Vers n dag - 25 Augustus
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAGÂ 38: STEL JY GOD EERSTE . . . WANNEER JY GENESING BENODIG? (DEEL 2)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Tussen die skare mense skuif die effense bleek vrou vorentoe. Voetjie vir voetjie. ’n Opgewondenheid bruis deur haar are. Sy het gisteraand min geslaap. Vanoggend was sy reeds vroegdag op die kaai om hierdie rabbi en sy dissipels in te wag. Sou vandag die dag wees waarvoor sy al twaalf jaar lank wag?
Die stormloop van mense toe die rabbi se skuit uit die water getrek word, het haar egter onkant betrap. Mense het van oral gekom om na Hom te luister. Nou was die bleek vrou saam met ’n klomp ander mense in die skare vasgevang wat om hierdie rabbi saamdrom. Hy was op pad na Jaïrus se huis om na dié se siek dogtertjie te gaan omsien.
Weer skuif die bleek vrou vorentoe. Twaalf jaar lank het sy al haar besittings aan dokters betaal in die hoop dat hulle haar van haar bloedvloeiing sou kon genees – sonder sukses. Al wat sy oorgehad het, was haar geloof en vertroue dat sy slegs aan hierdie rabbi se kleed hoef te raak om genesing te ontvang. Die vraag: Sou sy ooit naby genoeg aan Hom kan kom om dit te doen?
’n Harde stamp van agter uit die skare mense laat die bleek vrou op haar knieë neersak. Moedeloos kyk sy na die enkels van die mense rondom haar wat almal teen mekaar druk in die hoop om nader aan Jesus te kom. Dan tref dit haar: Die soom van Jesus se kleed is skaars ’n meter of twee van haar af!
Met haar laaste krag druk sy deur die omstanders in die rigting van die kleed. Sy moet net daaraan raak. . .
Wanneer haar hand om die soom vou, is dit asof die wêreld ’n oomblik lank gaan stilstaan. Sy is veilig in haar Meester se hande. Dit is hier waar sy genesing vind.
Skielik is daar weer ’n stamp uit die skare wat haar dwing om die kleed te los. Terwyl sy vir die eerste keer in jare sonder pyn regop kom, sien sy hoe Jesus na die dissipel langs hom draai: “Wie het My aangeraak?†Die dissipel frons: “Maar Rabbi, die mense rondom U druk van alle kante af teen U?†Jesus skud egter sy kop: “Nee, Petrus. Iemand het My aangeraak, want Ek het agtergekom dat daar krag van My uitgegaan het.â€
Met ’n hart wat skielik vinnig klop, trane wat vlak lê en haar handpalms wat sopnat uitslaan van vrees, tree sy stadig vorentoe: “Ek is jammer, Rabbi. Dit was ek. Ek het aan U geraak omdat ek U genesing wou hê. . .â€
1 Petrus 5:7: “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.â€
Ek wonder: Vertrou jy al twaalf jaar lank dat God vir jou ’n baba van jou eie sal gee? Gaan jy tans deur ’n finansiële krisis wat jou laat wonder of jy teen die einde van die maand jou rekeninge sal kan betaal? Is jy onlangs gediagnoseer met ’n siektetoestand wat daagliks vir jou pyn veroorsaak? Of pyn jou hart uit frustrasie oor ’n situasie in jou huisgesin of werkplek?
Wat gaan jou reaksie wees? Gaan jy soos die bleek vroutjie ’n pad deur die skare vind om in geloof aan Jesus se kleed te raak? Gaan jy al jou bekommernisse op Hom werp? Luister weer na Jesus se reaksie toe Hy glimlaggend kyk na die vrou wat volkome genees voor Hom staan: “Dogter, jou geloof het jou gered!†Mag Hy vandag dieselfde vir jou sê. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek vandag elke las en bekommernis in my lewe aan U kan oorgee. Help my asseblief om nie geloof en hoop te verloor nie, maar om dit juis in U te vind. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus