Vers n dag - 20 Augustus
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAGÂ 35: STEL JY GOD EERSTE . . . IN JOU DONKERSTE UUR?
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Agtergrond: In Maart 2004 is Niek du Toit saam met ’n groep ander huursoldate in Ekwatoriaal-Guinee in hegtenis geneem. Hulle het ’n staatsgreep beplan om president Teodoro Obiang Nguema uit die kussings te lig, maar dit het misluk. Omdat Niek een van die leiers van die projek was, het hy op die punt gestaan om die doodstraf te ontvang.
Niek, een van ons Vers-’n-Dag-lesers wat tans in Yemen werk, vertel:
Niek: “Voor my bekering het ek ’n lewe vol losbandigheid en drank gelei. Hoewel ek goed geld gemaak het, moes ek twee keer van voor af begin nadat ek bankrot gespeel het. Min het ek besef dat dit heel moontlik God was wat met my gepraat het. Ek wou net nie luister nie.
“In Maart 2004 het die staatsgreep in Ekwatoriale Guinea misluk. Ons is in hegtenis geneem en in die tronk gegooi. Hiér het ons die nuus gekry dat ek en nog ’n leier van die huursoldate die doodstraf kon verwag.
“In die klein, stikdonker en stink tronksel was my hande só styf agter my rug geboei dat die boeie my tot op die been gesny het. Hulle het my voete met handboeie vasgemaak. Omdat die boeie te klein vir my enkels was, het hulle dit met ’n hamer geslaan totdat dit sluit. Die wonde het septies geword en die sepsis het mettertyd die boeie laat vasroes.
“In ’n bondeltjie op die grond van die sel, het dit vir my gevoel asof ek ’n dier op pad slagpale toe was. Hoewel ek my lewe lank ’n ‘Christen’ was, was ek nooit meelewend nie. Ek was louwarm. Die dood het voor my gelê en ek het skielik nie geweet wat ná die dood vir my sou wag nie. Vrees wou my oorweldig. Op die koue tronksel se vloer het ek vir die eerste keer in jare ernstig tot God begin bid . . .
“God het my gebede daardie nag gehoor. Die volgende oggend het ons gehoor dat ons die doodstraf vrygespring het. Ons is egter tot 34 jaar tronkstraf gevonnis.
“Dáár, in die donker sel, waar ek nooit uitgelaat is om ’n bietjie son te kry nie, het ek dag na dag met God gepraat en God het met my teruggepraat. Ek het geleer dat gebed ’n gesprek met ons Vader is en nie bloot rympies opsê nie. Hy was goed vir my. Hy het vir my gesorg. Oral. Elke dag.
“Ek het sewe of agt keer malaria gehad, sonder dat ek enige werklike behandeling ontvang het. Die laaste keer het die wagte my op die vloer opgetel en gedink ek is dood. Serebrale
malaria. God het my egter beskerm en ek het ten volle herstel.
“In die tronksel het ek my lewe aan God oorgegee en Hom dag na dag om ’n tweede kans gesmeek. Vier en dertig jaar is ’n lang tyd. Ná vyf jaar en nege maande het God my gebede beantwoord. Die president van Ekwatoriaal-Guinee het ons skielik kwytgeskeld en ons is op 4 November 2009 vrygelaat.
“In die donker sel het my lewe verander. Ek het dáár werklik ervaar wat God se hulp en Vaderskap beteken. Hy het my daar in my donkerste uur geleer om sy kind te wees en dÃt sal ek vir niks verruil nie.â€
Jeremia 33:3: “Roep My aan, en Ek sal jou antwoord. . .â€
Psalm 23:4: “Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.â€
Voel jy vandag soos Niek alleen en asof die wêreld van jou vergeet het? Onthou, God beloof om ons nooit te verlaat of in die steek te laat nie. Hy antwoord ons as ons na Hom roep. Hy gee aan ons tweede, onverdiende kanse. Dit is wat Niek besef het. Al dra hy vandag steeds die letsels van die boeie uit sy verlede, is hy nie vir ’n oomblik spyt oor Ekwatoriaal-Guinee nie. Dáár het hy immers sy Verlosser ontmoet. Sterkte.
Vader God, baie dankie U nooit van my vergeet nie, al voel dit soms of die wêreld van my vergeet het. Lei my asseblief deur u Heilige Gees dat ek daagliks nader aan U sal kom. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Lees hier meer oor Niek du Toit:
- Wikipedia: http://af.wikipedia.org/wiki/Niek_du_Toit
- Artikel van Rapport: http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Niek-du-Toit-se-vyf-jaar-van-hel-in-tronk-20091121
- Video: http://www.guardian.co.uk/world/2010/jun/13/simon-mann-mercenary-renounces-war
- Verdere fotos: Sien ook foto’s op “Stories van Hoop†se bladsy op die sosiale webwerf, Fbook.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker by:
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
- Vroue-oggend, Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by021-4231328 of 0829234599.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus