Vers n dag - 27 September
HUIDIGE REEKS: FAMILIE, HUWELIK, OUERSKAP, ENKELLOPERS
DAG 15: BEHAAL OORWINNING OOR “VERHOUDINGSDIEWE†– DEEL 1
Deur Benescke Janse van Rensburg
[Agtergrond: In Johannes 10:10 lees ons dat die vyand as ’n dief kom om te steel, slag en verwoes. Jesus het egter gekom sodat ons lewe in oorvloed kan hê. Oor die volgende twee dae wil ek gesels oor tien “verhoudingsdiewe†wat ons verhoudings (tussen man en vrou, ouers en kinders, skoonouers en aangetroude kinders, kollegas of vriende) daagliks aanval met die oog daarop om dit te vernietig. Neem deel deur aan ons te skryf wat jy dink die grootste diewe is:
DIEF 1: GAAN SLAAP KWAAD
Efesiërs 4:26-27: “As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie.â€
Wat is jou reaksie wanneer jy genoeg rede het om kwaad te word? Gaan slaap jy op die bank? Kry jy stilstuipe en vermy jou huweliksmaat, jou vriendin of selfs ’n ouer dae lank? Of is jy eerste om die telefoon op te tel om só te verhinder dat ’n dag kwaad afgesluit word?
Â
DIEF 2: ONGEKOMMUNIKEERDE VERWAGTINGE
Ongekommunikeerde verwagtinge is seker een van die grootste areas waarin die vyand verhoudings aanval. Dink byvoorbeeld: ’n Skoonma het ’n verwagting dat haar skoondogter haar elke tweede dag moet bel. ’n Pasgetroude man het ’n verwagting dat hy en sy vrou elke aand sal seks hê of ’n vrou dat haar man al die uitgawes in die huis moet betaal omdat dit is hoe sy grootgeword het. Of ’n vriend het ’n verwagting dat sy vriend hom saam op vakansie sal nooi.
Â
As hierdie verwagtinge nie bevredig word nie, word iemand teleurgestel. Soms ervaar die teleurgestelde persoon ook ’n mate van verwerping. DÃt terwyl die ander persoon salig onbewus is van wat aangaan. As die gevoel van teleurgesteldheid en ook die verwagting nie gekommunikeer word nie, lei dit mettertyd tot konflik. En as konflik nie reg hanteer word nie, kan twee mense al verder van mekaar af wegdryf. Is dit dalk tyd om jou verwagtinge opnuut aan jou huweliksmaat, jou ouers, jou vriendinne en selfs jou skoonouers te kommunikeer?
DIEF 3: ONGEDULD
1 Korintiërs 13:4: “Die liefde is geduldig. . .â€
Is daar enigiets leliker as ongeduld – veral in die publiek? Het jy al geluister hoe maklik mans en vrouens half ongeduldig hul huweliksmaats tussen mense sal stilmaak of reghelp? Het jy al in ’n winkel gestaan en geluister hoe ’n tiener ongeduldig teenoor haar ma optree? Is jy dalk iemand wat maklik ongeduldig raak? Maak ’n punt om voortaan ’n wag voor jou mond te plaas voordat jy met jou ongeduld, jou maat of geliefde van sy of haar selfvertroue stroop.
DIEF 4: SELFSUGTIGHEID
1 Korintiërs 13:5: “Dit (die liefde) . . . soek nie sy eie belang nie. . .â€
Ons menslike aard veroorsaak dat ons meestal eers aan ons eie belange dink voordat ons iemand anders in ag neem. As ’n mens nie oplet nie, kan dit in selfsug omsit omdat jy nou ook in ’n vriendskap, huwelik, gesin of werksplek net aan jou eie belange dink – ten koste van ander.
DIEF 5: ’N TONG WAT NIE IN TOOM GEHOU WORD NIE
Spreuke 21:19: “Liewer in ’n woestyn woon as by ’n twisgierige vrou (of man) wat aanhou neul.â€
Spreuke 25:24: “Liewer bo-op ’n dak woon as saam met ’n twisgierige vrou (of man) onder een dak.â€
Wat is die geur wat jy met jou saamdra? Is dit een van liefde of kla jy die heeltyd? Mag jy van vandag af daarop fokus om jou tong in toom te hou sodat jou geliefdes verkies om by jou te woon – eerder as bo-op ’n dak of in ’n woestyn!
Vader God, baie dankie dat U Woord aan ons riglyne gee van hoe ons in ons verhoudings behoort op te tree. Lei my asseblief om my tong in toom te hou, om nie ongeduldig of selfsugtig teenoor my geliefdes op te tree nie, om my verwagtinge te kommunikeer en om nooit ’n dag kwaad af te sluit nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
* NEEM DEEL: Wat dink jy is die grootste verhoudingdiewe? Stuur gerus jou antwoord na
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
o        Saterdag 16 Oktober 2010 in Somerset-Oos. Kontakpersoon: Tersia Botha by
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus