Vers n dag - 17 September
HUIDIGE REEKS: FAMILIE, HUWELIK, OUERSKAP, ENKELLOPERS
DAG 10: HERKEN DIE VERSOEKINGS. . . (DEEL 2)
Deur Benescke Janse van Rensburg
Gestel jy het ’n ysterplaat met ses openinge. Bedek nou vyf van die openinge. As jy ’n gasbrander van onder af sou brand, sal jy vind dat die volle vlam van onder af hoog by die een oop gat uitbrand.
Maak nou nog ’n gat oop. As jy weer met die gasbrander van onder af brand, sal jy vind dat die vlam wat vroeër hoog by een opening uitgebrand het, nou by albei die openinge uitbrand. Die vlam is egter kleiner is as toe daar net een opening op die ysterplaat was. Met elke gat wat oopgemaak word, sal die vlam van onder af kleiner bo die ysterplaat uitbrand.
Dieselfde geld in ons huwelike. Die gate in die ysterplaat simboliseer die moontlike area waar die vyand jou op kan verlei of mislei om jou maat te benadeel.
Wanneer jy getrou en lojaal bly aan jou huweliksmaat en wegstap van elke versoeking wat oor jou pad kom, brand jou vlam hoog uit by die opening wat daarvoor bedoel is. Indien jy egter begin rondkyk, flankeer met mense buite jou huwelik of jouself aan pornografie oorgee, begin die vlam wat aanvanklik hoog gebrand het, al laer brand. Stop jy dit nie, sal jy vind dat die vlam in jou huwelik later totaal uitgebrand is.
Regdeur die Bybel word ons gewaarsku teen die gevaar van buite-egtelike verhoudings. Luister weer na hierdie drie waarskuwings:
1 Korintiërs 6:18-19: “Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat 'n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam. . .â€
Spreuke 6:24-26: “My onderrig sal jou beskerm teen die slegte vrou van ’n ander wat jou met haar gladde tong wil verlei. Moenie dat haar skoonheid jou begeerte wek nie, moenie dat sy jou vang met haar oë nie. Jy kan ’n prostituut kry vir ’n stuk brood, maar owerspel kan jou lewe kos.â€
Spreuke 6:27-29: Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark sonder dat jou klere aan die brand raak? Kan jy op brandende kole loop sonder dat jy jou voete verbrand? Net so min kan jy by ’n ander man se vrou slaap sonder om gestraf te word, jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie.
Hoe hoog brand jou vlam? Is dit vir jou ’n prioriteit om daagliks vir jou huwelik te bid? Mag jy elke dag besluite neem wat die openinge op die ysterplaat toehou sodat jou vlam hoog brand en God trots kan wees op jou huwelik. Sterkte!
Vader God, baie dankie vir u liefde en trou. Help my asseblief om versoekings te herken en verkeerde verhoudings in my lewe te verwyder voordat dit te laat is. Gee aan my die krag om daagliks besluite te neem waarop U trots kan wees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
o        Saterdag 16 Oktober 2010 in Somerset-Oos. Kontakpersoon: Tersia Botha by
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus