Vers n dag - 19 Augustus
TEMA VIR HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAG 34: STEL GOD EERSTE ... IN TYE VAN VERVOLGING? (DEEL 2)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Wonder jy soms of jy die druk van vervolging in jou lewe sal kan deurstaan? Hier is die getuienis van een van die vroeë kerkvaders, die aartsbiskop van Konstantinopel, Johannes Chrysostomos (347-407 n.C.):
’n Gespanne atmosfeer heers in die keiser se paleis. Nóg ’n Christen het die keiser, wat Christenskap in sy ryk verbied, verontagsaam. Dié nuus is aan die keiser oorgedra. Hy sit nou woedend op sy troon en wag dat sy amptenare die oortreding inbring. . .
Dit is egte wanneer die paleisdeure oopgaan en die keiser se amptenare aartsbiskop Johannes Chrysostom tot voor die troon bring, dat een van die bekendste gesprekke in die vroeë Christendom afspeel:
Keiser (sarkasties en met ’n koue, kil stem): Johannes Chrysostom. . . So jy noem jouself ’n Christen?
Johannes (nederig, maar vol selfvertroue): Dit is reg, Keiser.
Keiser: Is jy nie bang nie?! Het jy nie gehoor wat ek aan die ander Christene gedoen het wat voor my troon verskyn het nie?
Johannes: Ek het gehoor hoe u hulle gemartel en vermoor het. Tog is daar net een ding waarvoor ’n Christen hoef bang te wees en dit is sonde.
Keiser: Sonde? Wat is sonde? Ek gee jou een laaste kans. Sweer dat jy nie meer ’n Christen is nie of ek sal jou uit my koninkryk verban!
Johannes: Keiser, met alle respek, u kan my nie uit die ryk verban nie, want die hele wêreld behoort aan my Vader.
Keiser: Wat? Ondermyn jy my gesag?! Ek sal jou laat doodmaak!
Johannes: Keiser, ook dÃt kan u nie doen nie, want my lewe is verborge in Christus. As u my laat doodmaak, sal ek saam met my Koning wees.
Keiser (woedend): Wel, dan gaan ek jou besittings van jou afneem!
Johannes: Ook dÃt kan u nie doen nie, Keiser. My skat is in die hemel en my hart is ook daar.
Keiser: Dan sal ek jou uit die samelewing verdryf. Jy sal geen vriende meer hê nie!
Johannes: Ook dÃt kan u nie doen nie, want ek het ’n Vriend in die hemel van wie u my nie kan skei nie. Ek daag u uit, laat my gaan, want daar is niks wat u aan my kan doen nie.
Magteloos en wit van woede het die keiser sy amptenare beveel om Johannes uit die paleis te gooi.
Hierdie verhaal het egter gou deur die ryk versprei en toe Johannes sterf, het sy navolgers sy van, van Chrysostom na die Griekse woord, chrysostomos verander. Dit beteken “goue mondâ€. Hulle het dÃt gedoen na aanleiding van Johannes se vermoë om te midde van lewensgevaarlike situasies kalm te bly en met bonatuurlike wysheid op te tree. Tog het Johannes keer op keer tydens sy lewe herken dat dit nie hy is nie, maar die Heilige Gees wat hom tydens in daardie moeilike situasies gelei het.
Hierdie beginsel geld vandag nog in ons lewens. Luister weer na Jesus se woorde in Mattheus 10:17-20: “Pas op vir die mense. Hulle sal julle aan die geregshowe uitlewer . . . Ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word ter wille van My. Dit sal julle geleentheid wees om voor hulle en voor die heidennasies van My te getuig. Wanneer hulle julle uitlewer, moet julle, jul nie bekommer oor hoe of wat julle moet sê nie, want op daardie oomblik sal God aan julle gee wat julle moet sê. Dan is dit nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat.â€
Wanneer jy jouself dus weer in ’n gesprek bevind met ’n ongelowige wat jou probeer vasvra of met iemand van jou oor jou geloof spot, volg Johannes Chrysostomos se voorbeeld: Bly kalm. Vind jou krag in God. Tree op in liefde en vertrou dat God jou deur sy Heilige Gees sal lei. Hy het immers belowe dat Hy dit sal doen. Sterkte!
Vader God, baie dankie dat U sterk is wanneer ek swak is. Lei my asseblief deur u Heilige Gees met wyse woorde in elke situasie wat soos ’n berg voor my lê. Help my om soos Johannes Chrysostomos keer op keer in liefde teenoor my vyand op te tree. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Vir meer inligting oor Johannes Chrysostomos (in Engels is sy naam John) se lewe, gaan na http://en.wikipedia.org/wiki/John_Chrysostom
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
- Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
- Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by021-4231328 of 0829234599.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus