Vers n dag - 23 Augustus
TEMA VIR HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAG 36: STEL JY GOD EERSTE ... MET JOU TALENTE EN DROME? (DEEL 1)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Ek hoor onlangs die storie van die twee professors, Gary Hamel en CK Prahalad wat ’n eksperiment met vier ape in ’n hok gedoen het. ’n Paal is in die middel van die hok geplaas met ’n tros piesangs wat bo vanuit die dak langs die paal afhang.
Die vier ape was skaars in die hok, toe die eerste aap die piesangs gewaar. Met ’n vaart het hy teen die paal begin opklouter. Net toe hy sy hand na die piesangs uitsteek, het ’n emmer koue water egter op hom beland. Van skok het die aap skreeuend grond toe gespring. Die tweede aap het probeer. Ook die derde en vierde. Elke keer het die ape skreeuend grond toe gekom as die water op hulle neerreën. Nadat al vier ape probeer het, het hulle moedeloos in die hoek van die kamer gaan sit terwyl die sappige piesangs steeds uit die dak gehang het.
Die professors besluit toe om een van die vier ape met ’n nuwe aap te vervang. Dié was skaars in die hok toe hy die piesangs raaksien en teen die paal begin uitklim. Toe die ander drie ape sien wat die nuweling beoog, het hulle gelyktydig nader gedraf om hom van die paal af te trek om hom sodoende van die gevaar te spaar. Na ’n paar keer, het die nuweling, hoewel hy steeds nie verstaan het wat aangaan nie, nie weer teen die paal probeer uitklim nie.
Een vir een is die oorspronklike vier ape in die hok met nuwes vervang. Elke keer wanneer ’n nuwe aap die piesangs uit die dak sien hang het, het dié teen die paal begin uitklouter. En elke keer wat die ander ape in die hok gesien het wat die nuweling doen, het hulle hom van die paal afgetrek. Kort voor lank was die hok met vier ape gevul wat nog nooit teen die paal uitgeklim het nie, maar dit ook nie uit vrees gewaag het nie – selfs nie toe die emmer koue water uit die hok verwyder is nie.
- Psalm 139:16: “U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.â€
- Filippense 3:13-14: “… een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.â€
Soms beperk ons eie of ander se vrese of slegte ervarings uit die verlede ons om voluit te leef en daarna te streef om die drome in ons hart ’n werklikheid te maak.
Wat is jou droom vandag? Om jou eie besigheid te besit? Om ’n suksesvolle aktrise, sanger of sportman te wees? Of dalk om op 45 jarige ouderdom reeds af te tree? Wat hou jou terug? Jou eie vrese? Mislukkings uit die verlede? Ander se waarskuwings omdat hulle dalk self nooit sukses gesmaak het nie?
Gaan jy soos Paulus jou vrese en mislukkings agterlaat terwyl jy God se drome vir jou lewe eerste stel? Hy het jou immers geken voordat jy gebore is. Onthou, die sappige piesangs hang uit die dak. Dit is jou keuse of jy dit gaan waag om dit te gaan pluk. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek weet dat U vir my planne van voorspoed en nie teëspoed het nie. Help my asseblief om uit my verlede te leer sodat dit my nie verder terughou om alles te bereik wat U op my lewenspad geplaas het nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
- Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
- Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by021-4231328 of 0829234599.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus