Vers n dag - 27 Augustus
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAG 40: STEL JY GOD EERSTE . . . WANNEER JY GENESING BENODIG? (DEEL 4)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
“Is daar iets spesifiek waarvoor ek vir jou kan bid?†DÃt was die vraag van die Suid-Koreaanse vroutjie wat voor die 62-jarige Izak Hoffman in die gemeente op Potchefstroom gestaan het. Izak se seun, Anton het hom saamgenooi omdat die besoekende sendingspan ná die erediens vir siek mense sou bid. Met ’n hart wat vinnig klop, het Izak besluit om niks van sy kolonkanker te noem nie. As God hom wou genees, het Izak vertrou dat God deur sy Heilige Gees aan hierdie vrou sou openbaar waarvoor sy moes bid.
’n Paar weke voor hierdie aand in Potchefstroom het Izak die dokter besoek. Omdat die dokter bekommerd was oor Izak se toestand, het hy hom vir verdere toetse gestuur. Die aand voordat Izak die uitslae vir die toetse sou ontvang, het hy met ’n swaar hart op sy bed gesit en gebid: “Vader God, ongeag of U my genees en of ek sterf, laat u Naam asseblief in die proses verheerlik word.â€
Hoewel Izak dit nooit voorheen gedoen het nie en geweet het dat die nie die manier is waarop ons die Bybel moet lees nie, het hy daardie aand vir God gevra om asseblief met hom te praat waar hy ook al die Bybel oopmaak. Izak het die Bybel by 2 Konings 18 oopgeslaan. Daar het hy die storie van koning Hiskia begin lees. Koning Hiskia het self ook siek geword. Waar hy op sy sterfbed gelê het, het hy na God uitgeroep en gesmeek dat God aan hom nog vyftien lewensjare sou gee. God het Hiskia se gebed verhoor en die profeet Jesaja met ’n vyekoek na Hiskia gestuur. Nadat die vyekoek op Hiskia se sweer gesit is, het hy gesond geword.
Die volgende dag het Izak in die dokterspreekkamer die nuus gekry dat hy met kolonkanker gediagnoseer is en dadelik geopereer moet word. Hoewel almal rondom hom baie hartseer was, het hy positief gebly. In sy agterkop het hy immers God se boodskap van Hiskia gehad.
Daardie aand in Potchefstroom toe die Suid-Koreaanse vroutjie vir Izak begin bid, het hy van skok na sy asem gesnak. Nie net het sy onder leiding van die Heilige Gees die foto van Izak se biopsie met die kanker beskryf asof sy dit self gesien het nie; sy het voortgegaan en gesê dat sy ’n hand sien wat oor die siek area beweeg en dit heeltemal genees. Dié beeld was presies hoe die dokter vir Izak-hulle beskryf het dat die operasie gedoen moes word om die kolonkanker te verwyder. Vir Izak was haar gebed ’n teken dat God die operasie as sy “vyekoek†sou gebruik sodat hy genees sal word.
Toe Izak, sy vrou en hulle seun, Anton daardie aand na die diens in Potchefstroom by die huis kom, het Anton die Bybel nader getrek. Sonder dat Izak enigsins iets van sy belewenis van koning Hiskia met sy vrou of seun gedeel het, het Anton die storie van koning Hiskia begin voorlees. In trane het Izak vir sy vrou en Anton vertel dat hierdie net ’n bevestiging is van wat God aan hom geopenbaar het.
Izak is die volgende week geopereer. Alles het goed afgeloop. Só goed dat die dokters die chemoterapie wat ná die operasie moes volg, gekanselleer het. Toe die dokter Izak ná drie maande weer ondersoek, het die dokters verstom gestaan toe hulle geen kankersel in Izak se liggaam kon kry nie. God het ingegryp en net soos vir Hiskia, het God ook vir Izak volkome genees.
Efesiërs 3:20-21: “Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe . . . tot in alle ewigheid. Amen.â€
Mattheus 17:20: “As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.â€
God se Woord is lewend en kragtig. Dit is ’n riglyn vir ons lewens. Net soos God vir Izak uit sy Woord geantwoord het, kan en wil Hy jou ook lei in elke moeilike situasie wat oor jou pad kom. Stel Hom eerste. Plaas jou geloof en vertroue in Hom. Gaan sit met sy Woord by sy voete en vra die Heilige Gees om jou te lei wanneer jy die Woord oopmaak. Ek kan jou waarborg, God kan en wil jou verras met ’n antwoord ver bó dit wat jy verwag het. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U in staat is om ver meer te doen as wat ek kan bid of dink. Help my asseblief om nie ’n oomblik te twyfel nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
* Kyk foto van Izak Hoffman op die STORIES VAN HOOP-groep op die sosiale netwerk, Fbook.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker by:
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
- Vroue-oggend, Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by021-4231328 of 0829234599.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus