Vers n dag - 14 September
HUIDIGE REEKS: FAMILIE, HUWELIK, OUERSKAP, ENKELLOPERS
DAG 7: FOKUS OP LIEFDE EN RESPEK
Deur Benescke Janse van Rensburg
[Agtergrond: Behandel jy jou man met respek sodat hy sy rol as leier en hoof van die huisgesin met selfvertroue kan inneem? Behandel jy jou vrou só dat sy met selfvertroue voel dat jy haar ten volle as jou helper aanvaar en liefhet? Hier is ’n getuienis van hoe liefde en respek ’n huwelik kan verander.]
In Oktober verlede jaar het een van ons lesers vir my twee e-posse gestuur. Ek het haar onlangs gekontak om te hoor hoe dit nou gaan. Hier is ’n uittreksel uit verlede jaar se e-pos en ook uit die e-pos wat ek onlangs van haar ontvang het:
Deel 1 (Oktober 2009): “Ek is onlangs gehospitaliseer vir depressie en angsversteuring. Dit gaan sleg in my huwelik. Soms roep en pleit ek dat God my hart teenoor my man moet verander. Ek sukkel soms met gedagtes dat ek moet skei, maar dan dink ek aan my kinders wat verskriklik lief is vir hulle pappa. Daar is geen vertroue of respek in ons huwelik oor nie. Hoe kry ek my veglus terug om vir my huwelik te baklei?â€
Deel 2 (Oktober 2009): “Ek het Vrydagaand al die dinge wat krap en kneus met my man bespreek. Hy was woedend en aanvallend, maar deur God se genade het ek kalm en rustig gebly. Ná ons gesprek het hy om verskoning gevra vir al die seer wat hy veroorsaak het en gesê dat hy dit sal probeer regmaak. Hy het ook vir my dinge uitgewys waaraan ek nou werk. My hart voel ligter en ek ervaar ’n verandering by die kinders noudat dit beter tussen my en my man gaan.â€
Deel 3 (September 2010): “Ek het onlangs met ’n skok besef hoe maklik ’n ma só gefokus kan raak om haar eie kinders teen boelies en onregverdige optrede van hulle pa te beskerm, dat ons in die proses ons mans afskeep. Dit is wat met my gebeur het. Ek en my man het vir drie weke lank deur ’n geweldige moeilike tyd in ons huwelik gegaan. Dit het só erg geraak dat my man vir my gesê het dat ek en my seuns vir ons ’n ander blyplek moes kry. Die hardheid en bitterheid in hom het my diep geskok. Ek het hom gevra wat hy nodig het om die situasie om te draai. Sy antwoord: ‘Respek. Net dit. Niks meer nie. Net jou en die seuns se respek.’
“Op daardie oomblik het ek só skaam gekry. Ek het besef dat ek alles volgens die boek probeer doen het, maar nooit my man met respek behandel het nie. Ek het my plig versuim om sy hande te vat en hoog te hou. Ons het daaroor gesels en ek het begin om ’n doelbewuste poging aan te wend om hom met respek te behandel. Die gevolg? My man het skielik sy plek as hoof van die gesin begin opeis en volstaan.
“Ons het onlangs ons huweliksherdenking gevier en my man het my voete onder my uitgeslaan met die mooiste kaartjie wat hy self ontwerp het met die diepste woorde daarin! Ons het albei die dag van werk afgevat en saam deurgebring. Dit was wonderlik. Al staan ons gekneus, staan ons nader as ooit tevore aan mekaar en ook aan Hom!â€
Efesiërs 5:21-25: “Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is. Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is . . . Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het. . .â€
Soms vertolk mans sowel as vroue die gedeelte oor onderdanigheid in ’n negatiewe lig. Die waarheid is egter dat dit God se orde in die huwelik demonstreer. Nie een is “baas†oor die ander nie, maar eerder uit eerbied vir Christus is die man én vrou aan mekaar onderdanig. God wil hê dat vrouens hul mans van onder af moet opstoot deur hulle met respek en liefde te behandel. En Hy wil hê dat mans hulle vroue van bo af hoër moet optrek deur hulle met liefde, respek en aanvaarding te behandel. Ek wonder: Is dit wat jy in jou huwelik doen? Sterkte.
GEBED VIR GETROUDES
Vader God, baie dankie vir die orde vir ’n huwelik wat ons uit u Woord kry. Help my asseblief om my huweliksmaat tot die beste van my vermoë by te staan en om te alle tye met liefde en respek teenoor my maat op te tree. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
GEBED VIR ’N ONGETROUDE WAT ’N HUWELIKSMAAT BEGEER
Vader God, baie dankie vir u orde waarvan ons in die Woord lees. Berei my asseblief voor om gereed te wees vir die maat wat ek vertrou dat U oor my pad sal stuur. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
o        Saterdag 16 Oktober 2010 in Somerset-Oos. Kontakpersoon: Tersia Botha by
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus