Vers n dag - 7 September
HUIDIGE REEKS: FAMILIE, HUWELIK, OUERSKAP
DAG 2: DIE HUWELIK . . . GOD SE PLAN VIR DIE WÊRELD
Deur Benescke Janse van Rensburg
Dit was ’n perfekte dag in die tuin. Vanuit die rivierbeddings het die goud geskitter terwyl die sonstrale daarop skyn. Aan die bome het die sappige vrugte gehang. En onder die groen vrugtebome het Adam tussen die diere gestaan terwyl hy aan elkeen ’n naam gegee het.
Teen laatmiddag het Adam uitgeput, met ’n effense frons op sy voorkop, teen ’n boomstam gaan sit. Hy het al die diere deurgekyk: Die mak diere, die voëls, die wilde diere. Net een ding het geskort. Hy kon nêrens ’n helper, ’n gelyke vir homself vind nie. God het dit ook raakgesien. In Genesis 2 lees ons God se reaksie hierop: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.â€
God het ’n diep slaap oor Adam laat kom. Hierna het Hy ’n ribbebeen uit Adam geneem, die plek met vleis opgevul en uit die ribbebeen het God ’n vrou geskep. Toe Adam wakker skrik en vir Eva sien, het hy breed geglimlag. Toe sê Adam: “Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek. Daarom sal sy ‘vrou’ genoem word; sy is uit die man geneem.†Hy het sy maat gevind, sy gelyke.
In Genesis 2:24 lees ons verder: “Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.†Wanneer ’n man en vrou dus in ’n huwelik seks het, word hulle een. DÃt was God se plan.
WAT AS EK OP 40 STEEDS NIE ’N LEWENSMAAT GEVIND HET NIE?
DÃt was die vraag waarmee Abraham se seun, Isak geworstel het. Gaan lees gerus weer hoe God Abraham se slaaf na die regte vrou vir Isak gelei het (Genesis 24 en 25). Isak was 40 jaar oud toe hy eindelik sy vrou Rebekka ontmoet het. God ken ons diepste wese. Hy wil ons help om die regte lewensmaat te kies. Gaan jy Hom daarmee vertrou?
WAT AS EK MET ’N ONGELOWIGE GETROUD IS?
In 1 Petrus 3:1-2 lees ons: “As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle, julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om 'n woord te sê nie.†Het jy al ooit gesien dat ’n ongelowige tot bekering kom omdat sy of haar maat heeltyd aan hom of hom karring? Ek het nie. Ek het wel al gesien hoe kragtig lewens verander wanneer huweliksmaats begin bid dat God sal ingryp om hulle ongelowige maats se lewens te verander.
WAT AS EK ’n GESKEIDE PERSOON IS?
In Jesaja 1:18 lees ons dat God ons spierwit was soos sneeu, al was ons ook skarlakenrooi van sonde. En in Jesaja 44:22 lees ons dat God ons sondes uitwis soos miswolke wat voor die son verdwyn. As God dus aan ’n moordenaar en/of ’n prostituut ’n tweede kans op geluk kan gee, wie is ons om te sê dat Hy dit nie ook vir iemand sal doen wie se eerste huwelik nie uitgewerk het nie?
SEWE RIGLYNE VIR DIE HUWELIK . . . (UIT 1 KORINTIËRS 13):
- Die liefde is geduldig: Bly jy te alle tye geduldig met jou huweliksmaat?
- Die liefde is vriendelik: Bly jy vriendelik selfs al het jy rede om jouself behoorlik vir jou maat te vervies?
- Die liefde is nie afgunstig nie: Gun jy jou maat sukses sonder om jaloers te raak op sy of haar prestasies?
- Die liefde soek nie sy eie belang nie: Plaas jy jou maat se behoeftes bó jou eie?
- Die liefde is nie liggeraak nie: Raak jy kwaad vir elke klein dingetjie wat nie volgens jou plan verloop nie?
- Die liefde hou nie boek van die kwaad nie: Vergeet jy vinnig of herinner jy jou maat telkens aan sy of haar foute uit die verlede?
- Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles: Bedek jy jou maat se foute of ontbloot jy dit deur dit met almal om jou te bespreek?
Vader God, baie dankie dat u Woord my en my gesin se optrede daagliks rig. Lei my asseblief met wysheid en krag sodat ek in elke situasie sal kies om u liefde na die mense rondom my uit te straal. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
- Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by 021-4231328 of 0829234599.
- Saterdag 16 Oktober 2010 in Somerset-Oos. Kontakpersoon: Tersia Botha by
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 042-2432080 of 0828755440.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus