te beskerm. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
o        Saterdag 16 Oktober 2010 in Somerset-Oos. Kontakpersoon: Tersia Botha by
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus