Vers n dag - 26 Augustus
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAG 39: STEL JY GOD EERSTE . . . WANNEER JY GENESING BENODIG? (DEEL 3)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Het jy al ooit gewonder waarom sommige mense blind of doof gebore word? Ook, waarom Lasarus eers moes sterf voordat Jesus hom genees het? Kom ons kyk:
Die blinde man (Johannes 9): Toe Jesus en sy dissipels op ’n dag verby ’n man stap wat blind gebore is, het sy dissipels hom gevra: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s’n?†Jesus het hulle egter geantwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie. Die man is blind gebore sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.â€
Hierna het Jesus op die grond gespoeg en met sy spoeg ’n bietjie klei gemaak wat hy aan die blinde man se oë gesmeer het. Jesus het toe die man aangesê om hom in die Siloambad te gaan was. Nadat die blinde man hom gewas het, kon hy skielik sien. God se Naam is deur hierdie wonderwerk verheerlik elke keer as iemand die blinde man gesien het wat nou kon sien!
Lasarus (Johannes 11): Al was Jesus en sy dissipels minder as ’n dag se stap van Betanië waar sy vriend Lasarus op sterwe gelê het, het hulle twee dae gewag voordat hy na Betanië vertrek het.
Teen die tyd dat hulle in Betanië aangekom het, was Lasarus reeds dood. Lasarus se susters, Marta en Maria, het Jesus met trane tegemoet gehardloop. In albei se oë kon Jesus die vraag lees: “Hoekom het U so lank geneem om te kom?†Hulle het geweet dat as Jesus vroeër daar was, Lasarus heel moontlik nie sou sterf nie. Jesus het dit ook geweet, maar Hy het die rede agter sy besluit geken.
Luister weer na Jesus se woorde aan sy dissipels toe hulle die nuus van Lasarus se siekte die eerste keer dae vantevore ontvang het: “Hierdie siekte sal nie op die dood uitloop nie, maar op die openbaring van die wonderbaarlike mag van God sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.â€
Saam met Marta, Maria en die roubeklaers het Jesus met sy eie trane langs Lasarus se graf gestaan. Hier het Hy opgekyk om te bid: “Vader, Ek weet dat U My altyd verhoor, maar Ek sê dit ter wille van die mense wat hier rondom staan, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.â€
Met ’n harde stem het Jesus na sy vriend geroep om uit die graf te kom. Tot al die omstanders se verbasing het Lasarus, met sy hande en voete steeds in grafdoeke, lewendig uit die graf gestap. Baie van roubeklaers wat daardie dag gesien het wat Jesus gedoen het, het tot geloof in Hom gekom. God se Naam is deur hierdie wonderwerk verheerlik.
Romeine 8:38-39: “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.â€
Jesaja 55:8-9: “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.
Soms is daar nie ’n duidelike rede waarom jy of jou kind blind, doof of gestremd gebore word nie. Ook nie hoekom jy of ’n geliefde van jou met ’n aaklige siekte gediagnoseer word nie. Nog minder waarom jy emosionele pyn ervaar wat nie wil weggaan nie. Een ding weet ek egter verseker: God sien die groter prentjie en niks of niemand kan ons ooit van sy liefde skei nie! Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek elke moeilike situasie in my lewe na U toe kan bring. Help my asseblief om positief te bly en my oë op U te hou wanneer my uitdagings skielik soos ’n berg voor my kom lê. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
- Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
- Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by021-4231328 of 0829234599.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus