Vers n dag - 13 September
HUIDIGE REEKS: FAMILIE, HUWELIK, OUERSKAP, ENKELLOPERS
DAG 6: BOU DIE REGTE FONDAMENT
Deur Benescke Janse van Rensburg
Op ’n dag was daar ’n verstandige man wat sy huis op rots gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom en winde het teen die huis gewaai en daaraan geruk. Tog het dit nie ineengestort nie, want die huis se fondament was op rots.
Sy buurman het sy huis op sand gebou. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom en winde het teen die huis gewaai en daaraan geruk. Die huis het ineengestort en is heeltemal verwoes.
Kom ons lees weer hierdie storie:
Op ’n dag was daar ’n verstandige man wat saam met sy vrou hul huwelik op God gebou het. Die stortreën in die vorm van stres by die werk, geleenthede om ’n buite-egtelike verhouding aan te knoop, geldelike probleme en/of siekte, het hard aan hul huwelik geruk. Tog het hulle telkens saam na God gegaan om Hom vir antwoorde te vra. Hul liefde vir God en vir mekaar het hulle telkens deurgedra, want hul huwelik was op God se fondament gebou.
Hierdie paartjie se bure het hulself “Christene†genoem, maar nie hulle verhouding met God ’n prioriteit gemaak nie. Die stortreën in die vorm van stres by die werk, geleenthede om buite-egtelike verhoudings aan te knoop, drank, geldelike probleme en/of siekte het hard aan hulle huwelik geruk. Nie net het hulle geswig voor die versoekings nie, maar die druk het hulle ook uitmekaar gedryf en veroorsaak dat albei groener weivelde gaan soek het. Uiteindelik het hul huwelik ineengestort en is dit heeltemal verwoes. Hulle fondament was verkeerd.
Psalm 127:1: “As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs.â€
Is God die fondament vir jou huwelik, jou gesin en jou lewe? Sal julle huwelik (of jou lewe) staande bly as die stortreën val, die vloedwaters afkom en die winde aan jou huwelik ruk? Kies om God die fondament in jou lewe te maak! Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek U kan vra om die fondament van my huwelik (of my lewe) te bou. Lei my daagliks om nie besluite uit my eie krag te neem nie, maar telkens te vra vir u leiding deur u Heilige Gees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
* Oorspronklike storie aangepas uit Mattheus 7:24-27.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
o        Saterdag 16 Oktober 2010 in Somerset-Oos. Kontakpersoon: Tersia Botha by
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus