Vers n dag - 8 September
HUIDIGE REEKS: FAMILIE, HUWELIK, OUERSKAP
DAG 3: OUERSKAP . . . GOD SE PLAN VIR DIE WÊRELD
Deur Benescke Janse van Rensburg
In die tempel in Silo kniel ’n vrou op dieselfde plek waar sy twee jaar tevore gekniel het. Dié keer is daar weer trane in haar oë, maar om ’n ander rede. Twee jaar tevore het Hanna haar hart voor God uitgestort omdat sy desperaat was vir ’n baba. Dié keer het sy gekom om vir God dankie te sê dat Hy haar gebed beantwoord het. Sy het ook gekom om haar belofte te hou deur vir Samuel na die tempel te bring waar hy onder die toesig van die priester Eli sou grootword. . .
Iewers in die landstreek Moria hurk ’n man langs die altaar terwyl sy hart vinnig klop en ’n sweetpêrel vinnig by sy slaap afrol. Op die altaar lê sy seun vasgebind – die seun waarvoor hy dekades lank gewag het. Toe Abraham ’n honderd jaar oud was, is Isak eindelik gebore. ’n Paar jaar later het God se opdrag hom egter onkant getref: “Abraham, gaan offer jou seun.†Abraham was dadelik gehoorsaam. Hy het geweet dat Hy op God kon vertrou. Oomblikke tevore het hy die mes hoog in die lug gesteek, gereed om Isak te offer, voordat God hom gekeer het en aan hom ’n skaapram gegee om in Isak se plek te offer. Abraham het die toets geslaag . . .
Ek wonder: Sal jy jou baba op twee jaar aan iemand anders gee om hom groot te maak? Sal jy jou tiener kan offer? Hanna en Abraham het egter albei die belangrike les van ouerskap geken. Hulle het verstaan dat die kinders nie aan hulle behoort nie, maar aan God. Ook dat God hulle bloot as “rentmeesters†gekies het om sy kinders volgens sy weë groot te maak.
Psalm 127: 3: “Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur Hom gegee.â€
Ek wonder: Besef jy dat jou kinders aan God behoort? Behandel jy hulle só? Sal jy bereid wees om hulle aan God terug te gee as Hy dit van jou vra?
DRIE RIGLYNE AAN OUERS . . . UIT GOD SE WOORD
1) Leer jou kinders van kleins af van God
In Deuteronomium 4 en 6 en ook in Psalm 78 en Spreuke 22:6 lees ons herhaaldelik dat God aan ons die opdrag gee om ons kinders van Hom te leer. Hoe doen mens dit? Begin om jou eie en ander se ervarings met jou kinders te deel. Byvoorbeeld: Wanneer jy vir iets gebid het en ’n antwoord daarop ontvang het, deel dit met jou kinders. Ook wanneer God finansieel vir julle voorsien of wanneer jy ’n deurbraak wat jy in die werk beleef het. Só word hulle geloof van kleins af opgebou en versterk.
2) Dissiplineer jou kind in liefde
In Spreuke 13:24 lees ons: “Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is.†God self dissiplineer ons ook vandag omdat Hy ons liefhet (Hebreërs 12:5-6). Onthou egter om dit altyd in liefde te doen – dit is wat God doen!
3) Motiveer en hou op kritiseer
In Kolossense 3:21 lees ons: “Moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie.†Navorsing het bevind dat kinders baie meer bereik wanneer hulle glo dat hulle ouers in hulle glo as wanneer hulle heeltyd gekritiseer word. Begin ’n slag op die positiewe eerder as die negatiewe dinge in jou kind se lewe te fokus. Jy mag dalk net verbaas staan hoe dit sy of haar optrede begin verander.
Mag jou optrede teenoor jou huweliksmaat en teenoor ander mense só wees dat jou kinders opgewonde uitsien om self ’n gelukkige huwelik en gesonde verhoudings met ander te bou. Ons almal weet tog – kinders kyk veel meer na hoe hul ouers optree as wat hulle na hulle ouers se raad luister! Sterkte.
GEBED VIR OUERS
Vader God, baie dankie dat u Woord aan my riglyne bied om ’n beter “rentmeester†van die kinders te wees wat U aan my toevertrou het. Lei my asseblief daagliks met wysheid om só op te tree dat my kinders self ’n verhouding met U sal begeer. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
GEBED VIR DIEGENE WAT ’N KINDJIE VAN HUL EIE BEGEER:
Vader God, dankie dat ek my hart voor U kan uitstort. Ek besef dat elke kind ’n geskenk uit u hand is en dat ons bloot “rentmeesters†van u kinders op aarde is. Ek vra U vandag om aan my die geleentheid te gee om ’n ouer te word sodat ek een van u kinders vir U kan grootmaak om U te dien. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
- Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by 021-4231328 of 0829234599.
- Saterdag 16 Oktober 2010 in Somerset-Oos. Kontakpersoon: Tersia Botha by
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 042-2432080 of 0828755440.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus