Vers n dag - 2 September
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
NUWE REEKS: Maandag begin ek ’n nuwe reeks getiteld Familie, Huwelik, Ouerskap. Gesels saam deur jou vrae en/of getuienisse aan die epos-adresse onderaan te stuur. Dankie!
DAG 44: STEL JY GOD EERSTE . . . DEUR ’n GOEIE RENTMEESTER TE WEES? (DEEL 2)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Agtergrond: Het jy dalk drome in jou hart wat nog nie waar geword het nie? Besef jy dat God daardie drome om ’n spesifieke rede in jou hart geplaas het toe Hy jou geskep het? God hou daarvan om ons eers voor te berei voordat hy ons drome bewaarheid. DÃt is wat een van ons lesers, Riana Bezuidenhout besef het. Hier is haar getuienis:
Riana: “Drie jaar gelede het ek een oggend in ’n koffiewinkel gesit en met God gesels oor my jare lange droom om my eie swemskool te besit. Voor my het ’n bladsy gelê met ’n begroting van wat dit ons sou kos om die swemskool te begin.
“Hoewel ons ’n lieflike, toegeboude en verhitte swemarea by ons huis gehad het, het ’n ander swemskool dit in daardie stadium by ons gehuur. In die koffiewinkel het dit skielik vir my gevoel asof my droom nooit bewaarheid sou word nie. In my magteloosheid het ek begin om op dieselfde bladsy as waarop ek die begroting uitgewerk het, vir God ’n brief te skryf:
Liewe Vader God. Ek het hierdie droom van my neergeskryf, omdat ek weet dat ek dit kan laat werk. Ek wil U asseblief vra dat as hierdie droom van my by u groter prentjie vir my lewe inpas, U dit sal bewaarheid. Ek gee hierdie droom aan U. Ek sal berus en wag dat U my sal lei. Vader, help my asseblief om nie my fokus van U af te haal nie. Liefde, Riana.
“Ek het die bladsy toegevou en dit agterin my dagboek geplak. Oor die volgende paar maande het twee dinge gebeur: Ek het vir drie maande ’n sake-onderneming bestuur en gelei – met groot sukses. Een van die laerskole in ons omgewing het my genader om te begin aflos by die voorskoolse klas. Die laaste keer was ek daar vir drie weke!
“Min het ek besef dat God besig was om my oor die afgelope drie jaar te skaaf, te slyp en te vorm sodat my droom eindelik bewaarheid kon word. By die sake-onderneming het God my voorberei om my eie onderneming te lei en te bestuur en by die voorskoolse klas het God aan my die geleentheid gebied om ’n verhouding met die kinders en ook met hulle ouers te bou.
“In Augustus vanjaar het alles in plek geval sodat ek my swemskool kon begin. Ek en my man het gebid dat God ons sal seën omdat daar wel ’n ander swemskool in die area was. Ons het uitgewerk dat ons minstens tagtig swemmers moes hê om die skuld te delg wat ons moes aangaan om die skool te begin.
“Groot was my verbasing toe ek die dag toe ek my tagtigste inskrywing kry, in dieselfde koffiewinkel gesit het as waar ek drie jaar gelede my brief aan God geskryf het. Ek wou huil en lag van blydskap. Ek kon nie ophou om vir God dankie te sê nie. As Hy fisiek by my was, sou ek Hom die styfste druk nog gegee het!
“Vandag het ons 106 swemmers en soms voel ek lus om soos die kinders te sing: ‘My God is so Groot, so sterk en so magtig. Daar is niks wat my God nie kan doen!’â€
Lukas 16:10: “Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik.â€
Riana is reg. God is in beheer van ons drome. Hy het dit immers in ons hart geplaas toe Hy ons geskep het. Watter drome wat God in jou hart geplaas het, het nog nie gerealiseer nie? Is jy bereid om in die klein dingetjies wat op die oog af onbelangrik lyk, getrou te bly? Onthou, as jy nie is nie, gaan dit dalk heelwat langer neem voordat jou drome bewaarheid word! Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U my geken het voordat ek in my moeder se skoot gevorm is. Dankie dat U die drome met ’n rede in my hart geplaas het. Help my asseblief om getrou te wees in die klein dingetjies terwyl ek geduldig wag vir u perfekte tyd om my drome waar te maak. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
* Sien foto van Riana Bezuidenhout op die STORIES VAN HOOP bladsy op die sosiale netwerk, Fbook.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker by:
- Vroue-oggend, Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by021-4231328 of 0829234599.
- NUWE REEKS: Maandag begin ek ’n nuwe reeks getiteld Familie, Huwelik, Ouerskap. Indien jy enige vrae of getuienisse het, stuur dit aan
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus