Vers n dag - 1 September
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
NUWE REEKS: Maandag begin ek ’n nuwe reeks getiteld Familie, Huwelik, Ouerskap. Indien jy enige vrae of getuienisse het, stuur dit aan
DAG 43: STEL JY GOD EERSTE . . . DEUR ’n GOEIE RENTMEESTER TE WEES?
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Dit was vroegdag toe die sakeman sy drie werknemers bymekaargeroep het. Hy was op die punt om op ’n lang reis te vertrek. Omdat hy nie geweet het wanneer hy sou terugkeer nie, het hy besluit om sy werknemers as bestuurders van sy besittings aan te stel.
Die sakeman het aan elkeen van sy werknemers gegee volgens hulle bekwaamheid. Vir die eerste werknemer het hy sy gewigtige aandeleportefeulje gegee, drie van sy maatskappye en ook sy strandhuis met vyf slaapkamers. Vir die tweede het hy sy restaurant en petrolstasie gegee en vir die derde werknemer sy praghuis met die oumawoonstel in die tuin.
Die werknemer wat die aandeleportefeulje, die drie maatskappye en ook die strandhuis gekry het, het dadelik aan die werk gespring. Hy het nuwe kliënte gewerf, aandele gekoop en verkoop en ’n wins gemaak. Ook het hy die strandhuis in ’n gastehuis omskep wat gou bykans elke aand vol gaste was.
Die tweede werknemer wat die restaurant en petrolstasie gekry het, het ook gou aan die werk gespring. Hy het nuwe bemarkingsveldtogte geloods om kliënte te werf en gesoek na maniere om die ondernemings uit te bou. Gou moes hy nog ’n vlak by die restaurant aanbou om al die kliënte te akkommodeer. By die petrolstasie het hy ’n Quick Shop en ’n Steers oopgemaak. DÃt het die winsgrens van die hoogte laat inskiet.
Die derde werknemer wat na die sakeman se huis met die oumawoonstel moes kyk, was só bang dat dit iets sou oorkom, dat hy dit omhein het en besluit het om die tuindienste en skoonmakers se kontrakte te beëindig. Gou het die gras op die erf verwaarloos en hoog gegroei. In die huis het die stof opgehoop en aan die buitekant van die huis het die krake plek-plek op die mure van die eens praghuis uitgeslaan. Kort voor lank het die praghuis in ’n verwaarloosde eiendom verander.
Op ’n dag het die sakeman uit die bloute teruggekeer en die drie werknemers moes verslag doen oor wat hulle met sy besittings gedoen het terwyl hy weg was.
Die werknemer in beheer van die sakeman se aandeleportefeulje, sy maatskappye en ook die strandhuis, het vorentoe getree, die lêer oopgeslaan en met trots gewys dat hy die wins verdubbel het. Met ’n glimlag het die sakeman hom ’n handdruk gegee: “Mooi so! Jy is ’n goeie en getroue werknemer. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!â€
Ook die tweede werknemer wat die restaurant en petrolstasie gekry het, het sy lêer oopgeslaan en gewys dat die wins van hierdie twee ondernemings ook verdubbel het. Weer het die eienaar glimlaggend vorentoe getree: “Mooi so! Jy is ’n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!â€
Toe die besigheidsman egter by sy erf opdaag en sien in watter toestand sy eens praghuis nou was, het hy wit van woede geword. “Meneer,†het die derde werknemer pleitend begin. “Ek ken u en weet dat u 'n harde man is. Omdat ek bang was, het ek die huis omhein sodat niemand daar kon inkom nie.â€
Die sakeman het egter gebulder: “Jy is ’n slegte en ’n lui werknemer! Hoekom het jy nie ten minste net my huis in stand gehou nie? Jy kon huurders gekry het en die huurgeld kon die huis onderhou het! Gaan weg voor my.â€Â In sy woede het die sakeman die huis van die derde werknemer weggeneem en dit aan die eerste werknemer gegee om daarna om te sien.
Mattheus 25:26: “Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.â€
Is jy vandag ’n goeie rentmeester van dÃt wat God aan jou toevertrou het? Onthou, wanneer Hy jou seën met besittings of talente, is dit meestal sodat jy dit kan gebruik en uitbou sodat hy jou weer as ’n instrument vir Hom kan gebruik deur na die mense rondom jou uit te reik. Gaan jy vandag jou bes doen met wat Hy in jou hand geplaas het? Sterkte.
Vader God, baie dankie vir elke talent en besitting wat U aan my toevertrou het. Help my asseblief om ’n goeie rentmeester te wees sodat U op my kan trots wees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** NUWE REEKS: Maandag begin ek ’n nuwe reeks getiteld Familie, Huwelik, Ouerskap. Indien jy enige vrae het, stuur dit aan
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker by:
- Vroue-oggend, Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by 021-4231328 of 0829234599.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus