Vers n dag - 24 Augustus
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAGÂ 37: STEL JY GOD EERSTE . . . WANNEER JY GENESING BENODIG? (DEEL 1)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Benodig jy vandag fisieke en/of emosionele genesing? Het jy begin hoop verloor dat God jou gebede hoor? Kom ’n oomblik saam met my terug in tyd sodat jy opnuut kan besef waar jy hierdie genesing sal vind . . .
Die sweepslae weergalm deur die voorhof van Pilatus se woning. Een, twee, drie. . . Jy loer om die hoek. Dan snak jy na jou asem. “Maar dit is. . .†Met die bloed en kneusplekke aan sy lyf is dit vir ’n oomblik moeilik om jou Meester te herken.
Tien, elf, twaalf . . . Dié keer weergalm die sweepslae deur jou hart. Jy wil uitskree na die Romeinse soldate. Besef hulle dan nie wie hierdie man is wat hulle slaan nie? Twintig, een en twintig, twee en twintig. . .
Die Romeinse soldaat rus ’n oomblik. Nog sewentien houe lê voor. Geskok kyk jy na die skerp voorwerpe wat aan die soldaat se sweep hang. Dit is hierdie voorwerpe wat die vlees uit enige persoon wat met die sweep geslaan word, se rug losskeur. Geen wonder menige van die oortreders wat in die verlede gegesel is, het op die plek gesterf.
Waar Jesus nou op sy knieë neersak, kan jy aan sy styfgespande kake sien dat hy hard op sy tande byt op die pyn te beheer. Jy wil nader hardloop om Hom te gaan help, maar jy is bang. Jesus kyk op en julle oë ontmoet ’n oomblik. Trane van magteloosheid stroom nou oor jou wange. Dan, deur jou trane, sien jy hoe ’n glimlag op Jesus se gesig deurbreek terwyl hy met sy kop in jou rigting knik om jou te kalmeer.
Op daardie oomblik in die voorhof van Pilatus se woning het Jesus die groter prentjie gesien. Hy het geweet dat Hy die wêreld se pyn, spot en vernedering op Hom moes dra sodat ek en jy vandag, 2 000 later, steeds fisieke en emosionele genesing in sy Naam kan ontvang.
Jesaja 53:5: “Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.â€
Psalm 147:3: “Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.â€
Het jy vandag genesing nodig – fisiek of emosioneel? Het jy dalk onlangs ’n geliefde aan die dood afgestaan en jy sukkel om dit te verwerk? Gaan jy tans deur ’n egskeiding wat veroorsaak dat jy jou saans aan die slaap huil? Is jy onlangs met ’n siekte gediagnoseer wat jou gemoed demp en dit moeilik maak om met ’n glimlag in die oggende op te staan?
Dink vir ’n oomblik terug aan die glimlag op Jesus se gesig in die voorhof van Pilatus se woning. Dink ook aan Jesus se glimlag toe Hy drie dae ná sy kruisdood aan die dissipels verskyn het. Hy het die wêreld se pyn, sonde en vernedering op Hom gedra sodat jy vandag genesing kan ontvang. Gaan jy jou genesing in Hom vind? Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U, u Seun gegee het. Jesus, dankie dat U bereid was om u lewe vir my neer te lê sodat ek vandag my genesing in U kan vind. Vader, ek lê (spesifieke seer in jou lewe) voor U neer en bid dat U my asseblief sal genees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker by:
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
- Vroue-oggend, Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by021-4231328 of 0829234599.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus