Vers n dag - 31 Augustus
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAG 42: STEL JY GOD EERSTE . . . WANNEER JY GENESING BENODIG? (DEEL 6)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
[Agtergrond: Baie dankie vir al die terugvoer gedurende die “Stel jy God eerste . . . wanneer jy genesing benodigâ€-minireeks. Ek sluit vandag die reeks af met uittreksels uit drie lesers se getuienisse.]
VRAAG: Twyfel jy soms of God vandag nog siek mense en diere genees?
LESER 1: Natasha: “My man, Wikus (35) sukkel reeds vandat hy 16 jaar oud was met geweldige hoofpyne. Ons huisdokter het vir hom sterk pynpille voorgeskryf wat help om die pyn te verlig.
In Mei vanjaar het hy weer verskriklike hoofpyne gekry. Sy pynpille was egter op en omdat ons motor weke tevore in ’n ongeluk was, het hy nie vervoer gehad om by die dokter uit te kom nie. Die pyn het al hoe erger geword. In sy nood het hy daardie nag die eerste keer daaraan gedink om God te vra om sy hoofpyne weg te neem. Hier is Wikus se beskrywing: ‘Nadat ek gebid het, het dit gevoel asof die pyn uit my kop gesuig word!’ Nie net het die pyn dadelik verdwyn nie, maar Wikus het nog nooit weer hoofpyne gekry nie!â€
LESER 2: Dirk du Plooy: “Op 5 Augusts verlede jaar het ek ’n noodoperasie vir ’n hartvatomleiding gehad. Die operasie het goed afgeloop en ná vyf dae was ek gereed om huis toe te gaan. Toe tref ’n hospitaalkiem my. Binne ure was ek in ’n koma. Ek is na die hoësorgeenheid oorgeplaas en vir die volgende vier weke was ek aan masjiene gekoppel. My toestand het aanhou verswak. Omdat die dokters my geen kans gegee het om te oorleef nie, is my twee seuns van Australië af laat kom om my te kom groet.
Op 5 September, 04:00 die oggend het ek magteloos na die plafon gelê en staar. Meteens het die mooiste, onbeskryflikste, helder blou-wit lig teen die plafon voor my verskyn. Ek kon duidelik ’n stem hoor vra: ‘Dirk, wil jy nog ’n kans hê?’ My antwoord was dadelik: ‘Ja, Here. Asseblief!’ Van daardie oomblik af het my toestand skielik verbeter. In só ’n mate dat ek drie dae later met behulp van die fisioterapeut langs my bed kon staan. Ek is twee weke later ontslaan om huis toe te gaan!â€
LESER 3: Alfredene: “Ons hondjie Spikkels het op Moedersdag aan sewe kleintjies geboorte geskenk. Ons het net twee van die sewe gehou en die res vir ons familie weggegee. Twee weke gelede het een van die twee hondjies wat ons gehou het, baie siek geword. Hy wou niks eet nie en sy magie het begin bloed spoel.
Toe ons die aand ná werk by die huis kom, was hy duidelik op sy laaste. Ek het by hom gaan sit en deur my trane gebid dat God hom van sy verskriklike pyn sal verlos. ’n Rukkie later het die hondjie gesterf. In my hart het ek geweet dat dit God se manier was om hom van sy pyn te bevry.
Verlede Saterdag het die ander hondjie egter ook skielik siek geword. Maandagoggend was daar plek-plek bloedpoeletjies. My hart was in twee geskeer. Sou ons hom ook verloor?
Toe ek die aand by die huis kom, het die hondjie egter net soos die vorige hondjie gelyk of hy enige oomblik gaan sterf. Langs die hondjie het ek myself herinner dat ons ’n lewende God dien. Net daar het ek gebid dat God die hondjie sal genees. Ek het die kos en water by hom neergesit en opgestaan met die vertroue dat ons God die hondjie sal genees. Dinsdagoggend toe ons opstaan, was die hondjie perdfris en gesond! Hoewel daar geen veeartse of medikasie naby was toe ek daardie nag vir die hondjie gebid het nie, weet ek noudat die Heilige Gees wel daar was!â€
Markus 11:23-25: “Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.â€
Natuurlik is daar ’n plek vir medisyne, sielkundiges, dokters en veeartse. Tog wil ek jou aanmoedig om sterker te leun op die Een wat ons genees, as op ’n instrument wat Hy gebruik om die genesing te bewerkstellig. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U my fisiek en emosioneel kan en wil genees. Help my om voortaan my oë op U te hou eerder as om bloot op mense staat te maak vir my genesing. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker by:
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
- Vroue-oggend, Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by021-4231328 of 0829234599.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus