Vers n dag - 17 Augustus
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAGÂ 32: STEL JY GOD EERSTE ... IN JOU WERKPLEK? (DEEL 6)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
[Agtergrond: Ek sluit vandag hierdie mini-reeks oor God in die werkplek af met die lesse wat ons uit Nehemia se lewe kan leer – en hoe dit ons steeds vandag in die werkplek kan help.]
Kom saam met my terug na die jaar 445 v.C.
’n Oomblik lank kyk die Babiloniese koning se skinker, Nehemia geskok na sy broer, Ganani. Dit is asof dié se nuus van die afgebreekte stadsmuur en verbrande stadspoorte in Jerusalem net nie by Nehemia wil insink nie. “Maar dit kan nie. . .†fluister Nehemia voordat sy broer wat pas uit Juda teruggekeer het, hartseer antwoord: “Ek weet, maar dit is so.†Meteens moet Nehemia hard sluk om die knop in sy keel weg te kry terwyl sy trane vlak lê.
Maar waarom is hierdie nuus so ’n skok vir Nehemia-hulle? Tot voor die inval van Jerusalem in 586 v.C. was die stadsmuur rondom Jerusalem ’n simboliese teken van God se beskerming oor Israel. Met die inval van Jerusalem is die Israeliete na Babilon weggevoer. Hiér het hulle etlike dekades in ballingskap geleef met die belofte dat sou hulle na God terugkeer Hy weer Jerusalem sal herstel tot die stad wat dit eens was. Nou, met die nuus van die verwoeste stadsmure het dit egter vir Nehemia gevoel asof God finaal van hulle vergeet het.
In Nehemia 1 lees ons dat Nehemia gevas en gebid het terwyl hy dae lank oor die nuus getreur het. Uit sy gebed in Nehemia 1 leer ons drie belangrike lesse wat vandag nog in die werkplek geld:
LES 1: Nehemia bely sy eie en die volk se sondes
- Nehemia 1:5-7: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God. . . Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig. Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het.â€
Nehemia het verstaan dat God heilig en almagtig is en dat ons sondes ’n skeiding tussen God en ons bring. Tog het hy ook verstaan dat God genadig en regverdig is en dat daar by Hom tweede kanse is wanneer ons met ’n opregte hart ons sondes voor Hom bely.
Ek wonder: Het jy van God af weggedryf? Bevind jy jouself soos Nehemia in ’n situasie waar dit vir jou voel asof jou onderneming of die onderneming waarvoor jy werk se mure afgebreek is omdat korrupsie of onetiese gedrag seëvier? Gaan jy met vrymoedigheid na God gaan, jou sonde bely en Hom om ’n tweede kans vra?
LES 2: Nehemia het God se beloftes geken en Hom daaraan herinner
- Nehemia 1:8-10: “Dink tog aan die belofte wat U aan u dienaar Moses gemaak het: ‘As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi, maar as julle, julle tot My bekeer en my gebooie gehoorsaam en nakom, sal Ek julle weer bymekaarmaak, al is julle oor die hele aarde versprei. Ek sal julle terugbring na die plek toe wat Ek gekies het om my Naam daar te laat woon.’â€
Nehemia het God se beloftes geken en kon Hom daaraan herinner (Jesaja 43:25-26 en 55:11). Onthou, God bly gister, vandag en tot in alle ewigheid dieselfde. Jy kan dus ook aan sy beloftes vashou wanneer ’n krisis in die werkplek opduik.
LES 3: Nehemia het verstaan dat God aan hom guns kan gee by die koning
- Nehemia 1:11: “Ag, Here, luister tog na die gebed van u dienaar en na die gebed van u dienaars, hulle vir wie dit 'n vreugde is om u Naam te eer. Laat my tog voorspoedig wees met wat ek vandag wil doen. Laat hierdie man my simpatiek gesind wees.â€
Nehemia het verstaan dat God ’n koning se gedagtes soos ’n stroom water kan lei waar Hy dit wil hê (Spreuke 21:1). Net so kan God ook jou werkgewer, jou kollegas en jou potensiële kliënte se gedagtes lei sodat hulle goedgesind teenoor jou sal optree. Bid jy ooit spesifiek vir daardie guns?
Die slotsom van Nehemia se verhaal: Die koning het nie net vir Nehemia toestemming gegee om terug te keer na Jerusalem om die mure te gaan herbou nie. Hy het ook offisiere en ruiters saamgestuur om vir Nehemia te beskerm. En toe vyandige volke dreig om Israel aan te val terwyl Nehemia-hulle die muur herbou, het God vir Nehemia en sy manne beskerm en hulle in ’n rekord-tyd laat klaar bou. Ná net 52 dae was die muur van Jerusalem herbou en die verbond wat God eens met Moses gesluit het, weer herstel.
Het jy vandag nodig om enige ongerymdhede in jou werkplek voor God te bely? Moet jy jouself aan God se beloftes te herinner? En vertrou jy God genoeg dat Hy jou werkgewer, jou kollegas en/of jou potensiële kliënte se gedagtes sal lei waar Hy dit wil hê? Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U in elke saak die laaste sê het. Lei my asseblief vandag met wysheid en raak asseblief my werkgewer, my kollegas en potensiële kliënte se harte aan sodat hulle my sal goedgesind wees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
- Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker by:
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Vroue-oggend, Woensdag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Kontakpersoon: Maryka by 023-3420817 of
- Vroue-oggend, Vrydag, 10 September 2010 by die Twelve Apostles naby Kampsbaai. Kontakpersoon: Hester Swanepoel by021-4231328 of 0829234599.
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan hier ook self as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n e-pos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus