Vers n dag - 15 September
HUIDIGE REEKS: FAMILIE, HUWELIK, OUERSKAP, ENKELLOPERS
DAG 8: WAT GAAN JY AGTERLAAT: MATERIËLE BESITTINGS OF ’N NALATENSKAP?
Deur Benescke Janse van Rensburg
Die Amerikaanse professor Leslie Williams vertel die storie van haar oupa wat ’n suksesvolle oliemagnaat was. Op ’n dag moes haar oupa iemand dagvaar wat onwettig olie uit sy eiendom onttrek het. Haar oupa het die saak verloor omdat die ander man die regter omgekoop het. Dit het Leslie se oupa met enorme regskoste gelaat. Eerder as om bankrot verklaar te word, het hy besluit om sy skuld af te betaal. Die ander man het geld vir sy familie nagelaat, maar Leslie se oupa het ’n nalatenskap van eer agtergelaat.
Romeine 5:3-5: “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.â€
Lees ook die Engelse weergawe van hierdie teksvers: “We also rejoice in our sufferings, because we know that suffering produces perseverance; perseverance, character; and character, hope.â€
Mag jy daarna streef om nie net vir jou kinders en die mense om jou materiële besittings agter te laat nie, maar mag hulle jou eerder onthou vir jou karakter en integriteit in elke besluit wat jy moes neem. En mag jy só teenoor jou huweliksmaat en gesin optree dat jou kinders nie kan wag om self ook gesonde en gelukkige huwelike en gesinne te bou nie. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek in swaar tye my geloof en vertroue in U kan plaas met die wete dat U swaar tye kan gebruik om my karakter te vorm. Lei my daagliks om met integriteit op te tree. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
o        Saterdag 16 Oktober 2010 in Somerset-Oos. Kontakpersoon: Tersia Botha by
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus