Vers n dag - 18 Augustus
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAGÂ 33: STEL JY GOD EERSTE ... AS DIT IETS VAN JOU VERG? (Deel 1)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Ek hoor onlangs die storie van ’n predikant met ’n gemeente van sowat 2,000 lidmate. Hoewel dit op die oog af uiters suksesvol gelyk het, het die predikant van tyd tot tyd oor die egtheid van sommige van sy gemeentelede se geloof getwyfel. Die predikant se vrou bedink toe ’n plan om haar man te help.
Een Sondagoggend, toe die kerk weer stampvol sit en die predikant gereed maak om te preek, swaai die kerkdeure oop. Twee forsgeboude mans met lang swart jasse en swart hoede kom by die deur in.
Stadig het die twee mans dramaties tot in die middel van die kerk gestap voordat hulle hul outomatiese gewere uitgeruk en hardop geskree het: “Almal wat bereid is om vir Jesus geskiet te word, bly sit in julle plekke!â€
Nodeloos om te sê het die meeste van die gemeentelede onmiddellik opgespring en begin uithardloop – die koorlede heel voor en die diakens en ouderlinge kort op hulle hakke. Ná ’n paar minute het net 20 gemeentelede steeds in die kerkbanke gesit. Voor in die kerk het die predikant, wit in die gesig en senuweeagtig, met sy hande aan albei kante van die preekstoel vasgehou.
Skielik het die twee mans met die swart jasse hulle gewere teruggesit en voor langs die predikant se vrou gaan sit. Met ’n glimlag het een aangekondig: “Dis reg so Dominee, al die skynheiliges is uit die kerk. Ons kan nou maar met die diens begin.â€
Al is hierdie ’n fiktiewe storie om jou dag met ’n lag te begin, raak dit twee dieper sake aan. Eerstens: Sal jy standpunt vir God inneem as jy vervolg word vir jou geloof? Tweedens: Is jou geloof in God só sterk dat wanneer ’n uitdaging oor jou pad kom, jy Hom steeds eerste sal stel?
Kom ons maak dit prakties:
Toets 1: In die Suid-Afrikaanse konteks kan ons steeds vrylik kerkdienste bywoon en die meeste huisgesinne in ons land besit een of meer Bybels. Tog, as die regering dit môre verbied, sal jy steeds kerkdienste bywoon? Sal jy steeds jou Bybel lees as jy in die tronk gestop kan word as dit in jou huis gevind word? Dit is wat menigte van ons medegelowiges in ander lande van dag tot dag ervaar.
Matteus 5:10: “Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.â€
Toets 2: Wat is jou reaksie wanneer siekte ’n geliefde tref? Wanneer jou huwelik op die rotse beland? Wanneer jy sukkel om swanger te raak? Wanneer jy reeds maande lank werk soek en steeds nie suksesvol is nie? Of wanneer jou kollegas of ongelowige huweliksmaat jou voortdurend oor jou geloof spot en verneder? Hou jy steeds jou oë op God? Of begin jy soos die gemeentelede van Hom af weghardloop?
Spreuke 17:3: “Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte.â€
Verkeer jy vandag in ’n situasie waar jy vervolging ervaar? Ek moedig jou aan om God eerste te stel. Onthou, die ware toets van ons geloof kom meestal in ongemaklike situasies, maar God beloof om ons daardeur te dra. Maak Hom vandag trots. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek te midde van moeilike tye my oë op U kan hou. Lei my en versterk my asseblief om te midde van uitdagings en vervolging steeds met liefde teenoor my vervolgers op te tree. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker by:
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
- Vroue-oggend, Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by021-4231328 of 0829234599.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus